Ons Olimpiese span

Namens die Vryheidsfront Plus baie geluk aan ons Olimpiese span met hulle prestasies. Hoe vergelyk ‘n mens die verskillende lande se hoeveelheid medaljes met mekaar? Die grootte van ‘n land se bevolking, en daarom ook die grootte van sy Olimpiese span moet sekerlik in berekening gebring word as jy vergelykings wil tref. Praat nie eers oor die hoeveelheid geld wat van hierdie groot lande op die voorbereiding van hulle Olimpiese deelnemers spandeer nie.

Amerika kies ‘n Olimpiese span uit 300 miljoen inwoners. China kies die beste atlete uit 1300 miljoen teenoor Suid-Afrika se 50 miljoen. As byvoorbeeld die totale hoeveelheid medaljes van China per capita van die bevolking bereken word, dan het China 74ste en nie tweede geëindig nie. Uit meer as 200 lande het Suid-Afrika 24ste gekom en was ons die beste span in Afrika. Dit is ‘n besondere prestasie en wil ons hulle graag gelukwens.

Soos in ‘n groot familie het elkeen in Suid-Afrika gedeel in die prestasies van elke wenner wat ‘n medalje verower het. Onthou, Oorwinning het baie vaders, maar nederlaag is ‘n weeskind.

Vra maar vir Bafana-Bafana wat lanklaas internasionaal goed gewen het. As ons een sportfamilie in Suid-Afrika is, dan is Bafana-Bafana soos daardie broer van die familie wat in die tronk is. Jy hou nog van hom, maar jy praat net nie meer so baie met ander mense oor hom nie!

Springbokrugby het die naweek ook maar teen Argentinië gesukkel en gelykop gespeel. Gelykop is nie opwindend nie – die rugbyspelers sê dit is soos om jou suster te soen.

Dankie vir die Olimpiese medaljewenners wat ons laat goed voel het. Nou moet die ministerie van sport en die sportadministrateurs mooi na hierdie atlete kyk. Ons moet baie meer geld spandeer om hulle vir die volgende spele voor te berei en om hulle vir Suid-Afrika te behou. Ons kan nie bekostig om soos in byvoorbeeld krieket, van ons beste spelers te verloor nie. Tans speel talle Suid-Afrikaners vir byvoorbeeld Brittanje/United Kingdom krieket teen ons. Gelukkig het ons die onlangse kriekettoetsreeks gewen. Ek het toe die volgende boodskap aan my Britse kennisse gestuur. “We won the cricket test series against you because our South Africans were better than your South Africans! Mag dit nie met ons Olimpiese span gebeur nie.

Vandag, (28 Augustus 1983) presies 29 jaar gelede, het Sydney Maree, die wêreldrekord in die 1500 meter in Keulen (Cologne) gebreek. In 1981 is hy aangewys as Suid-Afrika se atleet van die jaar. Ek wil vandag ook hulde bring aan almal wat in die verlede soos Sydney presteer het, en waarop hierdie span hulle prestasies kon bou.

Aan die lede van die span wat nie medaljes gewen het nie, onthou dat daar ‘n baie groot verskil is tussen: Ek is ‘n mislukking en ek het drie keer misluk. Na honderd mislukkings kan jy nog steeds ‘n groot sukses maak. Mohammed Ali, wêreldbokskampioen het gesê: Remember, a heavyweight match is 15 rounds. If you lose a few rounds, or even get knocked down, it doesn’t matter as long as you get up and eventually win. The same in life. The ability to consistently rebound from setbacks and disappointments is the mark of a champion.”

Фильчаков Александр Васильевич

Twee skole smelt saam om Afrikaans te red

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die besluit van twee hoërskole in die Vaaldriehoek in Gauteng om saam te smelt ter wille van die behoud en voortbestaan van Afrikaans.

Die beoogde samesmelting van die Hoër Tegniese Skool, Vereeniging en Hoërskool Vereeniging om die nuwe Vereeniging Gimnasium in 2013 te vorm, kan as voorbeeld dien van wat vermag kan word indien alle rolspelers pro-aktief optree, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng.

Dit bly egter jammer dat tradisie as deel van kultuurerfenis, in die slag bly maar ons leef vandag in ‘n omgewing waar swak beplanning deur die departemente vir Onderwys en ook Infrastruktuur en Ontwikkeling, ‘n Afrikaanse skool met dalende getalle, met onderrig in Engels sal konfronteer en die taalstatus van die skool uiteindelik in die slag bly, het Mulder gesê.

Mulder het ‘n beroep op skole in Gauteng gedoen wat in soortgelyke omstandighede verkeer, om voortydig met konstruktiewe onderhandeling pro-aktiewe stappe te oorweeg om uiteindelik Afrikaans as onderrigtaal in elke gemeenskap te verseker.

Die VF Plus veg vir jare reeds onbeskaamd vir Afrikaans in die Gauteng Wetgewer en sal skole in dié verband bystaan.

Лобановский

Oproer slaan oral uit

Honderde inwoners van Petanenge buite Tzaneen in Limpopo is gestrand gelaat nadat betogers die paaie na die dorpie met brandende motorbande en klippe versper het.

Woendende inwoners het gisternag oproerig geraak en eis dat die Mopani Distriksmunisipaliteit hulle van water voorsien. Inwoners sê die munisipaliteit het hulle in die steek gelaat. Leerders word ook weens die onrus geraak en is sonder vervoer.

Inwoners sê die munisipaliteit het hulle beloof dat waterpype op die 15de Augustus aangelê sou word. Hulle is ook woedend omdat die naburige Nkowa-nkowa township water en basiese dienste het.

‘n Wit man – een van praag.co.za se gereelde lesers – wat opgraderingswerk vir ‘n groot instansie in die Vrystaat doen het met sy lewe daarvan afgekom toe hy noodgedwonge Maandag deur ‘n onrusgeteisterde gebied moes reis.

Hy was op pad na Rosendal en moes deur Clocolan ry maar was totaal onbewus dat daar op Clocolan groot betogings aan die gang was.

Geen padblokades is opgerig om motoriste te waarsku nie. Die man is onverwags deur brandende bande en rotse oral in die pad vir omtrent ‘n halwe kilometer begroet. Sy voertuie is beskadig in die proses.

Geen polisie was in sig nie. Die polisiebeamptes wat hy eers ‘n kilometer verder teëgekom het, was verbaas dat hy lewend uit die oproer gekom het.

Volgens die man het die teenwoordigheid van sy swart werkers waarskynlik sy lewe gered. “Ek was saam met my drie swartes wat vir my werk, en dit was toe blykbaar my redding gewees.”

лобановский александр отзывы

Zille dreig NRO Rape Crisis

Dat Helen Zille smag na swart steun, is gewis. Sy het selfs befondsing vir die NRO Rape Crisis gestaak, die voorsitter Helen Moffat gedreig en gesê sy moet “in haar spoor trap”.

Moffat se organisasie het onder meer die kulturele vooroordele wat met verkragting gepaardgaan belig.

Suid-Afrika is na bewering die verkragtingsentrum van die wêreld. Volgens die Crime Information Management Centre van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is 52 160 gevalle van verkragting aangemeld in 1997. Dit weerspieël ‘n toename van 10 000 gevalle sedert 1994.

Ongelukkig, volgens POWA is hierdie ontstellende syfers net 2,8% van verkragtings wat in Suid-Afrika jaarliks voorkom​​. Indien 52 000 verkragtings gerapporteer slegs 2,8% van die werklike verkragtings weerspieël, beteken dit dat eintlik meer as een miljoen verkragtings plaasvind in Suid-Afrika jaarliks​​.

Rape Crisis moet personeel aflê en die meeste van sy bedrywighede na 35 jaar sluit. Die premier van die Wes-Kaap het egter haar skouers opgehaal toe sy genader is met: “Trap in jou spoor – daar is duisende van die NGO’s desperaat vir befondsing, almal ewe behoeftig.”

 

Олександр Васильович Фільчаков

Moslemparty wil Tony Blair in Johannesburg arresteer, betoog

Die Moslem- poltieke party Al Jama-aa beplan ‘n betoging teen die vorige Britse eerste minister Tony Blair as hy in Johannesburg kom praat, het die party Maandag verklaar.

“Die betoging word gehou ter ondersteuning van die lasbrief vir sy inhegtenisname vir misdade teen die mensdom wat verband hou met die inval in Irak wat tot die dood van miljoene Irakiërs gelei het,” meen die voorsitter van Al Jama-aa, Ganief Hendricks.

Blair is een van die sprekers by die Discovery-leierskapsberaad by die Sandton-konvensiesentrum wat Donderdag gehou word. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en die skaakgrootmeester en politieke aktivis Gari Kasparof sal ook na verwagting toesprake lewer.

Hendricks het gesê die stad Johannesburg laat die party toe om met die betoging voort te gaan.

“Daar word gehoop dat een of meer van die betogers dit sal regkry om ‘n burgerlike inhegtenisname op Tony Blair te doen en hom in die tronk te kry sodat hy aan Den Haag vir verhoor uitgelewer kan word.”

Die webwerf arrestblair.org bied geldelike belonings aan mense wat probeer om ‘n burgerlike inhegtenisname op Blair vir sy beweerde misdade teen die mensdom uit te voer.

Pogings om hom te arresteer is in China aangewend, buiten die Chilcot-ondersoek na die Irakoorlog en die Europese parlement, asook in Dublin, Ierland.

Hendricks sê Al Jama-aa gaan ook Vrydag na die Burmese ambassade in Pretoria opruk om teen “die etniese reiniging van Moslems” in daardie land beswaar te maak.

“Moslems word elke dag vermoor [en] die meeste van hulle [is] vroue, kinders en oumense,” het hy gesê.

“Ons moenie die krag van doea [gebed] vergeet en betogings wat ‘n [vorm van] doea [gebed] op sigself is nie. Die ambassades van lande wie se regerings Moslems doodmaak moenie verwag om geen beswaar in Suid-Afrika teë te kom nie.”

Александр Фильчаков

Republikeine verwelkom Paul Ryan se swart vriendin

Romney se genomineerde vise-presidentskandidaat Paul Ryan se kommentaar dat hy ‘n swart vrou as vriendin gehad het op universiteit, het ‘n nuwe wending aan die Amerikaanse presidentsresies gegee.

Vergelykings met die onlangse onthullings oor hoe President Obama sy eie interrassige (lees wit) vriendinne beskryf het, is natuurlik onvermydelik.

Alhoewel baie Amerikaners kongreslid Ryan se liefdeslewe as oninteressant beskou, word Ryan se beleid deur sommige as nadelig vir die Afro-Amerikaanse gemeenskap gesien, en dus is sy eertydse swart liefde van belang.

Tot dusver het Ryan nie enige verdere kommentaar oor die geheimsinnige swart meisie gelewer nie, maar sy veldtogbestuur het die juistheid van die interrassige verhouding bevestig.

‘n Rubriekskrywer John Chatz, wat wit is en getroud met ‘n swart vrou, sê Ryan het nuwe respek en ‘n ander blik vir die minderheidskieser gegee. Maar dit kan ook ‘n negatiewe nuus wees “in sommige van Chicago se mees bekende, wit, onverdraagsame buurte.”

“Politieke ontleders mag wonder hoe Ryan hierdie verhouding sal gebruik om homself te bevorder of om homself meer geloofwaardig te maak,” skryf Chatz. “Ryan posisioneer homself op ‘n manier om verby die ‘ek-het-swart-vriende-kategorie’ te beweeg en openbaar ‘n wêreld waar min mense sou waag om in te tree.”

Dit was Keli Goss, ‘n politieke verslaggewer van die swart-sentriese Root-webwerf, wie se opstel, “Maak Paul Ryan se swart eksvriendin saak?” die debat na CNN se Peter Hamby geneem het wat op sy beurt die nuus getwiet het.

In wese, skryf me. Goff dat persoonlike interrassige verhoudings nie outomaties beteken dat politici soos Ryan nie meerderwaardig teenoor swartes voel nie. Die NAACP, byvoorbeeld, sê Ryan se fiskale beleid kan arm swart mense seermaak as hy en presidensiële kandidaat Mitt Romney verkies word.

“Ek noem Ryan nie ‘n rassis nie,” skryf me. Goff. “Ek sê, egter, as jy wil weet waar ‘n politikus se hart lê wanneer dit kom tot ‘n bepaalde gemeenskap, is die beste om te kyk na daardie persoon se beleid – spesifiek sy of haar rekord oor burgerregte – eerder as persoonlike verhoudings.”

Dawid Maraniss se biografie oor Obama is vroeër vanjaar gepubliseer. Maraniss se boek lê klem op die rol wat wit meisies gespeel het in Obama se vormingsjare.

Volgens na Maraniss, het Obama en een van sy wit vriendinne dikwels gepraat oor ras, en Obama het na berig word gesê dat hy gevoel het soos ‘n “bedrieër”, want die vrou het gesê daar was “skaars ‘n swart been in sy liggaam.”

Die meisie het op ‘n punt aan die toekomstige president gesê hy “moet swart word,” volgens Maraniss, maar Obama het getwyfel dat hy ooit ‘n swart vrou sou vind “met wie hy werklik gemaklik sou voel.”

In ‘n land wat nog sy sienings oor ras moet verfyn, is die besluit deur diegene wat die nasie persoonlik lei om rassegrense oor te steek, ‘n spieël waarin kiesers ‘n ander weerkaatsing kan sien.

“Race maak saak en verdien ‘n dialoog,” skryf rubriekskrywer Bruce Baker op die Examiner se webwerf.

