praag.co.za

Opvolgskikking moet kom

Written by

in

Die strategiese raamwerk vir die Departement van 2010 tot 2014 het twaalf prioriteite bepaal. Die eerste prioriteit is dat die Departement sy rol gaan versterk in staatkundige/grondwetlike ontwikkeling. In sy program 3 maak hy selfs voorsiening dat ‘n kantoor gevestig word en waar 4 personeellede voor die einde van 2010 aangestel moet word. Die VF Plus verwelkom hierdie stap, aangesien die klem gewoonlik in die Departement op Justisie geplaas word en nie op grondwetlike ontwikkeling nie.

Tans in die Parlement is daar weinig lede wat deel was van die skikkings wat bereik is voor 1994. Veral in die ANC is daar ‘n hele klomp nuwe parlementslede wat nie die gees van die skikkings voor 1994 ervaar het of daarvan weet nie. ‘n Grondwet is ‘n lewendige dokument en moet altyd verbeter word.

Oor die afgelope 15 jaar is die swakpunte en die sterkpunte van die Grondwet geïdentifiseer. Die tyd het nou aangebreek dat daar aandag gegee moet word aan veral die swakpunte om sodoende die Grondwet ‘n beter Grondwet te maak. In die verband stel die VF Plus voor dat daar ‘n opvolgskikking bereik moet word. In die verband sal die VF Plus wel met die regering skakel.

Die Minister het verwys na die opdatering en verbetering van die strafregstelsel, maar die werklikheid in SA is dat slegs 10% van misdade wat aangemeld word, suksesvol in die howe verhoor word. Dit beteken ‘n misdadiger het ‘n 90% kans om weg te kom met misdaad. Pieter Groenewald, van die VF Plus het ‘n beroep op die Minister gedoen om die implementering te versnel want hoe langer daar gewag word, hoe meer is dit tot voordeel van die misdadigers.

Laastens wou Groenewald by die Minister weet, en het reeds ‘n skriftelike vraag in die verband ingedien, hoe dit moontlik is dat sy Departement goedkeuring gee dat belastinggeld gebruik word vir die regskoste van Jackie Selebi. Sy Departement keur dit goed, maar die Polisie moet dit betaal.

Dit is onaanvaarbaar dat belastinggeld gebruik word om Selebi se regskoste te dra as die klagte teen hom geensins verband hou met die uitvoering van sy pligte in die amp van Kommissaris nie. Ek sal graag by die Minister wil weet wat die kriteria is waarom Selebi se regskoste betaal word.

саун москваОлександр Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply