As deel van ‘n voortdurende analise van die data van die 2010-sensus, het die federale agentskap gesê diegene wat hulself geïdentifiseer het as slegs Asiaties, en nie gemengde ras nie, het met 43,3 persent van ‘n dekade vroeër toegeneem.
Dit is meer as vier keer vinniger as die tempo van groei vir die totale Amerikaanse bevolking, wat met 9,7 persent gegroei het in dieselfde tydperk.
Sowat 14,7 miljoen mense, of 4,8 persent van die totale bevolking, identifiseer hulself as slegs Asiaties. Nog 2,6 miljoen, of 0,9%, het gesê hulle is gemeng Asiaties met ‘n ander rassegroep, oor die algemeen wit.
“Internasionale migrasie is die grootste komponent van die verandering in die Asiatiese bevolking,” het Elizabeth Hoeffel, ‘n statistikus in die Sensusburo, aan verslaggewers gesê.
Vir statistiese doeleindes, definieer die Verenigde State van Amerika ‘n Asiaat as iemand met ‘n “oorsprong in enige van die oorspronklike volke van die Verre-Ooste, Suidoos-Asië, of die Indiese subkontinent.”
Diegene wat hulself identifiseer as óf slegs Asiaties of gemeng Asiatiese [met ‘n ander ras] het met minstens 30 persent oral in die VSA toegeneem behalwe in Hawaii, waar hulle reeds ‘n meerderheid van die bevolking is.
State met die vinnigste koers van Asiatiese groei is Nevada (116%), Arizona (95 persent) en Noord-Carolina (85 persent).
New York het die grootste Asiatiese bevolking met 1,1 miljoen, gevolg deur Los Angeles (484,000) en San Jose, Kalifornië (327,000).
Chinese is die grootste van alle Asiatiese groepe (vier miljoen, waaronder 700,000 wat geïdentifiseer word as gemengde ras), gevolg deur die Filippyne (3,4 miljoen) en Asiatiese Indiërs (3,2 miljoen).
Asiatiese immigrante is meer geneig as ander immigrante om genaturaliseerde burgers van die VSA te word. Verlede jaar het 251.598 Asiaties-gebore immigrante burgerskap deur naturalisasie verkry.
Die meerderheid is vroulik en meer as die helfte beskik oor ten minste ‘n BA-graad as hulle 25 jaar of ouer is. Byna 60% van alle immigrante medici is Asiate.
Dis ook die immigrantegroep wat die minste geneig is om in armoede te leef.
