Oproer kring uit na Limpopo

Nege mense is in die Thaala-lokasie, sowat 85 km van Groblersdal in Limpopo, in hegtenis geneem, het die polisie Donderdag gesê.

“Ons het nege mense in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die betoging het laat Woensdagaand begin en het tot in die vroeë oggendure geduur,” het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê.

Die betogers het glo vensters gebreek en privaateiendom beskadig, het hy gesê.

Die betoging het klaarblyklik oor ‘n tekort aan waterdienste in die omgewing gehandel.

Die nege sal na verwagting Vrydag in die Nebo-landdroshof verskyn.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Salafiste kan tot aksie oorgaan

Mohammed Merah is dood aan die einde van 32 uur van beleg. Intussen loop die polisie deur onder kritiek omdat hulle nie vroeër ingegryp het om die man te keer vóór die moorde nie aangesien die veiligheidsdiens hom reeds as verdag beskou het.

Anti-terreurspesialiste sê hulle vrees dat Merah se optrede die begin van nog aanvalle kan beteken.

Marine Le Pen het haar verbasing uitgespreek dat Merah reeds 15 keer gevang is, dat hy dopgehou en ondervra is, maar nie deur die owerhede gekeer is om tot sy afgryslike daad oor te gaan nie.

Sy advokaat wat hom voorheen verdedig het, het gesê Merah het hom nooit getref as ‘n terroris wat sulke dade kan pleeg nie, maar eerder as ‘n gewone misdadiger.

Merah, wat Donderdag in Toulouse met ‘n kopskoot gesterf het, het tydens die beleg aangedui dat hy met wapen in die hand sal sterf.

Omstanders kon ‘n laaste sarsie hewige outomatiese geweervuur buite die woonstel waarin hy vasgekeer was voor sy einde hoor. Hy was glo swaar gewapen.

Volgens die Franse polisie  het Merah elk van die moorde met ‘n kamera verfilm, het die Paryse aanklaer Francois Molins bekendgemaak.

Hy is met ‘n koeël in die kop getref tydens die intervensie van die anti-terreurspesialiseenheid Raid, en het daarna uit die badkamervenster na benede geval.

Die owerhede het hul “dankbaarheid” teenoor die polisie wat die operasie onderneem uitgespreek en praat van “verligting” in die Toulouse-streek na die dood van Merah. Een van die die drie polisiemanne wat gewond is, veg vir sy lewe.

Die nuusberig wat beweer het Merah het voorheen probeer om by die Franse infanterie aan te sluit in 2010 in Toulouse is deur die ministerie van verdediging reggestel.

Merah het glo by ‘n werwingsentrum van die Vreemde Legioen, en nie die infanterie nie, probeer aansluit, het die Franse departement van verdediging Donderdag verklaar.

Die verdagte het probeer om aan te sluit by die weermag in 2008. Hy is later in Pakistan deur Al-Kaida opgelei.

‘n Organisasie wat bande met Al-Kaida het, het vanmiddag verantwoordelikheid vir die moorde op soldate, kinders en ‘n rabbi aanvaar, berig France Info.

Kenners sê die Salafiste se invloed is besig om met rasse skrede uit te brei in elk van die lande waar die Arabiese Lente die bestaande orde reeds omvergewerp het. Frankryk word reeds geïnfiltreer deur hierdie jihadiste en die kommer bestaan dat ondergedoke agente tot aksie sal oorgaan.

Фильчаков прокурор харьков

Asiate in VSA neem drasties toe

Asiërs is die vinnigste groeiende rassegroep in die Verenigde State, wat ‘n drastiese instroming vanuit die hele streek oor ‘n dekade lank aandui, het die Amerikaanse Sensusburo Dinsdag gesê.

As deel van ‘n voortdurende analise van die data van die 2010-sensus, het die federale agentskap gesê diegene wat hulself geïdentifiseer het as slegs Asiaties, en nie gemengde ras nie, het met 43,3 persent van ‘n dekade vroeër toegeneem.

Dit is meer as vier keer vinniger as die tempo van groei vir die totale Amerikaanse bevolking, wat met 9,7 persent gegroei het in dieselfde tydperk.

Sowat 14,7 miljoen mense, of 4,8 persent van die totale bevolking, identifiseer hulself as slegs Asiaties. Nog 2,6 miljoen, of 0,9%, het gesê hulle is gemeng Asiaties met ‘n ander rassegroep, oor die algemeen wit.

“Internasionale migrasie is die grootste komponent van die verandering in die Asiatiese bevolking,” het Elizabeth Hoeffel, ‘n statistikus in die Sensusburo, aan verslaggewers gesê.

Vir statistiese doeleindes, definieer die Verenigde State van Amerika ‘n Asiaat as iemand met ‘n “oorsprong in enige van die oorspronklike volke van die Verre-Ooste, Suidoos-Asië, of die Indiese subkontinent.”

Diegene wat hulself identifiseer as óf slegs Asiaties of gemeng Asiatiese [met ‘n ander ras] het met minstens 30 persent oral in die VSA toegeneem behalwe in Hawaii, waar hulle reeds ‘n meerderheid van die bevolking is.

State met die vinnigste koers van Asiatiese groei is Nevada (116%), Arizona (95 persent) en Noord-Carolina (85 persent).

New York het die grootste Asiatiese bevolking met 1,1 miljoen, gevolg deur Los Angeles (484,000) en San Jose, Kalifornië (327,000).

Chinese is die grootste van alle Asiatiese groepe (vier miljoen, waaronder 700,000 wat geïdentifiseer word as gemengde ras), gevolg deur die Filippyne (3,4 miljoen) en Asiatiese Indiërs (3,2 miljoen).

Asiatiese immigrante is meer geneig as ander immigrante om genaturaliseerde burgers van die VSA te word. Verlede jaar het 251.598 Asiaties-gebore immigrante burgerskap deur naturalisasie verkry.

Die meerderheid is vroulik en meer as die helfte beskik oor ten minste ‘n BA-graad as hulle 25 jaar of ouer is. Byna 60% van alle immigrante medici is Asiate.

Dis ook die immigrantegroep wat die minste geneig is om in armoede te leef.

topcargo отзыв

Michelle Obama bloos oor De Niro se rassistiese grap

Die akteur Robert de Niro het om verskoning gevra oor ‘n rassistiese grap by ‘n presidensiële geldinsameling wat hy met Michelle Obama gedeel het oor ‘n “wit presidentsvrou” ná die Amerikaanse verkiesing.

Die Oscar-bekroonde ster van “The Godfather” en “Raging Bull” sê hy het geen bybedoeling met die opmerking oor die vroue van die Republikeinse presidensiële aanspraakmakers Newt Gingrich, Rick Santorum en Mitt Romney gehad nie.

“My opmerkings, hoewel as ‘n satiriese grap bedoel, was nie om aanstoot te gee of iemand in die verleentheid te stel nie – veral nie die eerste dame nie,” het De Niro in ‘n verklaring gesê.

Obama se veldtogwoordvoerder, Olivia Alair, het die grap “onvanpas” genoem.

Die akteur het Maandagaand in New York ‘n geldinsamelingsgeleentheid vir die herverkiesing van pres. Barack Obama bygewoon.

De Niro het begin deur die vroue van Republikeinse presidentskandidate te noem. “Callista Gingrich, Karen Santorum, Ann Romney. Dink julle rêrig ons land is gereed vir ‘n wit presidentsvrou?”

Die skare van skenkers voor hom het geskater van die lag, maar De Niro het toe bygevoeg: “Te vroeg, reg?”

Newt Gingrich het die opmerkings onverskoonbaar en verdelend genoem. Michelle Obama se kantoor het gesê die grap was “onvanpas.”

Александр Фильчаков Васильевич

Franse skieter uitgerook

Die Franse polisie het laat Woensdag ‘n aanval geloods op ‘n woonstel waar die vermeende moordenaar van sewe mense in die naam van Al-Kaida geskuil het, het amptenare gesê.

Drie harde ontploffings is gehoor in die suidwestelike stad Toulouse net voor middernag, het ‘n polisie-bron gesê.

“Ek bevestig dat die aaval begin het,” het ‘n polisie-bron aan Reuters gesê. Die adjunk-burgemeester van Toulouse, Jean-Pierre Havrin, het ook bevestig dat die onderhandelinge geëindig het en die aanval begin het.

Die polisie het probeer om eers die 24-jaar-oue Mohammed Merah te oorreed om oor te gee, nadat hy deur die deur op hulle geskiet het.

Merah is deur Frankryk se elitekommando RAID in sy skuilplek omsingel.

Polisieversterkings het daarna op die toneel aangekom en owerhede het straatligte in die straat afgeskakel, ‘n gewisse teken dat optrede beplan word.

“Dit sal nie vir dae aanhou nie, as gevolg van fisiese en geestelike moegheid. Al die ervaring met waansinnige gewapende mans soos hierdie is dat hulle op ‘n sekere punt stop,” het die minister van verdediging, Gerard Longuet op TF1 televisie gesê.

“Wat ons wil hê, is om hom lewendig te vang, sodat ons hom voor die reg kan daag, weet wat sy motiverings is en hopelik uitvind wie sy makkers is, indien daar enige is,” het hy bygevoeg.

Merah, wat aan die polisie-onderhandelaars gesê het hy is opgelei deur Al-Kaida op die grens van Pakistan, het gesê hy het drie Franse soldate doodgemaak verlede week en vier mense by ‘n Joodse skool in Toulouse Maandag, om die dood van Palestynse kinders te wreek en as gevolg van die Franse leër se betrokkenheid in Afghanistan.

‘n Franse burger van Algerynse oorsprong, het Merah gespog dat hy die land op sy knieë gebring het en sê sy enigste spyt is dat hy nie in staat was om sy planne vir meer moorde uit te voer nie.

“Hy het geen berou nie, behalwe dat hy nie meer mense doodgemaak het nie en hy spog dat hy Frankryk op sy knieë gebring het,” het ‘n aanklaer, Francois Molins, wat deel is van die anti-terrorisme-eenheid wat die ondersoek lei, tydens ‘n nuuskonferensie gesê.

Merah het reeds nog ‘n soldaat en twee polisiebeamptes geïdentifiseer wat hy wou doodmaak, het Molins gesê.

“Hy het verduidelik dat hy nie selfmoord wil pleeg nie, dat hy nie die siel van ‘n martelaar het nie en dat hy verkies om dood te maak, maar om self te bly lewe,” sê die aanklaer.

Vroeër, tydens ‘n seremonie by leërbarakke in Montauban, naby Toulouse, het president Nicolas Sarkozy hulde gebring aan die drie soldate wat vermoor is. ‘n Vierde soldaat is steeds in ‘n koma.

“‘n Franse soldaat ken die dood en weet dat dit hom in die gesig staar. Maar…dit was nie ‘n dood op die slagveld nie, maar ‘n terroriste-aanslag,” het hy gesê, voor die drie kiste waaroor die Franse driekleur gedrapeer was.

Die regse Marine Le Pen, ‘n mededinger vir die presidensiële kandidaatskap, het gesê Frankryk neem nie die oorlog teen Islamitiese fundamentalisme ernstig genoeg op nie.

Maar die leiers van die Joodse en Moslem-gemeenskappe het gesê die aanvaller was ‘n eensame ekstremistis en het ‘n oproep om kalmte en eenheid gedoen.

Sarkozy se hantering van die krisis kan ‘n deurslaggewende faktor in presidensiële verkiesing in April en Mei wees.

Immigrasie en Islam is die twee groot temas van Sarkozy en Le Pen, terwyl Hollande, die linkse kandidaat, ‘n anti-EU-veldtog voer om Moslemstemme te probeer wen.

Frankryk se militêre teenwoordigheid in Afghanistan verdeel ook die twee hoofkandidate in die verkiesing. Hollande het gesê hy sal hulle teen die einde van hierdie jaar laat onttrek, terwyl Sarkozy die einde van 2013 in die oog het.

Minister van binnelandse sake, Claude Gueant, het gesê die polisie het die IP-adres wat Merah gebruik het, geïdentifiseer want hy was reeds onder verdenking vir Islamitiese oortuigings. Merah wou ook die GPS van die YamahaTmax-motorfiets deur ‘n handelaar laat verwyder. Die handelaar het die polisie gekontak.

“Ons het geweet, en dit is waarom hy dopgehou is, dat hy na Afghanistan en Pakistan gereis het,” het die minister gesê.

Merah se broer Abdelkader (27) is ook gevang. Hy word daarvan verdink dat hy ‘n netwerk van insurgente na Irak bedryf het, en dat hy kandidate gewerf en oorgestuur het.

Plofstof is in die broer se motor gevind. Drie polisielede is tydens die skermutseling gewond.

Merah se prokureur, Christian Etelin, wat hom in verskeie klein misdade verdedig het, het gesê sy kliënt het ‘n neiging tot geweld gehad ná ‘n verblyf in die tronk en reise na Afghanistan en Pakistan wat dit vererger het.

“Daar was sy godsdienstige betrokkenheid, ‘n toenemende haat teen die waardes van ‘n demokratiese samelewing en ‘n begeerte om daarteen op te tree.”

Die minister, Gueant, kon vroeër nie bevestig of Merah dood of lewendig is nie. Dit blyk dat die terroris by die woonstel se venster uitgespring het na sy dood.

Die Joodse slagoffers van die Ozar Hatorah-skool is Woensdag in ‘n aandoenlike seremonie in Jerusalem begrawe.

Leopoldt Scholtz het in Beeld sy linkse teorie van wit rassisme en “onverdraagsaamheid” weer afgestof in ‘n artikel waarin hy suggereer dat “ver-regses” soos Breivik vir die voorval in Toulouse verantwoordelik sou wees.

лобановский александр

Menseregtedag met oproer en stygende verwagtinge gevier

Sewentig mense in Sharpeville is in hegtenis geneem in die suide van Gauteng tydens oproerige protes, het polisie Woensdag gesê. Die Suid-Afrikaanse vlag is ook verbrand tydens die oproer.

“Betogers het na bewering by ‘n USave winkel en ‘n Boxer Supermark ingebreek en kruideniersware geplunder,” het adjudant-offisier Aubrey Moopeloa gesê.

Hulle sal binnekort in die Vereeningse landdroshof verskyn.

Sharpeville-inwoners het bande Dinsdag aan die brand gesteek en betoog omdat Menseregtevieringe in Kliptown, Soweto gehou is.

Menseregtedag was voorheen bekend as Sharpevilledag om die dood van 69 swart betogers wat deur die polisie geskiet is in 1960, te herdenk.

Gauteng se provinsiale polisiewoordvoerder Lt-Kol Lungelo Dlamini het gesê die betogings in Sharpeville en Kya Sands het Woensdag geëindig.

“Skares in Kya Sands se informele nedersetting het om 11:00 verdaag,” het Lt-kol Lungelo Dlamini gesê.

Sowat 150 inwoners van Kya Sands het vroeër Woensdag oor dienslewering oproerig geraak.

Dlamini het gesê sommige paaie in Sharpeville is steeds geblokkeer agv aan die rotse wat deur woedende inwoners uitgepak is.

