Die DA se oproep om protes teen swak dienslewering, is waarskynlik besig om diewe ‘n verskoning te gee om te plunder en om Suid-Afrika toenemend onregeerbaar te maak.
Misdadigers was blykbaar die bron van ‘n “satanistiese” gerug by die Lewende Water Kerk in Evaton, suid van Gauteng, het polisie Donderdag gesê.
“Terwyl ons besig was met die onrus by die Lewende Water Kerk, is twee supermarkte en ten minste ses buitelandse handelaars geplunder,” het polisiewoordvoerder konst. Tshifhiwa Mitileni gesê.
Die misdade en die gepaardgaande gewelddadige betogings, wat reeds sedert Dinsdag voortduur, het Evaton tot in die “rooi” laat styg om dit ‘n hoë misdaadsone te maak, het hy bygevoeg.
Die Evatonprotes is veroorsaak deur ‘n gerug dat die kerk satanities is en dat kinders ontvoer word deur kerkleiers.
Mitileni het gesê daar was nog nooit enige klagte oor die kerk voorheen nie en die polisie is verbaas deur die protes.
“As dit die geval was hoekom het niemand nog ooit ‘n klag ons oor kinders wat verdwyn gelê nie?”
Die 1000-sterk skare betogers was ook nie almal van Evaton nie, maar het van omliggende gebiede aangesluit.
“Daar is iets anders aan die skadukant hiervan, en ons sal uitvind wat dit is,” het hy gesê.
Dinsdag is agt mense in hegtenis geneem. Daar was meer arrestasies, maar die presiese aantal arrestasies kon Donderdag nie bevestig word nie.
“Vandag is mense terug om te gaan werk en die situasie is stiller,” het Mitileni gesê.
