Afrikanereenheid

Dis ‘n klagte wat al herhalend geopper is – ons Afrikaners kan nie saamstaan nie. Dit lyk asof ons behae daarin skep om mekaar se standpunte af te kraak. Ons is só krities ingestel dat ons altyd eerste soek vir moontlike foute in ons  ‘opponente’ se argumente, voordat ons kyk wat daarvan geldig, bruikbaar of selfs opbouend kan wees. Hoekom is dit so, en kan ons daarvan loskom?  Ons verkies blykbaar om met ons volksgenote te baklei, eerder as om die werklike vyand in die oë te kyk.

Voordat ons by eenheid kom, moet ons dalk eers weer vra wat die samestelling van ‘n volk is – enige volk. Wat ek al hoe meer besef, is dat die Afrikanervolk bestaan uit slimmes en dommes, mooies en lelikes, calviniste en ateïste (ja, regtig!), eerlikes en skelms, dapperes en banges, jonk en oud, en so kan ons aangaan. Die punt is dat almal se verwysingsraamwerke verskil. Daar is elemente in ons volk waarop niemand trots kan voel nie. Het elke familie nie sy swartskape nie? Dit maak jou egter nie minder deel van die volk of familie nie.

Ons is blootgestel aan kragte en tendense wat oor tyd ‘n volk se karakter kan bepaal, of verander. Dinge soos godsdiens, lewensfilosofie, welvaart of armoede, vryheid of onderdrukking, kan ‘n groot invloed uitoefen. Daar is kragte wat kan saamsnoer, en kragte wat ons uitmekaar kan dryf. Wat bind ons saam? Watter kragte, idees, of denkrigtings is histories belangrik vir die goeie eienskappe van die volk, en watter trek ons in die modder in?

Ek het nie antwoorde op al hierdie vrae nie, maar ek pleit dat ons ‘n pad met mekaar sal loop wat lei na iets beter as wat ons nou het. Ons moet probeer om wyer, meer akkomoderend en inklusief te luister, te dink en te praat. Om absolute suiwerheid van almal te vereis, laat ons net verder uitmekaar spat. Kan die liefde vir die eie nie ‘n brug wees wat ons nader aan mekaar bring nie? Sal NP en HNP en KP en AWB mekaar vir altyd haat?

Verder moet ons die dinge identifiseer wat opbouend, stimulerend en verenigend op ons volk kan inwerk. Ons sal onsself moet oefen en staal vir ‘n stryd wat voortduur, en ons kan dit nie in hierdie swak en verdeelde toestand aandurf nie. Laat ons onsself oefen in die goeie, tradisionele Afrikanerwaardes, nie die verstokte Victoriaanse idees wat in die Afrosaksiese denke oorheers nie.

Ons volk het baie gawes en talente. Laat ons dit gebruik om ons volk op te bou, eerder as om dit af te breek.

of thronesЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae