Menseregtedag met oproer en stygende verwagtinge gevier

Sewentig mense in Sharpeville is in hegtenis geneem in die suide van Gauteng tydens oproerige protes, het polisie Woensdag gesê. Die Suid-Afrikaanse vlag is ook verbrand tydens die oproer.

“Betogers het na bewering by ‘n USave winkel en ‘n Boxer Supermark ingebreek en kruideniersware geplunder,” het adjudant-offisier Aubrey Moopeloa gesê.

Hulle sal binnekort in die Vereeningse landdroshof verskyn.

Sharpeville-inwoners het bande Dinsdag aan die brand gesteek en betoog omdat Menseregtevieringe in Kliptown, Soweto gehou is.

Menseregtedag was voorheen bekend as Sharpevilledag om die dood van 69 swart betogers wat deur die polisie geskiet is in 1960, te herdenk.

Gauteng se provinsiale polisiewoordvoerder Lt-Kol Lungelo Dlamini het gesê die betogings in Sharpeville en Kya Sands het Woensdag geëindig.

“Skares in Kya Sands se informele nedersetting het om 11:00 verdaag,” het Lt-kol Lungelo Dlamini gesê.

Sowat 150 inwoners van Kya Sands het vroeër Woensdag oor dienslewering oproerig geraak.

Dlamini het gesê sommige paaie in Sharpeville is steeds geblokkeer agv aan die rotse wat deur woedende inwoners uitgepak is.

In Khayelitsha is ‘n optog van 2000 kinders gehou teen ongelyke onderwys.

Yoliswa Dwane, woordvoerder van EE (Equal Education) sê: “Sonder gehalte en gelyke onderwys in Suid-Afrika is die toekoms donker.” Dwane het gevra vir ‘n “eenvormige standaard regoor die land vir skool-infrastruktuur in Suid-Afrika se onderwysstelsel” om “historiese ongelykhede” uit te wis.

Die oproep om gelyke onderwys word deur die DA gedryf. Helen Zille, DA-leier, het ook aan die optog deelgeneem.

Dwane het gesê skoolinfrastruktuur is ‘n belangrike komponent van ‘n basiese opvoeding. “Op die oomblik skole het skole nie biblioteke, effektiewe sanitasiefasiliteite, goed toegeruste laboratoriums of selfs veilig klaskamers nie.” Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het self erken dat skool-infrastruktuur, veral in landelike gebiede, in ‘n haglike toestand is.

Byna 3600 skole het nie elektrisiteit nie. In KZN alleen is meer as 600 skole met geen toiletgeriewe nie; 92% van die skole het nie ‘n werkende biblioteek nie en in die Oos-Kaap is daar glo nog 395 modderskole.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae