Malema: dis nie ons geveg nie

Die ongelooflikste ding is besig om in Suid-Afrika te gebeur: op die vooraand van die Sokkerwêreldbeker is die land besig om te polariseer soos ons nog nie vantevore – nie eens tydens die gewraakte apartheidtyd – gesien het nie. Vandeesweek is Ernst Roets van Afriforum-jeug gedreig dat hy en sy makkers deur die ANC-jeugliga doodgeskiet sal word soos die IVP-ondersteuners destyds vanuit Shell-huis byna 16 jaar gelede deur ANC-kaders afgemaai is. Negentien IVP-betogers is in daardie voorval dood en niemand is nog ooit daarvoor vervolg nie.

Ná die dreigement het Kallie Kriel Afriforum se lys plaasmoordslagoffers oor die koppe van die polisie by die ingang van Luthuli-huis gegooi, waarna dit terstond opgeskeur en vertrap is. ‘n Asvaal Steve Hofmeyr het verslae toegekyk hoe die stel papiere deur verteenwoordigers van die ANC-jeugliga op die grond vertrap en rondgeskop word.

Ek is bevrees ons Afrikaners is besig om deur die media se anti-Malemaveldtog meegesleur te word. Terwyl die Engelse media (met Naspers agterna) sa, sa! skree, loop ons die gevaar om vir kanonvoer teen die opvlieënde Malema en sy duisende ondersteuners onder jong swartes gebruik te word.

Malema is bloot die simptoom van ‘n probleem, nie die probleem self nie. Hierdie hele bestel is van A tot Z korrup! Onlangs het die vermaarde en deeglike akademikus, Anthea Jeffrey, in haar boek People’s War beskryf hoe die 1994-verkiesing gekook is om die ANC aan bewind te stel. Die beweging se vernaamste swart opponente soos die IVP en ondersteuners van tuislandleiers is voor die voet doodgemaak. De Klerk het ná 2 Februarie 1990 sienderoë toegelaat dat 13 000 gewapende ANC-kaders oor ons grense stroom sodat hulle deur intimidasie en geweld die ANC as enigste swart politieke party kon vestig.

Weens die eenpartystelsel wat sodoende in Suid-Afrika gevestig is, praat Jeffrey van ons “uitgeholde demokrasie”. Ek sou egter verder gaan: Suid-Afrika is ‘n pseudo- of valse demokrasie. Ons is net nog ‘n Afrikadiktatuur soos Zimbabwe of Angola wat af en toe om die Weste te paai aan die ritueel van ‘n verkiesing deelneem, ‘n verkiesing waarvan die uitslag ewe voorspelbaar is as môreoggend se sonsopkoms.

In die lig van sy gewelddadige, magbeluste geskiedenis, is die ANC geen katjie om sonder handskoene aan te pak nie. Diegene wat glo dat ons in ‘n liberale demokrasie soos in Wes-Europa of Noord-Amerika woon, leef in ‘n droomwêreld.

Terwyl ons by PRAAG reeds vyf, ses jaar lank een argument na die ander hieroor stel, wil dit tog voorkom asof die skille een vir een besig is om van mense se oë af te val. Só waarsku prof. Amanda Gouws, ‘n linkse politieke wetenskaplike van Stellenbosch, ook vandeesweek in Die Burger teen volksmoord. In Haatspraak is die lont vir volksmoord tref sy ‘n vergelyking tussen Suid-Afrika en Rwanda waar die Toetsi’s as minderheidsvolk insgelyks uitgemoor is en kom dan tot die gevolgtrekking:

“Hoewel ek geensins sê die ANC-regering beplan volksmoord nie, meen ek dat hoe langer Malema met sy haatpraatjies wegkom, hoe meer mense word daardeur beïnvloed – en dit skep ’n teelaarde vir volksmoord.”

As ons na die Verenigde Nasies se definisie van volksmoord gaan kyk, dan is vele mense in Suid-Afrika reeds aan volksmoord teen blankes en Afrikaners skuldig:

“In die huidige Konvensie, beteken volksmoord enige van die volgende dade wat gepleeg word met die bedoeling om ‘n nasionale, etniese, rasse- of godsdiensgroep, hetsy gedeeltelik, hetsy in sy geheel, as sodanig te vernietig, deur:

(a) lede van die groep dood te maak;

(b) lede van die groep ernstige liggaamlike of geestelike leed aan te doen;

(c) opsetlik lewensomstandighede teen die groep aan te bring wat daarop bereken is om sy fisieke uitwissing, hetsy gedeeltelik, hetsy in die geheel te veroorsaak;

(d) maatreëls te tref wat bedoel is om geboortes binne die groep te voorkom;

(e) kinders van die groep onder dwang na ‘n ander groep te verplaas.”

Ook die hoofstroommedia in hierdie land voer reeds jare lank ‘n sielkundige oorlog teen die Afrikaner en sy leiers met figure soos Max du Preez, Jan-Jan Joubert, Christi van der Westhuizen, Jakes Gerwel, Leopold Scholtz, Janet Smith van The Star en andere wat ons belaster en verguis. ‘n Week of twee gelede het Max du Preez op KykNET blykbaar op die stel met Rian van Heerden weer teen my uitgevaar as “basterbrak” en ‘n “swaap”.

Terwyl Afrikaners verdruk, verengels, verkrag en vermoor word, gaan hierdie sogenaamde “liberale” joernaliste, wat eintlik niks meer as propagandiste is nie, lustig voort om ons van rassisme, volksmoord en allerlei wandade te beskuldig.

Daarom is dit nou ironies dat die histeriese veldtog wat tradisioneel gevoer word teen die Afrikaner of enigeen wat vir ons mense opkom, tans teen Malema ontketen is.

Malema is nog in geen hof aan korrupsie skuldig bevind nie. As “tenderpreneur” verrig hy maar net wat 90% van ANC-politici in hierdie land doen, naamlik om die openbare en private bates wat ons oor geslagte heen opgebou en opgespaar het te plunder. Nog ‘n liberale akademikus, dr. Piet Croucamp van UJ, het onlangs oor RSG gesê dat “dit die manier is waarop die ANC homself befonds en waarop die swart middelklas hul uitspattige lewenstyl finansier”. Die korporatiewe base, banke en aandelemakelaars in Suid-Afrika doen lustig aan die stelsel van geïnstitusionaliseerde korrupsie wat as “swart ekonomiese bemagtiging” bekendstaan, mee. Almal is besig om te skep, die wit HUB’s en direkteure, asook die gekonnekteerde swart politici en hul families. Die slagoffers is die blanke middelklas wat steier onder die belastinglas en ook stelselmatig uit die ekonomie gewerk word.

Waarom dus Julius Malema uitsonder as die man met ‘n drietandvurk en horings? Ek kan aan twee redes dink: ten eerste het hy ‘n skoot oor die boeg van die koloniale mynhuise geskiet met sy nasionaliseringspraatjies en ten tweede waag hy dit om daardie hoogheilige spesie, die joernaliste self, aan te vat.

In vandag se Sondagkoerante verskyn daar verdere histeriese aanvalle op Malema omdat hy en Floyd Shivambu ‘n joernalis van City Press, Dumisane Lubisi, sou “afgepers het”. Shivambu het blykbaar gepoog om persoonlike en finansiële inligting oor Lubisi te publiseer.

In hierdie land is alles blykbaar geoorloof en die media mag maar enigeen wat hulle wil verguis en belaster, foto’s of video’s oor hul sekslewens, finansies en persoonlike sake publiseer, maar wee die dag as een van die joernaliste self onder die vergrootglas kom. Gerugte oor joernaliste wat lustiger as vele popsterre fornikeer of dwelmverslaafdes is, selfs dwelms verkoop, is volop maar ons lees dit nooit in die koerante nie.

Verstaan my mooi: ek is nie besig om Malema te probeer verdedig of te verontskuldig nie; allermins. Maar as die polariseringsproses wat Avusa (uitgewers van die Sunday Times), die Independent-groep en Naspers tans rondom Malema ontketen het tot sy logiese uiteinde gevoer word, gaan u en ek heel moontlik binnekort in die loopgrawe lê. Teenoor ons gaan ‘n horde swart jeugdiges van dieselde tipe wat Jub Jub se hofsaak ontwrig het deur Malema opgevorder word. Heel waarskynlik gaan hulle as lede van die bevrydingsbeweging volle toegang tot die 500 000 outomatiese wapens in weermag- en polisiemagasyne hê terwyl ons mense wat nog nie hul wapens gaan inhandig het nie, sal moet sien kom klaar met handwapens en ‘n wettige 200 rondtes ammunisie wat die meeste van ons nie eens besit nie. Daarvoor moet ons natuurlik vir FW de Klerk in sy versiendheid en toekomsvisie bedank.

PRAAG bepleit reeds geruime tyd dat ons ‘n netwerk van gemeenskapsveiligheidsorganisasies op die been bring, enersyds om misdaad te beveg daar waar die polisie misluk het en andersyds om darem ‘n eerste verdedigingslinie te hê in geval van iets ernstigers soos die Rwanda-tipe volksmoord waarna prof. Amanda Gouws van Stellenbosch verwys.

Op 17 April gaan ons juis vergadering hou in die kerksaal van die NG-kerk Lynnwood in Pretoria om hierdie en ander sake te bespreek en ek hoop verteenwoordigers van alle aktiewe buurtwagte, plaaswagte en gemeenskapsveiligheidsorganisasies sal dit bywoon.

Feit is egter dat die Afrikaner, ná al die verraad, doelbewuste verwarring en ontwapening van die afgelope twee dekades, nie vandag vir ‘n aanslag reg is nie. Reeds tien jaar gelede, in die jaar 2000, het ek ‘n artikel aan Die Burger voorgelê waarin ek die ooreenkomste tussen die De Klerk-skikking van 1994 en die Versailles-vredesverdrag van 1919 uitgespel het. Enige eensydige politieke skikking wat ‘n party in die geding bevoordeel, dra altyd die kiem van konflik in hom saam. Die destydse redakteur van Die Burger, Ebbe Dommisse, hoewel hy ten dele met my saamgestem het, wou dit nie destyds publiseer nie.

Ek is geen profeet nie. Maar ek het in ‘n huis vol boeke, ook geskiedenisboeke, grootgeword en die Here het my met gesonde verstand geseën.

As boorlinge van Afrika het ons te veel kennis en ervaring van Afrikane om hulle soos vele Engelse, veral natuurlik dié in Engeland, as “Westerlinge-in-wording” te sien. Al het Malema ‘n C-simbool vir Engels in matriek ontvang, wat bietjie beter is as sy G vir houtwerk, maak dit nog van hom geen Westerse demokraat wat op grond van negatiewe publisiteit en histeriese rubriekskrywers in die koerante gaan bedank of politieke harakiri gaan pleeg nie.

Waar in Afrika het die media al ooit ‘n politikus gesink? Dit het nie teen Mugabe gewerk nie. Ook nie teen Jacob Zuma nie, wat in weerwil van elke moontlike skandaal in die pers en ‘n horde gillende joernaliste eers leier van die ANC en toe president van die land geword het.

Suid-Afrika se dom joernaliste gaan ook nie vir Julius Malema stuit nie. Hulle mag dalk net voortydig etniese geweldpleging en selfs oorlog in dié land veroorsaak waarvoor ons kwalik voorberei is.

Indien die onvermydelike gebeur, moet ons baie seker wees waarvoor ons bereid is om te veg en te sterf. Onlangs was daar ‘n spotprent hier op die Praagwerf waarin een Amerikaanse soldaat in Afghanistan vir ‘n ander sê: “Ons veg om die reg van mense wat die VSA se vlag wil brand te beskerm.”

Ek is nie bereid om te veg vir die sogenaamde spraakvryheid van joernaliste wat in hul naïwiteit oor die ware aard van ons samelewing en oorbewus van die mag van die pen dit op hulself neem om die land, nogal op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker, te polariseer en blindelings in die rigting van ‘n rasseoorlog te stuur nie.

Wel is ek bereid om te veg en dalk die hoogste offer te bring vir my land, my volk en my taal. Maar daar trek ek die streep. Ongeag sy tenders en aggressiewe uitlatings wat op aanhitsing tot volksmoord mag neerkom, beskik die Afrikaner oor veel groter vyande as Julius Malema. Soos Anton Barnard ook  in Julius Malema – bevryder van die blanke geskryf het, vervul hy ‘n nuttige rol om baie blankes en Afrikaners van hul liberale waanbeelde te bevry. Laat hy liewer sy sê in die openbaar sê as wat hy dit agteraf onder sy volgelinge propageer en ons dalk op ‘n mooi dag met ‘n onaangename werklikheid gekonfronteer word.

Sowel die Vryheidsfront Plus as Afriforum maak ‘n fout om verder op die pad van konfrontasie met Malema en die ANC-jeugliga te stap. Bepaalde klagte teen hom is gelê; laat die gereg sy gang gaan.

Die veldtog teen Malema is nie ons geveg nie en selfs al sou hy sy openbare amp moet ontruim, gaan dit geen verskil aan ons onmiddellike situasie maak nie.

справка у 86Фильчаков прокуратура харьков

‘Malema se lewe in gevaar’

Jackson Mthembu, die ANC se nasionale woordvoerder, het Vrydag gesê die VF+ se “Vervolg Malema”-veldtog stel Julius Malema se lewe in gevaar en kan tot sy “teregstelling” kan lei.

Die regerende party meen regses word deur die Mulders opgesweep om plaasmoorde te wreek deur die jeugligaleier te teiken.

Die ANC gaan die VF+ na die gelykheidshof neem nadat die party sy veldtog van stapel gestuur het.

Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van lanbou en leier van die VF+, het Vrydag aan Die Burger gesê hy is stomgeslaan oor die ANC se reaksie

“Ons wil Malema nie dood hê nie, anders as die lied wat hý sing dat ‘Boere doodgeskiet’ moet word.”

Mthembu hou egter vol dat die VF+ ’n persoonlike wrok teen Malema hou en dat hy “beswadder” en “geïsoleer” word. Die ANC sê die VF+ skep ’n gunstige omgewing vir “waansinnige verregses” om Malema aan te val.

“Ons sal hulle verantwoordelik hou,” het Mthembu gewaarsku. “Hulle verbind hom met plaasmoorde. Dis belaglik. Wie weet watter verregses wag om wraak te neem?”

Mthembu het benadruk dat geen hof die “Kill the Boer”-lied onwettig verklaar nie.

no download noФильчаков прокурор отзывы

Duisende betoog teen oorlog in Washington

Anti-oorlogbetoging in WashingtonDuisende betogers het na Washington opgeruk en daarop aangedring dat die regering Amerikaanse troepe in Irak en Afganistan onttrek.

Die betogers se woede was meestal op Pres. Barack Obama gerig.

Ten minste agt mense is na die afloop van die betoging in hegtenis geneem.

“Arresteer die krimineel!”, het Cindy Sheehan, ‘n aktivis wat deelgeneem het aan die betoging, geskree.

Sy is een van die agt mense wat in hegtenis geneem is.

Sheehan het tydens ‘n saamtrek voor die optog aan die skare gevra of die “wittebrood nou verby is vir die oorlogmisdadiger in die Withuis”.

Haar uitlating het matige applous uitgelok.

Ander betogers was effens meer goedgesind teenoor die president.

“Ons is lief vir jou Obama, maar jy kry bloed op jou hande”, was op een betoger se plakaat geskryf.

Ralph Nader, ook ‘n aktivis, het aan die skare gesê dat Obama in werklikheid ‘n voortsetting van die Bush-administrasie is en dat enige ander siening onnosel is.

Obama se gewildheid is die laagste wat dit nog ooit was sedert hy die Withuis betree het.

online betting gamesлобановский депутат

High Noon vir Malema

Volgens ‘n  berig laat Vrydag het Malema toe nie opgedaag vir die High Noon-uitdaging wat Ben Geldenhuys van die Verkenners aan hom gerig het nie.

Glad nie verbasend nie want die bliksem is grootbek as hy tussen sy comrades is, maar hy sien nie eens kans vir ‘n enkele boertjie by Skanskop nie.

Ben, as ek my nie misgis nie, neem so af en toe hier op Praag deel aan een of ander bespreking. Ek stem nie altyd met hom saam nie, maar ek wil net vir hom se dat dit ‘n mooi en ‘n lekker ding was wat hy hier gedoen het om vir Malema so uit te daag.

Dankie Ben, doen dit weer!

сканерыФильчаков Харьков

Plaasmoorde en die trap op die hart en siel van die Afrikaner

Plaasmoorde, dikwels onbeskryflik wreed, is sedert 1994 ‘n aggressiewe kanker wat deur die land woed. Voor 1994 was die landbougemeenskap ook aan terreur onderhewig, soos selfs babas wat in landmynaanvalle aan flarde geruk is.

Volgens Interpol is die moordkoers onder die land se boere meer as 300 per 100 000 per jaar. Die land se moordkoers is sowat 40 per 100 000 per jaar, die wêreldgemiddeld is 5, en Wes-Europa se moordkoers is 1 per 100 000 per jaar.

Oor minder as drie maande skop die Fifa-Wêreldbeker-eindtoernooi in Suid-Afrika af terwyl die land onlangs die titel van wêreldmoordhoofsetel by sy titel as die wêreld se verkragtingshoofsetel gevoeg het.

En so skrikwekkend soos die huisrooftogte, wat dikwels op verkragting en moord uitloop, “openbare” rooftogte en huisrooftogte is, die koers hiervoor op die land se plase is bykans 10 keer hoër.

Die landbousensusse bring byvoorbeeld ongehoorde groot bedrae verliese as gevolg van vee-, gewasse en weidingdiefstal aan die lig.

In enige konstitusionele demokrasie, waar die regering soos veronderstel word in algemene belang regeer, sou ‘n mens ‘n bykanse histerie vanuit regeringsgeledere oor dié soort syfers verwag.

Die teenoorgestelde gebeur egter. Die regering swyg dawerend in al elf amptelike tale. In teendeel, wanneer die minister van Polisie die uiters ongewone doen en plaasaanvalle wel veroordeel, word die effektiewe repudiëring hiervan deur die kroonprins, Julius Malema, op allerlei maniere deur die regering en ANC gekondoneer.

Die toppunt van minagting sou egter nog kom toe ANC-ampsdraers onder die oë van die SAPD die naamlyste met 1 600 plaasmoordslagoffers opskeur, op die grond voor hul hoofkantoor neergooi en daarop trap. Die doel van die naamlyste was om die erns van die sing van die liedjies soos “Skiet die boere” onder die ANC se aandag te probeer bring.

Met hierdie optrede het die ANC op die hart en siel van die Afrikaner en bitter baie Engelssprekendes getrap. Indien pres. Jacob Zuma dit nie ten sterkste veroordeel nie, onderstreep hy dat hy nie ‘n president se agterent is nie.

Die grondwet, so gebrekkig soos dit mag wees, stel op verskeie maniere die belangrikheid van respek vir mekaar se kulture. In ‘n heterogene land is dit vanselfsprekend.

Met die bou van Vryheidspark het ministers en ander oral in Suider-Afrika gesneuwelde en gestorwe kaders se voorvadergeeste gaan bymekaar maak en met kartonbokse na Vryheidspark gebring en om daar losgelaat te word. Afrikanergroepe het nie hierop gereageer deur simbolies bokse met die name van hierdie afgestorwenes in die strate te gaan vertrap en verbrand nie, al val hierdie tradisie vir die Afrikaners en Christene hoe vreemd op.

Met die ANC se optrede by Luthuliehuis is die wig van polarisasie tot diep in die siel van die nasie ingedryf. Die teerling is as’t ware gewerp, en die streep is in die grond getrek.

Indien daar ooit ‘n tyd was wat van Zuma verwag is om presidensiëel op te tree is dit nou. Die land wag.

pro100casinoлобановский александр досье

Afrikanereenheid

Dis ‘n klagte wat al herhalend geopper is – ons Afrikaners kan nie saamstaan nie. Dit lyk asof ons behae daarin skep om mekaar se standpunte af te kraak. Ons is só krities ingestel dat ons altyd eerste soek vir moontlike foute in ons  ‘opponente’ se argumente, voordat ons kyk wat daarvan geldig, bruikbaar of selfs opbouend kan wees. Hoekom is dit so, en kan ons daarvan loskom?  Ons verkies blykbaar om met ons volksgenote te baklei, eerder as om die werklike vyand in die oë te kyk.

Voordat ons by eenheid kom, moet ons dalk eers weer vra wat die samestelling van ‘n volk is – enige volk. Wat ek al hoe meer besef, is dat die Afrikanervolk bestaan uit slimmes en dommes, mooies en lelikes, calviniste en ateïste (ja, regtig!), eerlikes en skelms, dapperes en banges, jonk en oud, en so kan ons aangaan. Die punt is dat almal se verwysingsraamwerke verskil. Daar is elemente in ons volk waarop niemand trots kan voel nie. Het elke familie nie sy swartskape nie? Dit maak jou egter nie minder deel van die volk of familie nie.

Ons is blootgestel aan kragte en tendense wat oor tyd ‘n volk se karakter kan bepaal, of verander. Dinge soos godsdiens, lewensfilosofie, welvaart of armoede, vryheid of onderdrukking, kan ‘n groot invloed uitoefen. Daar is kragte wat kan saamsnoer, en kragte wat ons uitmekaar kan dryf. Wat bind ons saam? Watter kragte, idees, of denkrigtings is histories belangrik vir die goeie eienskappe van die volk, en watter trek ons in die modder in?

Ek het nie antwoorde op al hierdie vrae nie, maar ek pleit dat ons ‘n pad met mekaar sal loop wat lei na iets beter as wat ons nou het. Ons moet probeer om wyer, meer akkomoderend en inklusief te luister, te dink en te praat. Om absolute suiwerheid van almal te vereis, laat ons net verder uitmekaar spat. Kan die liefde vir die eie nie ‘n brug wees wat ons nader aan mekaar bring nie? Sal NP en HNP en KP en AWB mekaar vir altyd haat?

Verder moet ons die dinge identifiseer wat opbouend, stimulerend en verenigend op ons volk kan inwerk. Ons sal onsself moet oefen en staal vir ‘n stryd wat voortduur, en ons kan dit nie in hierdie swak en verdeelde toestand aandurf nie. Laat ons onsself oefen in die goeie, tradisionele Afrikanerwaardes, nie die verstokte Victoriaanse idees wat in die Afrosaksiese denke oorheers nie.

Ons volk het baie gawes en talente. Laat ons dit gebruik om ons volk op te bou, eerder as om dit af te breek.

of thronesЛобановский Харьков

‘Hoekom geld menseregte nie vir almal nie?’

“Hoekom geld menseregte nie vir almal nie?” is die vraag wat die VF Plus-jeug vandag tydens ‘n stil-protesaksie buite die Appèlhof  in Bloemfontein aan die ANC-regering gestel het.

Die VF Plus-jeug het aangedui dat dit die eerste van ‘n reeks beplande aksies is. ‘n Groep VF Plus-jeuglede het vandag buite die Appèlhof met hul hande vasgemaak deur kettings en hul monde toegeplak, gestaan.  “Dit simboliseer die feit dat die Afrikanerjeug uit die land gedryf word deur kwotastelsels en regstellende aksie en dat ons regte oral ingeperk word,” het Jan van Niekerk, Nasionale Jeugleier van die VF Plus gesê.

“Die jeug is moeg daarvoor om steeds soveel jare na die afskaffing van apartheid, ‘n prys daarvoor te moet betaal,” het Van Niekerk gesê.  Van Niekerk het verduidelik dat die VF Plus-jeug genoodsaak is om teen die regering te protesteer. “Dit is onaanvaarbaar dat die ANC nou die rassistiese haatspraak van Julius Malema regverdig.  Die ANC en die regering moet besef dat apartheid verby is en dat hulle nou moet ophou om te diskrimineer en te onderdruk,” het Van Niekerk bygevoeg.

Meer as 70 000 gegradueerde Afrikaners verlaat die land elke jaar, meestal as gevolg van die regering se rassistiese wetgewing en beleide; van die ongeveer 2500 enkelmedium Afrikaanse skole in 1994, is daar minder as 300 oor en sowat 352 per 100 000 boere word jaarliks wreedaardig op plase vermoor.   Die VF Plus-jeug glo dat daar nie oor menseregte gepraat kan word, wanneer groep-, taal- en kultuurregte geïgnoreer word nie.

Die VF Plus-jeug eis dat die regering nou daadwerklik begin om regstellende aksie en kwotas af te skaf.  Van Niekerk sê dat Suid-Afrika nooit vooruitgang sal sien so lank as wat daar slegs op die verlede gefokus word en die probleme van die hede geïgnoreer word nie.

Die VF Plus-jeug is die enigste stem wat die Afrikanerjeug verteenwoordig, aangesien die VF Plus die enigste politieke party is wat daadwerklik teen kwotas en regstellende aksie gekant is.

веники из можжевельника когда заготавливатьФильчаков прокурор харькова

Wat maak die ANC by Sishen?

Die VF Plus neem met afkeur kennis van die ANC regering se onophoudelike magsmisbruik om op omstrede wyse by vryemarkondernemings betrokke te raak, so sê mnr Jaco Mulder VF Plus hoofwoordvoerder vir Handel en Nywerheid.

Dit volg na die aankondiging deur die Minister van Minerale Sake dat Imperial Crown Trading 289 die derde party geword het wat prospekteerregte verkry het vir ystererts by Kumba Yster se myn te Sishen.

Mnr Andrew Hendricks, die eggenoot van die voormalige minister van Mineraal- en Energiesake, Minister Lindiwe Hendricks is ingesluit op die raad van Imperial Crown. Ander direkteure sluit in Monica Ripepi, wie se besigheid dit is om rak maatskappye op te stel en te verhandel, Mabelindile Luhlabo en Prudence Zerah Mtshali.

Mtshali het voorheen ‘n administratiewe pos beklee by Luthuli Huis en dien ook op direksies van ‘n aantal privaat maatskappye. Sy was ook in 2009 in die nuus na ‘n beweerde romantiese verbintenis met Adjunk President Kgalema Motlanthe wat deur hom ontken is.

Die departement het die mynregte aan die vorige houer van die reg ArcelorMittal SA toegeken, wie versuim het om te voldoen aan die vereiste aansoek om die reg van ‘n ou orde reg na ‘n nuwe orde mynreg in te dien, soos vereis deur die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal- en Petroleum bronne.  In terme van dié wet, het die reg toe die staat as voog van Suid-Afrikaanse mineraleregte toegeval.

ArcelorMittal SA het R2.8 miljard betaal vir 21.4 persent aandeel in die Sishen myn. Die Sishen ystererts maatskappy het as mynkontrak-maatskappy vir ArcelorMittal SA opgetree terwyl Kumba die oorblywende 78.6 persent van die maatskappy besit.

In hierdie proses word die Suid-Afrikaanse vryemarklandskap, de facto in ‘n kommunistiese ekonomiese stelsel verander, waar oneffektiewe en onkundige sentrale besluitneming, mededingendheid laat taan. Dit kan Suid-Afrika gevolglik in ‘n mislukte staat laat opeindig waar die reële inkomste, naamlik dit wat jy met jou geld kan koop, minder gaan wees as voor 1937, net soos in Rusland.

Net soos ANC betrokkenheid by Chancellor House en Eskom sedert 2004, pryse van elektrisiteit met oor die 200% opgejaag het, en die land sonder voldoende krag gelaat het vir die volgende 15 jaar, asook ‘n land sonder ‘n enkele effektief-funksionerende munisipaliteit, gaan die ANC se inmenging in Sishen uiteindelik ook die doodsteek van die betrokke nywerheid in Suid-Afrika beteken het Mulder gesê.

Die betrokkenheid van die ANC in ‘n  bestuurshoedanigheid by enige vorm van onderneming in Suid-Afrika lei tot uiters nadelige gevolge vir beleggers, dienslewering, die publiek, en die uiteindelike nie-lewering van goedere en dienste.

Volgens Mulder poog die ANC om die kommunistiese eksperiment van Rusland te herhaal wat op skouspelagtige wyse oor ‘n tydperk van 70 jaar sedert 1917 misluk het en Rusland vandag armer gelaat het as voor 1937. Die ANC het bloot nie die bestuurskundigheid om hulself as individue te bestuur nie, en ook nie kleiner ondernemings soos munisipaliteite nie.

ANC betrokkenheid by die vryemark is gedoem uit die staanspoor, aangesien die ANC nie oor die vermoë beskik om winsbejag en doelmatige bestuur van ondernemings te laat slaag nie.

Die VF Plus voorspel  die einde van nog ‘n groot Suid Afrikaanse industrie vanweë die tipe inmenging van die ANC in die vryemarkstelsel.

Beleggers behoort hul investering in die industrie te heroorweeg.

настенно потолочные светильникиОлександр Васильович Фільчаков

DA probeer opposisiepartye insluk

“Indien die naweek se poging in Kaapstad om ‘n verenigde opposisie-front teen die ANC daar te stel opreg is, sal dit nie beperk word tot ‘n eksklusiewe groep van slegs vier partye nie. Dan sou dit werklik inklusief wees, tensy daar ‘n verskuilde agenda is ingevolge waarvan net sekere partye wat die DA hoop om in te sluk betrek word. Die voorgestelde resep is duidelik ‘n verkeerde resep,” het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep gesê.

Dr. Mulder se reaksie volg  op die besluit van die OD, DA, COPE en UDM om hierdie naweek ‘n nasionale konferensie wat deur die OD byeengeroep is in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) te hou om oor nouer samewerking te beraadslaag.

“Daar moet verder kennis geneem word dat die breë Afrikaanse en Christelike gemeenskappe nie welkom is in die voorgestelde nuwe front wat die DA hoop om met COPE, die ID en die UDM te vorm nie. Dit is belangrik om daarop te let dat die DA by monde van sy provinsiale leier, mnr. Theuns Botha, daarop aandring dat die VF Plus nie hierby betrek mag word nie omdat die VF Plus se pro-Afrikaanse en Christelike benadering vir die DA onaanvaarbaar is. Netso word die ACDP wat ‘n Christelike party is ook deur die DA die deur gewys,” het dr. Mulder bygevoeg.

Die naweek se poging om ‘n verenigde front van opposisiepartye teen die ANC daar te stel, is te eksklusief en uitsluitend om werklik ‘n verskil te maak. Die verskuilde agenda van die DA om sekere opposisiepartye in die proses in te sluk, sal kiesers nie net weer frustreer nie, maar dit sal ook onsuksesvol wees.

“Daar is geen rede hoekom die proses nie inklusief kan wees nie. Die proporsionele kiesstelsel maak dit juis moontlik. Dit is duidelik dat die DA hier met ‘n poging besig is om die ID, die UDM en COPE te probeer insluk in ‘n vergrote DA,” het dr. Mulder bygevoeg.

feathered frenzyлобановский класс харьков

FIFA boelie Kulula

Fifa het die lugredery Kulula beveel om ‘n advertensie wat sê dat hulle die “nie-amptelike lugredery vir die jy-weet-wat” is terug te trek, het The Star Vrydag berig.

Die lugredery het op Twitter gesê: “O gats, ‘n brief van Fifa se prokureurs sê dat ons hulle handelsmerk met die gebruik van ‘Suid-Afrika’ verbreek het en hulle dink ons nie-WB advertensie was oor sokker…

“Selfs die gebruik van ons nasionale vlag was ‘n kwessie. Dit is absoluut verregaande. Ons het ons land, sy simbole en ons ekonomie aan Sepp Blatter afgeteken.”

Amptelik het die lugredery gesê dat hulle “verras” was om ‘n brief van die sokker-beheerliggaam te ontvang wat daarop aandring dat hulle die advertensies terugtrek.

“Hulle het gesê ons kan nie die Kaapstad-stadion gebruik nie, ons mag nie sokkerballe of ‘Suid-Afrika’ gebruik nie. Die gebruik van die nasionale vlag word ook nie toegelaat nie,” het Nadine Damen, Kulula se bemarkingsbestuurder, gesê.

“Ons kan geen verwysing maak na die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie. Hulle het ook vir ons gesê dat ons nie die vuvuzela, wat uit ons oogpunt ‘n verteenwoordiging van die mense van Suid-Afrika is, gebruik nie. “

мультики игрушкилобановский харьков класс