In Khayelitsha is ‘n optog van 2000 kinders gehou teen ongelyke onderwys.

Yoliswa Dwane, woordvoerder van EE (Equal Education) sê: “Sonder gehalte en gelyke onderwys in Suid-Afrika is die toekoms donker.” Dwane het gevra vir ‘n “eenvormige standaard regoor die land vir skool-infrastruktuur in Suid-Afrika se onderwysstelsel” om “historiese ongelykhede” uit te wis.

Die oproep om gelyke onderwys word deur die DA gedryf. Helen Zille, DA-leier, het ook aan die optog deelgeneem.

Dwane het gesê skoolinfrastruktuur is ‘n belangrike komponent van ‘n basiese opvoeding. “Op die oomblik skole het skole nie biblioteke, effektiewe sanitasiefasiliteite, goed toegeruste laboratoriums of selfs veilig klaskamers nie.” Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het self erken dat skool-infrastruktuur, veral in landelike gebiede, in ‘n haglike toestand is.

Byna 3600 skole het nie elektrisiteit nie. In KZN alleen is meer as 600 skole met geen toiletgeriewe nie; 92% van die skole het nie ‘n werkende biblioteek nie en in die Oos-Kaap is daar glo nog 395 modderskole.

прокурор Фильчаков

DA-oproep lei tot hoër misdadigheid

Die DA se oproep om protes teen swak dienslewering, is waarskynlik besig om diewe ‘n verskoning te gee om te plunder en om Suid-Afrika toenemend onregeerbaar te maak.

Misdadigers was blykbaar die bron van ‘n “satanistiese” gerug by die Lewende Water Kerk in Evaton, suid van Gauteng, het polisie Donderdag gesê.

“Terwyl ons besig was met die onrus by die Lewende Water Kerk, is twee supermarkte en ten minste ses buitelandse handelaars geplunder,” het polisiewoordvoerder konst. Tshifhiwa Mitileni gesê.

Die misdade en die gepaardgaande gewelddadige betogings, wat reeds sedert Dinsdag voortduur, het Evaton tot in die “rooi” laat styg om dit ‘n hoë misdaadsone te maak, het hy bygevoeg.

Die Evatonprotes is veroorsaak deur ‘n gerug dat die kerk satanities is en dat kinders ontvoer word deur kerkleiers.

Mitileni het gesê daar was nog nooit enige klagte oor die kerk voorheen nie en die polisie is verbaas deur die protes.

“As dit die geval was hoekom het niemand nog ooit ‘n klag ons oor kinders wat verdwyn gelê nie?”

Die 1000-sterk skare betogers was ook nie almal van Evaton nie, maar het van omliggende gebiede aangesluit.

“Daar is iets anders aan die skadukant hiervan, en ons sal uitvind wat dit is,” het hy gesê.

Dinsdag is agt mense in hegtenis geneem. Daar was meer arrestasies, maar die presiese aantal arrestasies kon Donderdag nie bevestig word nie.

“Vandag is mense terug om te gaan werk en die situasie is stiller,” het Mitileni gesê.

topcargo отзыв

‘Wit rassistiese party’

Die ANC het Woensdag sy woede te kenne gegee oor ‘n opmerking wat Helen Zille, DA-leier, gemaak het waarin sy na Oos-Kaapse leerlinge wat na die Wes-Kaap stroom vir ‘n beter opvoeding as “vlugtelinge” verwys het.

“Die ANC is reg bewys deur Helen Zille se stelling,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê.

“Dit was tipies van die destydse apartheidregering se mentaliteit wat maatreëls in plek gestel het om swart mense daarvan te weerhou om na die sogenaamde wit gebiede te beweeg.”

Mthembu het gesê die stelling is “rassisties” en moet nie geduld word nie.

Die DA-leier se opmerking het Dinsdag ‘n bekgeveg op Twitter ontketen, omdat baie volgelinge ontsteld was oor haar gebruik van die woord “vlugteling”.

Zille het haarself egter voortdurend verdedig.

Haar stelling het verwys na rassespanning in Grabouw oor oorbevolking by ‘n plaaslike skool.

Die DA het die blaam verskuif na die departement van openbare werke se voortdurende vertraging wat die goedkeur betref van alternatiewe grond om skoolgeboue in die gebied te bou.

“Zille se rassistiese stelling bewys die DA se beleid van uitsluiting van swartes,” het Jackson gesê.

“Sy sal nooit dieselfde ding sê oor wittes wat van ‘n ander gebied in die land na die Wes-Kaap trek, of selfs mense wat van ander lande na die Wes-Kaap trek nie.

“Om Suid-Afrikaners wat vrye beweging in hul eie land het as vlugtelinge te beskryf, is dieselfde as om hulle as buitelanders te etiketteer,” het Mthembu gesê.

Toe sy Dinsdag deur ‘n Twitter-gebruiker gevra is om ‘n “vlugteling” te definieer, het Zille geantwoord: “Vlugtelinge is mense wat moet ontsnap omdat hulle regte geskend word. Dit beskryf Oos-Kaapse leerlinge presies.”

Mthembu het gesê die DA beskou swartes as nuttige stemvee om verkiesings mee te wen en niks anders nie.

“Ons doen ‘n beroep op alle swart DA-lede om die DA te sien vir wat dit is – ‘n wit, rassistiese party,” het hy gesê.

“Ons doen ook ‘n beroep op al daardie swartes wat in die leierskapstrukture van die DA is vir uiterlike vertoon om uit die DA te bedank.”

Фильчаков прокуратура харьков

Romney die gunsteling

Met ‘n stewige oorwinning in die voorverkiesing in die Amerikaanse deelstaat Illinois Dinsdag het Mitt Romney feitlik verseker dat hy die Republikeinse Party (RP) se kandidaat sal wees vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing wat vroeg in November plaasvind. Sodoende kan hy geskiedenis maak deur die eerste Mormoon te wees wat ‘n kans het om president van die VSA te word.

Romney het weliswaar sy naaste teenstander Rick Santorum met meer as 10 persentasiepunte in Illinois geklop, maar kon nog nie daarin slaag om meer as 50 persent van die koukusstemme op hom te verenig nie. Hy het 47% van die stemme gekry teenoor Santorum se 35%, Ron Paul se 9 en Newt Gingrich se agt.

Hiermee het hy 41 van die staat se 54 afgevaardigdes na die Republikeine se benoemingskongres ingepalm om sy totaal op 562 te staan te bring – feitlik die helfte van die vereiste 1144 afgevaardigdes wat nodig is om benoeming te verseker. In meningspeilings loop hy ook voor sy teenstanders en hy behoort veral oor sowat ‘n maand in groot state soos New York, Texas en Kalifornië goed te vaar en groot getalle afgevaardigdes agter hom geskaar te kry.

Maar Rick Santorum weier om neerlaag te erken hoewel hy tot dusver slegs 249 afgevaardigdes kon bekom en Gingrich en Paul (onderskeidelik 137 en 71 afgevaardigdes) glo blykbaar ook dat hulle dalk nog iets in die volgende drie maande kan verrig voor die RP se benoemingskonvensie op 24 Augustus.

Woensdag het Romney egter nog ‘n groot hupstoot gekry toe Jeb Bush, seun van George en vroeër vanjaar een van die potensiële kandidate, sy gewig agter Romney ingegooi het en gepleit het vir eenheid en samehorigheid in die party.

Dit was bra betyds want daar was aanduidings dat die stryd tussen die vier Republikeinse aanspraakmakers besig was om lelik te word. John McCain, wat vier jaar gelede die verkiesing teen Obama verloor het, het juis die afgelope week gewaarsku dat die negatiewe aanvalle op mekaar besig is om die party se aansien te skaad.

Die probleem is dat daar ‘n groot deel van die party is wat allesbehalwe gelukkig is dat ‘n Mormoon hulle kandidaat kan word. Veral die sterk evangelistiese partylede in die berugte “Bible Belt” het eintlik ‘n aartskonserwatiewe soos Gingrich verkies, maar sy taamlik skokkende verlede van twee egskeidings op grond van sy buitehuwelikse manewales, het hom gou uit die veldtog geskuif. Die vierde man, Ron Paul, word nie as konserwatief genoeg gesien nie en sy ouderdom van 76 tel ook sterk teen hom.

Santorum word as baie konserwatief beskou, maar die feit dat hy ‘n Katoliek is tel weer teen hom by die WASPS – die White Anglo-Saxon Protestants – en dus die evangelisasie fundamentaliste en behoudenes. Sy goeie vertoning in die afgelope paar voorverkiesings moet egter gesien word as wyer steun vir sy uitgesproke teenstand teen homoseksuele huwelike, aborsieklinieke en Spaanssprekende immigrante en sy openlike steun vir die insluiting van kreasionisme en Intelligente Ontwerp in skoolleerplanne naas die konsep van evolusie.

Die Republikeine se probleem is dat hulle eintlik ‘n kandidaat nodig het wat nie alleen alle Republikeinse stemme op hom sal verenig nie, maar ‘n beduidende deel van die onsekere kiesers en selfs ‘n deel van die konserwatiewe vleuel van die Demokratiese Party sal kan trek om Obama te klop. En dit gaan nie maklik wees nie.

Soos dit is, gebruik Obama en sy adviseurs die huidige verdeeldheid in die RP baie goed en volgens een meningspeiling die afgelope paar dae loop hy in hierdie stadium met sowat vyf presentasiepunte voor teen wie ook al die RP se kandidaat is. Ander opnames soos die betroubare Rasmussen-peilings meen egter dat dit wil voorkom of dit ‘n baie gelykop stryd gaan wees.

Maar in ‘n land waar geld ‘n groot rol speel in verskiesings, is pas berig dat Obama reeds meer verkiesingsfondse bymekaar gemaak het as al die RP kandidate saam – en die sterk linkse media werk hard om Obama herkies te kry.

Hoe ongewild Obama ook al by baie mense in en buite die VSA mag wees, die kanse is daar dat hy weer die verkiesing vroeg in November gaan wen.

Фильчаков прокурор отзывы

Hoe ewolusie die dood van swartes veroorsaak

Blykbaar is evolusie nie ‘n onderwerp wat alle swart studente aanstaan nie.

‘n Niksvermoedende Japannese professor by ‘n Amerikaanse universiteit was rustig besig om die gedrag van poue te bespreek, toe hy skielik onderbreek is.

Terwyl hy verduidelik hoe seleksie werk en hoe die wyfiepou ‘n mannetjie verkies met groter vere, vra die swart student in die voorste ry skielik hoe ewolusie ‘n rol gespeel het om swartes se dood te veroorsaak.

Dr Kajiura, die leerkrag, probeer om haar vraag te beantwoord, selfs al het hy geen idee waarvan sy praat nie. Sy herhaal haar vraag 4 na 5 keer om die proffie onder die indruk te bring dat hy nie haar vraag na wense beantwoord nie.

Kennelik was die bespreking van die poue die katalisator vir een of ander diepgesetelde minderwaardigheidsgevoel by die swart vrou.

Deur ewolusie verantwoordelik te hou vir swartes se agterstand, het sy waarskynlik gehoop om die morele hoëgrond te bereik, aangesien die argument dat omstandighede buite hul eie beheer swartes striem meermale met sukses gevoer word.

Sy is ongelukkig hardhandig deur kampussekuriteit uit die klas verwyder voordat sy haar leerkrag of medestudente kon oorreed van haar “geldige” vraag.

Александр Фильчаков