Duisende betoog teen oorlog in Washington

Anti-oorlogbetoging in WashingtonDuisende betogers het na Washington opgeruk en daarop aangedring dat die regering Amerikaanse troepe in Irak en Afganistan onttrek.

Die betogers se woede was meestal op Pres. Barack Obama gerig.

Ten minste agt mense is na die afloop van die betoging in hegtenis geneem.

“Arresteer die krimineel!”, het Cindy Sheehan, ‘n aktivis wat deelgeneem het aan die betoging, geskree.

Sy is een van die agt mense wat in hegtenis geneem is.

Sheehan het tydens ‘n saamtrek voor die optog aan die skare gevra of die “wittebrood nou verby is vir die oorlogmisdadiger in die Withuis”.

Haar uitlating het matige applous uitgelok.

Ander betogers was effens meer goedgesind teenoor die president.

“Ons is lief vir jou Obama, maar jy kry bloed op jou hande”, was op een betoger se plakaat geskryf.

Ralph Nader, ook ‘n aktivis, het aan die skare gesê dat Obama in werklikheid ‘n voortsetting van die Bush-administrasie is en dat enige ander siening onnosel is.

Obama se gewildheid is die laagste wat dit nog ooit was sedert hy die Withuis betree het.

online betting gamesлобановский депутат