Volksverraaiers

So flussies lees ek dr. Dan Roodt se artikel oor Afrikanerverraaiers.

So deur die tye het die uwe ‘n paar stories oor verraaiers uit die Boere-oorlog raakgeloop wat ‘n mens ‘n paar keer laat dink.

Ma-Johanna het op Ventersburg grootgeword waar ds. Koornhoff sy spannetjie, ook Piet Promises, grootgemaak het. Maar dis nie eintlik die storie nie.

Kleintyd al was ma besonder bewus van die oom op die stoep van ‘n dorpshuis – die oom was sonder tong. Blykbaar het tongkanker vir dié toedrag van sake gesorg.

“Die Here se straf,” het die ou mense gefluister, en sommiges sommer hardop gesê.

Die oom was naamlik die “bevelvoerder” van een van die Kakies se swart kommando’s wat teen die einde van die oorlog so na die plase getrek, die opstalle afgebrand en die vroue geterroriseer het.

En toe sit die oom op die stoep, en kyk na die verwytende oë van die mense wat weet.

Die slegte kinkel natuurlik. Terwyl die ou mense miskien bietjie subtiel was, was die kinders nie. Om vir die oom op die stoep te kom tong uitsteek is miskien nog een ding, maar om sy dogtertjie op skool te treiter, iets heel anders.

Maar meer bisar is die Oos-Vrystaatse storie van die skatryk oom. Skatryk, omdat hy ook sy mense in die oorlog verraai, en deur die Engelse beloon is.

Op ‘n dag kom ‘n brandmaer vrou, met haar baba op die arm op die plaas aangestap. Sy is asvaal, en die baba ook al erg afgerem.

Sy vra kos. Haar mense is deur die oorlog geldelik uitgeroei.

Sonder meer jaag die man die vrou en haar baba weg.

Maar voor sy weg is, sê sy vir die oom: “Jy sal nog van die honger doodgaan.”

En net daar het iets in die oom geknak.

Sy familie was raadop, want hy wil niks eet nie want daar is nie geld voor nie.

Nie lank nie, het die oom so agteruitgegaan dat hy dood is.

Van die honger.

Maar sy boedel was skatryk, en sy bankrekeninge propvol geld…

Die laaste keer toe ek die man gesien het wat so selfvoldaan was oor sy meesterlike werk by Kemptonpark, het hy nog sy tong gehad en was hy nie honger nie.

Maar sy toespraak was dié van ‘n man wat ‘n selfvertroue-knou weg had, hy het taamlik gestotter, sy gesig vol afremmerke, sy gesigspiere het geruk…tydens die geselligheid agterna het hy alleen eenkant buite op ‘n muurtjie gaan sit.

Maar daarna hoor ek hy is steeds ANC.

slot games with bonusлобановский обыск

Die Griekse tragedie

Danksy die impak op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs en die rand se waarde neem Suid-Afrikaners kennis van wat in Griekeland met sy kleinerige ekonomie en net meer as tien miljoen burgers aan die gebeur is. Die Griekse tragedie beïnvloed Europa, en Suid-Afrika word weer deur die groot volumes handel met Europa beïnvloed, met dubbel-genoteerde maatskappye wat die strooptog op die JSE ingelui het.

Griekeland is kniediep in tamatiestraat. Die IMF waarsku dat ander Europese lande deur Griekeland “besmet” kan word. Veral Portugal word nou genoem, maar Spanje se naam word ook gereeld uit die hoed geruk. Spanje se ekonomie is veel groter as dié van Griekeland en ‘n krisis gaan baie negatiewer op Europa en die wêreldmarkte inwerk.

Die IMF het net benadruk watter Europese lande nie bedreig word nie – Duitsland en Frankryk.

Duitsland is ook die land wat uiteindelik vir die leeueaandeel van die Grieke se reddingsboei moet instaan. Die gewone Duitsers is na berig word erg taai in die bek, en die Griekse betogings teen die voorwaardes vir hulp is ook nie bevorderlik om die Duitsers se gemoed te verander nie.

Die probleem – in sy eenvoudigste vorm gestel – is dat die Grieke se produktiwiteit en byvoorbeeld aftree-ouderdomme laag is, en dat vergoeding aan dié van Utopia herinner. Bonusse is gelykstaande aan twee maande se salaris, en verhogings was nou jare lank ‘n gegewe.

Veel meer is betaal as wat verdien is.

Nou het die borrel gebars, en vir hulp moet Griekeland ondernemings gee soos dat daar ‘n paar jaar lank geen salarisverhogings gaan wees nie, en ook nie bonusse nie. En nou is die Grieke, wat aan die luilekker lewe gewoond geraak het, nie beïndruk nie.

Intussen floreer die valuta-spekulante, en bemoeilik sake aansienlik vir die IMF. Die Europese Kommissie maak stem dik en gaan alles in sy vermoë doen om te keer dat die finansiële marke die valutaspekulante se jagveld word.

 

big bad woolfФильчаков прокурор харькова

Hoe lank nog?

Afrikaners leef vandag in ‘n vreemde wêreld.  Vroeër was hulle gewoond aan ‘n bestaansomgewing waar wet en orde geheers het en waar die staat sy fundamentele verpligtings nagekom het.  In vrye demokratiese lande heers ’n regsomgewing wat histories ontwikkel het en wat uit die lande se grondwette voortspruit.  Die uitsluitlike doel daarvan is om die regte en belange van die landsburgers te beskerm en die staat se magte te beperk – spesifiek  teen uitbuiting en diktatoriale optredes van die owerhede.  Om daardie rede onderwerp burgers hulle aan die staatsgesag.  Dit is waarom die staat ‘n monopolie op geweld besit waarmee sy burgers se belange beskerm moet word.

Die funksie van die staat is dus om sy burgers te bekerm en nie om by hul leefwyse in te meng nie.  Sou hy inmeng, dan is sy burgers nie meer vry nie, maar word die land onder valse voorwendsels deur despote regeer.  Maatreëls soos regstellende aksie, transformasie en swart bemagtiging is dus ‘n ingryping van die staat in die lewens van die wit minderheid.  Dit lê die minderheid se vryheid ernstig aan bande.

Die grondwet is daar om ondermeer te verseker dat die staat se hande gebind sal word om die burgers teen sy diktatoriale optrede te beskerm, hetsy teen ‘n enkele persoon, ‘n politieke drukgroep, of teen die populistiese meerderheid van die dag.  Die grondwet sorg dat die burgery nie net teen kriminele beskerm word nie, maar ook teen die staat as potensiële diktator.

Diktators eien hulself die staatsmag wederregtelik toe en wend die staatsmasjinerie aan om die landsburgers aan bande te lê. Dominante minderheidsgroepe, wat die despote nie by die stembus kan bedreig nie, is dikwels die sagte prooi van hul optrede.

Die morele regverdiging daarvoor  word gesoek in mooiklinkende slagspreuke wat op een of ander humanistiese oorweging berus.  Voorbeelde daarvan is ”…om historiese aansprake te bevredig,” om “…ongeregtighede van die verlede te herstel” om “…te sorg dat kulturele geregtigheid sal geskied,” ens.

Die grondwet plaas sekere ononderhandelbare verpligtings op die staat om sy burgers te beskerm.

·         Eerstens moet die landsburgers se veiligheid en burgerregte deur ‘n goed georganiseerde polisiediens, gerugsteun deur ‘n funksionerende regstelsel en gevangenisdiens, gewaarborg word.

·         Tweedens moet die landsgrense teen insurgente deur ‘n goed opgeleide weermag, toegerus met geskikte toerusting en gelei deur bekwame offisiere, beveilig word.

·         Derdens moet basiese dienste verskaf word wat nie ekonomies deur die burgers self gelewer kan word nie.  Hierdie dienste sluit in riolering, water, kragvoorsiening, en stadsreiniging.

·         Vierdens moet die staat ‘n moderne en internasionaal mededingende onderwys en opleidingstelsel daarstel om die lewenskwaliteit van sy burgers deur geletterdheid te verhoog en om môre se leiers op alle terreine te ontwikkel.

·         Vyfdens moet die staat ‘n funksionele gesondheidsorg stelsel in stand hou wat sy burgers se reg op ‘n gesonde lewe kan waarborg.

·         Sesdens moet die staat die land se infrastruktuur in stand hou, dws die paaie, spoornetwerk, kragstasies, pyplyne, damme, hospitale, skoolgeboue en ander staatsgeboue en fasiliteite.

·         Dan moet die staat sorgdra dat navorsing en ontwikkeling op alle tersaaklike terreine aangemoedig word om ‘n beter toekoms vir die land se burgers te verseker.

·         Laastens moet ‘n doeltreffende inkomstediens in stand gehou word om die regering in staat te stel om sy verpligtinge mee te befonds.

Indien ‘n regering hierdie pligte versuim, is hy nie bekwaam om te regeer nie en kan sy amptenare moontlik van hoogverraad beskuldig word, deurdat hulle die bepalings van die grondwet minag.

Suksesvolle state slaag hierdie 8-punttoets met lof.

Hoe presteer Suid-Afrika se huidige regering ten opsigte van sy pligte wat die land se grondwet op die staat plaas?

·         In Suid-Afrika is niemand meer veilig nie.  Ons verkeer in ‘n staat van anargie waar misdaad lonend geword het.  Met meer as 10,000 polisiebeamptes agter die tralies word bewys dat die polisie self deels vir die heersende anargie verantwoordelik is. Baie misbruik hul mag en raak gewetenloos veral as dit by witmense kom.

·         Landsgrense bestaan net op die kaart.  Miljoene insurgente bevind hulle reeds in die land. Aan die Lesotho-grens vind veediefstalle daagliks plaas.  Die weermag is disfunksioneel en sy onvanpaste krygstuig staan ongebruik.  Die swak gehalte van sy offisierskader en HIV besmette manskappe beteken dat die staat sy burgers nie kan beskerm nie. Die beelde op die TV skerms van betogende soldate by die Uniegebou vertel die hele verhaal.

·         Derdevlak dienste het totaal ineengestort en belastigbetalers moet daardie dienste self verrig in byna 82% van die land se munisipaliteite. As ‘n staat nie daardie basiese dienste kan lewer nie, waartoe is hy dan in staat?

·         Die land se onderwys stelsel is dalk die swakste op aarde, beslis die swakste in Afrika. Skoolverlaters uit die meeste skole is ongeletterd. Minder as 17% van die onderwysbegroting kom by die klaskamers uit.  Die res word deur die amptenary soos ‘n spons opgesuig.

·         Hoe minder daar van die paaie gesê word hoe beter.  Daar bestaan nóg die  kundigheid nóg die wil om die huidige paaiestelsel in stand te hou, om die eens te praat van om nuwe paaie en brûe te bou nie.  Die privaatsektor moet telkens tot die redding van die land kom.

·         Navorsing en ontwikkeling word onderwerp aan die beperkings van   swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls wat ten doel het om navorsingsfondse na swartes te gekanaliseer.  Die WNNR, landbounavorsing en mediese navorsing is ‘n effense skadu van die eertydse vermoëns van die betrokke instansies. Relatief tot sy mededingers gaan die land jaarliks agteruit.  

·         Die inkomstediens is waarskynlik op standaard, want daarsonder sou die land reeds lankal tot stilstand gekom het en sou die kleptokrasie nie sy lewenstyl kon handhaaf nie.

Voeg dan die ernstige korrupsie en geldvermorsing daarby waarmee miljarde rande jaarliks vermors word, dan kom mens tot die onvermydelike gevolgtrekking dat die staat sy burgers se grootste vyand geword het.

Met hierdie verdoemende getuienis voor ons word die vraag gevra:  Hoe lank kan dit nog so aanhou?  Waarom verdra ons hoegenaamd nog ‘n disfunksionele regering?

Suid-Afrika het ‘n gesofistikeerde ekonomie wat hoogs gesofistikeerde stelsels gebruik.  Hierdie stelsels word deur mense met kundigheid beman.  Daardie kundigheid word stelselmatig verminder deur die toepassing van arbeidswetgewing sodat onervare swart gesigte wit gesigte onder dwang van boetes moet vervang.  Sonder die nodige leierskap en kundigheid is die ekonomie gedoem.  Die kaartehuis sal aanstonds in duie moet stort.  Dit sal waarskynlik gevolg word deur hongersnood en oorlogsgeweld.  ‘n Eens vooruitstrewende land kan dan tot die ashoop gedoem wees.

Hoe kan dit verhoed word?

Eerstens moet die regering óf tot inkeer kom, of die ANC moet uit die landsregering verwyder word. Om tot inkeer te kom moet die beleid van kaderontplooiïng en transformasie laat vaar word.  Dit is oneties, lei tot korrupsie en vernietig die land. Verder moet die beleid van transformasie gestaak word wat Afrikanerburgers hul volle burgerregte ontneem. ‘n Nuwe beleidsraamwerk moet aanvaar word waarin die staat van “n kleptokrasie tot ‘n meritokrasie verander word, dws, waar die beste presteerders die land sal regeer en dienste sal lewer.  Maar dit is hoogs onwaarskynlik.

Sou die ANC weier om bogenoemde wenke te aanvaar en uit te voer, dan kan die landsburgers, insluitende die Afrikaners, met reg aanvoer dat daar geen sinvolle toekoms vir hulle in die huidige bestel meer bestaan nie.  Dit gaan dus nie oor ras nie, maar oor bewese swak regering.

Dan het Afrikaners die volste reg om te weier om langer aan die maatreëls van ‘n regering wat onbevoeg is om te regeer onderwerp te word en dat Afrikaners nie langer in ‘n staat van anargie kan en wil leef nie.  Dan kan hulle hul selfbeskikking opeis om oor hulself te regeer.  Hulle hunker dan nie terug na apartheid nie,maar na wet en orde en na ‘n skoon, oop en doeltreffende regering.

En dan kan Afrikaners hul eie heil ooreenkomstig die bepalings van die volkereg uitwerk, najaag en toepas.

Ons is reeds by daardie punt verby.

пижама для девочки купить в интернет магазинеФильчаков Харьков

Opvolgskikking moet kom

Die strategiese raamwerk vir die Departement van 2010 tot 2014 het twaalf prioriteite bepaal. Die eerste prioriteit is dat die Departement sy rol gaan versterk in staatkundige/grondwetlike ontwikkeling. In sy program 3 maak hy selfs voorsiening dat ‘n kantoor gevestig word en waar 4 personeellede voor die einde van 2010 aangestel moet word. Die VF Plus verwelkom hierdie stap, aangesien die klem gewoonlik in die Departement op Justisie geplaas word en nie op grondwetlike ontwikkeling nie.

Tans in die Parlement is daar weinig lede wat deel was van die skikkings wat bereik is voor 1994. Veral in die ANC is daar ‘n hele klomp nuwe parlementslede wat nie die gees van die skikkings voor 1994 ervaar het of daarvan weet nie. ‘n Grondwet is ‘n lewendige dokument en moet altyd verbeter word.

Oor die afgelope 15 jaar is die swakpunte en die sterkpunte van die Grondwet geïdentifiseer. Die tyd het nou aangebreek dat daar aandag gegee moet word aan veral die swakpunte om sodoende die Grondwet ‘n beter Grondwet te maak. In die verband stel die VF Plus voor dat daar ‘n opvolgskikking bereik moet word. In die verband sal die VF Plus wel met die regering skakel.

Die Minister het verwys na die opdatering en verbetering van die strafregstelsel, maar die werklikheid in SA is dat slegs 10% van misdade wat aangemeld word, suksesvol in die howe verhoor word. Dit beteken ‘n misdadiger het ‘n 90% kans om weg te kom met misdaad. Pieter Groenewald, van die VF Plus het ‘n beroep op die Minister gedoen om die implementering te versnel want hoe langer daar gewag word, hoe meer is dit tot voordeel van die misdadigers.

Laastens wou Groenewald by die Minister weet, en het reeds ‘n skriftelike vraag in die verband ingedien, hoe dit moontlik is dat sy Departement goedkeuring gee dat belastinggeld gebruik word vir die regskoste van Jackie Selebi. Sy Departement keur dit goed, maar die Polisie moet dit betaal.

Dit is onaanvaarbaar dat belastinggeld gebruik word om Selebi se regskoste te dra as die klagte teen hom geensins verband hou met die uitvoering van sy pligte in die amp van Kommissaris nie. Ek sal graag by die Minister wil weet wat die kriteria is waarom Selebi se regskoste betaal word.

саун москваОлександр Фільчаков прокурор

Sakeman speel vlagman

‘n Sakeman van Krugersdorp moes Dinsdagmiddag vlagman speel omdat ‘n kontrakteur nie noodsaaklike waarskuwingstekens  aangebring het terwyl sy werkers gras op die middelman van die R28-snelweg gesny het nie.

Mnr. Schalk Beetge vertel hy was Dinsdagmiddag omstreeks 13h00 vanaf Krugersdorp na Pretoria oppad toe hy opmerk dat die pad by die Sula Via-ingang op die R28-hoofpad skielik vernou.  Die volgende oomblik het sy motor die bord en groot klippe getref.  Die motor het ook ‘n padwerke-waarskuwingsbord  waarvan die voetstuk met klippe toegepak was getref nadat hy probeer uitswaai het.  As gevolg van die druk verkeer aan sy linkerkant het dit hom egter verhoed om betyds te uit te swaai.  ‘n Paar meter verder was sowat 30 mense besig om die gras op die middelman  te sny terwyl die motors verbysnel.

“Ek het gestop en besef dat dié situasie iemand se lewe kan kos. Ek het na die provinsiale kantore in Sterkfonteinweg, Krugersdorp gery en ‘n man met die naam Hannes Matthews van die situasie vertel.  Hy het die kontrakteur geskakel en gesê hulle moet dadelik ‘n vlagman aanwys.  Ek is sowat ‘n uur later terug na die gevaarsone en het die vlag maar geswaai tot die gras klaar gesny is.”

Mnr Beetge het mnr. Jaco Mulder, inwoner van Krugersdorp en Vryheidsfront Plus-leier in Gauteng geskakel en oor die situasie ingelig.  Mulder het via die VF Plus-dienssentrum onmiddellik hulp uitgestuur na die toneel waar mnr Beetge intussen reeds alles onder beheer gebring het.

“Hierdie is ‘n voorbeeld van nalatige optrede deur kontrakteurs wat tot lewensverlies kan lei. Die VF Plus gaan die saak met die owerhede en die diensverskaffers opneem en toesien dat dié tipe optredes onmiddellik gestaak word,” het Mulder gesê.

Onskuldige mense kan in ‘n oogwink hul lewens verloor of in so ‘n mate beseer word dat hulle geen aktiewe rol in die samelwewing kan speel nie.  Hy het Beetge ook geprys vir sy flinke optrede en gesê dat landsburgers toemend self sal moet ingryp waar die owerhede faal totdat ‘n behoorlike regering sake beter kan bestuur.

купальники шорты для девочекДанильченко Харьков

Mulder moeg vir propaganda-mites

“Ek is moeg vir debatte wat nie op feite nie maar op propaganda-mites gegrond is,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye op Somerset-Wes gesê.

Dr. Mulder het as spreker opgetree tydens die Wynkelders Suid-Afrika se kongres.

Van hierdie propaganda-mites wat as die waarheid die wêreld ingestuur word, is volgens dr. Mulder dat dit die boere se skuld is dat plase onveilig is; dat die meeste van die veediefstal deur die boere self gepleeg word; dat boere die oorsaak is van al die plakkerskampe en dat die nasionalisering van grond Suid-Afrika se armoede-probleme kan oplos.

Dr. Mulder het ’n vergelyking tussen die vertonings van die ekonomieë van Zambië en  Zimbabwe sedert 1994 getref.

In Zambië se geval, waar die regering private eiendomsreg aanmoedig en vryemarkhervorming suksesvol nagestreef het, het die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 1994 en 2008 meer as verdriedubbel (in nominale VSA-dollar-terme).

In Zimbabwe, waar ‘n beleid van nasionalisering gevolg is, het die ekonomie in dieselfde tydperk met bykans die helfte gekrimp; het werkloosheid van 20% na 80% gestyg en het lewensverwagting van 60 jaar na 34 jaar gedaal.

“Sinvolle besluite oor landbou se toekoms in Suid-Afrika moet op sulke feite geneem word en nie op ideologiese propaganda-mites nie,” volgens dr. Mulder

детектор лжи минскФильчаков

Shell blameer omgewingskade op rebelle

Die Nederlandse oliemaatskappy Shell PLC het verlede jaar sowat 14 000 ton ruolie in die waternetwerk van die Niger-delta gestort, het dié maatskappy gesê.

Shell blameer diewe en rebellegroepe vir die skade aan die omgewing.

Die hoeveelheid olie is sowat dubbel dié wat in 2008 in hierdie delta gestort is en vier keer meer as wat in 2007 gestort is.

Shell word gereeld deur rebelle in die streek aangeval, wat pyplyne teiken en werkers gyselaar neem.

bridal head accessoriesалександр лобановский супермаркет класс

Amptenare vas oor stelery by departement van landbou

Agt vroue en drie mans het Woensdag in die KwaMhlanga-landdroshof verskyn nadat hulle die departement van landbou in Mpumalanga van R15 miljoen besteel het, het die polisie gesê.

Kapt. Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die departement se voormalige assistent-direkteur, Vuyo Ngele (34) en die sekretaresse van die distrikbestuurder, is elk op borgtog van R40 000 vrygelaat.

Die ander nege is elk op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die verdagtes verskyn Donderdag weer in die hof.

липецк ремкомплектыФільчаков прокурор

Regbank se onafhanklikheid ongedeerd sê DA

Die kabinet het ‘n nuwe wetsontwerp rakende die regbank Woensdagoggend goedgekeur. ’n Nuwe weergawe van die omstrede voorgestelde Wet op Hoër Howe asook ‘n gepaardgaande grondwetlike aanpassing is aanvaar.

Dié wetsontwerpe is in oorleg met die regbank gefinaliseer. Die administrasie van die howe sal voortaan deel uitmaak van die kantoor van die hoofregter.

Jeff Radebe, minister van justisie, het die aankondiging Woensdag tydens sy begrotingsrede gedoen. Hy het bevestig dat omstrede klousules, wat skerp kritiek van regsgeleerdes ontlok het sedert dit die eerste keer in 2004 ter tafel gelê is, in die wetsvoorstelle geskrap is. 

Sekere klousules het ongelukkigheid veroorsaak aangesien dit bykomende magte aan die uitvoerende gesag oor die regsgesag sou gee. Die minister van justisie, ‘n politieke aanstelling, sou daarvolgens die finale sê oor howe se administrasie gehad het.

Radebe het benadruk dat die onafhanklikheid van die regbank deur die nuwe wet beskerm sal word.

“Die grondwethof sal die land se hoogste hof wees en die hoogste hof van appèl die enigste appèlhof; die hoofregter sal hoof van die regbank wees en sy kantoor sal na ’n volwaardige hofadministrasie uitgebrei word. Die regbank sal ook sy eie hofreëls bepaal,” het hy gesê.

Oor enkele kwessies ontbreek daar egter steeds konsensus tussen die ANC en die regbank oor die bepalings, het Radebe gesê. Hy het bygevoeg dat hoofregter Sandile Ngcobo bedank moet word vir sy skitterende leierskap in die voortsetting van die werk van sy voorgangers, hoofregters Arthur Chaskalson en Pius Langa.”

Die DA het die nuwe wet verwelkom. 

хамам под ключлобановский обыск

Naledi-munisipaliteit onder administrasie

Die Naledi plaaslike munisipaliteit gaan ontbind word en onder administrasie geplaas word, twee dae nadat die burgemeester Motlatsi Motlohi vermoor is deur onbekende sluipmoordenaars.
  
Die bestuur gaan onmiddellik oorgeneem word en Donderdag by die Naledi munisipaliteit (Wepener, Vanstadensrus, Dewetsdorp) aanmeld, het Vrystaatse LUR vir korporatiewe bestuur Mosebenzi Zwane Woensdag gesê. 
  
“As ons nie nou stappe neem nie, kan meer mense sterf,” het hy gesê. 
 
Zwane het die Naledi raadslede erg gekritiseer vir hulle optrede sedert 2006, en gesê dat die meerderheid van hulle “onverantwoordelik” was. 
  
“Hulle respekteer nie hul gemeenskap, respekteer nie die grondwet van die land nie, doen hulle nie hul eie werk as raadslede nie.”
  
Zwane het gesê sy departement het, in die verlede gehelp om Naledi se sake in orde te kry deur die bestuur te ondersteun en te betaal vir die aanstelling van ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte. 
  
Die departement het gesê elke keer as die provinsie sy steun onttrek het, het die situasie vererger. Dit ten spyte van die departement se voorgetsette betaling van die salarisse van die twee bogenoemde poste.
  
Motlohi is Maandagnag voor sy huis in Wepener doodgeskiet. Polisie het gesê hy is twee keer in die rug geskiet.
Bure, wat die skote gehoor het, het na buite gehardloop en Motlohi halfpad na sy voordeur gevind, terwyl sy voertuig nog geluier het en die ligte was nog aan. 
  
Provinsiale regeringsamptenare het gesê die feit dat ‘n groep mense – nadat hulle van Motlohi se moord gehoor het – die kantoor van Naledi munisipale bestuurder Martin Lerato in Dewetsdorp gestorm en aangeval het, is getuienis van die swak verhoudings in die munisipaliteit.

рейтинг зарядных устройств для автомобильных аккумуляторовлобановский александр жена