прокурор харьковской области

Jeugliga wil armes in Kaapstad se spogbuurte huisves

Die ANC-jeugliga eis dat grond wat aan privaat individue en maatskappye behoort, beskikbaar gestel word om huise vir armes in die Wes-Kaap te bou.

Dit is een van nege eise wat vervat is in ‘n versoekskrif wat Maandag tydens ‘n optog aan die Wes-Kaapse regering oorhandig is.

“Daar is witmense wat nie eens in Suid-Afrika woon nie. Hulle woon oorsee en besit steeds grond in ons land. Sonder grond kan ons nie veg vir die ekonomie wat ons wil hê nie,” het Khaya Yozi, leier van die jeugliga in die Dullah Omar-streek, gesê.

Yozi het gesê grond in Constantia en die Rondebosch Common kan aan die armes in die provinsie gegee word.

Meer as 1 000 betogers het buite die Wes-Kaapse wetgewer byeengekom.

Hulle het geëis dat Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, die versoekskrif met eise van dienslewering aanvaar en het geweier om die dokument aan Ivan Meyer, LUR vir sport en ontspanning, te oorhandig.

Die groep het later die LUR vir ekonomiese ontwikkelling, Alan Winde, toegelaat om die versoekskrif te onderteken, maar was woedend omdat Zille dit nie self aanvaar het nie.

Zille het verlede week gesê sy sal slegs die versoekskrif aanvaar indien die ANCJL sy dreigement om die stad onregeerbaar te maak, terugtrek.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder van die ANCJL, het egter Maandag gesê dit sal nooit gebeur nie.

“Ons sal nooit vir Zille om verskoning vra nie. Die dae van apartheid is verby. Hulle wil ons aankla, maar ons sal Helen Zille van volksmoord in die Wes-Kaap aankla.”

Данильченко Юрий прокурор

Jeugliga-optog verloop vreedsaam

Die ANC-Jeugliga (ANCJL) het gesê orde sal tydens die beplande optog teen swak dienslewering in Kaapstad heers.

Mfuzo Zenzile, sekretaris van die jeugliga in die Kaapse metro, het aan die Cape Times gesê die liga sal verseker dat die betogers ‘n vreedsame optog hou. Sowat 10 000 betogers word verwag.

“Ons wil verseker dat daar geen chaos sal uitbreek nie… Ons wil nie voorvalle hê wat die jeugliga in ‘n slegte lig stel nie…”

Die ANCYL beplan om ‘n optog op die 27ste van elke maand te hou totdat daar aan sy vereistes voldoen word.

Die optog sal Maandagoggend om 09:30 by die Soutrivier-treinstasie begin en by die provinsiale wetgewer in Waalstraat in die middestad eindig.

Volgens EWN verloop die optog tans vreedsaam.

topcargo

Woolies kan honderde afdank

Sowat 600 Woolworths-werkers loop die gevaar om afgedank te word of tot aftrede gedwing te word indien hulle nie nuwe kontrakte vir buigsame ure onderteken nie.

The Star berig menslikehulpbron-beamptes van Woolworths het verlede week winkels in KwaZulu-Natal besoek om personeellede wat vaste skofte werk, in kennis te stel dat hulle van nou af buigsame skofte moet werk om die maatskappy se handelsbeleid te akkommodeer.

Die koerant berig die maatskappy het landwyd 20 000 permanente werknemers vir hul 400 winkels.

Sam Ngumeni, hoofbedryfsbeampte, het aan The Star gesê die werkers is drie opsies gegee: om buigsame ure te werk, die werk met ‘n vrywillige skeidingspakket te verlaat of, vir diegene bo 50, vroeg af te tree.

Woolworths weier om enige Afrikaans in hulle winkels te gebruik.

Фільчаков Олександр Васильович

Ope brief aan Kaapstad se burgemeester

Geagte Patricia de Lille,
Volgens Stadsraadsvergadering Agenda Volume 4 Item C 59/08/12 gaan u by die eerskomende vergadering op 29 Augustus 2012 aanbeveel dat daar volstaan word by die Naamgewingskomitee aanbeveling dat Coen Steytlerlaan verander word na Walter Sizululaan.

Hierdie aanbeveling is nie alleen ‘n bittere teleurstelling veral vir die Steytler familie nie maar ook ‘n beslissing wat inbraak maak op die erkenning van Kaapstad aan ‘n persoon wie ‘n besondere diens en bydrae gelewer het aan die stad se ontwikkeling met die suksesvolle herwinning van die 171.5 ha strandgebied van Roggebaai in die laat veertiger en vroeg vyftiger jare van die laaste eeu.

Vandag akkomodeer die Heerengracht onder andere die Stad se Burgersentrum, die Nico Malan teater-kompleks, Media24 se hoofgebou, die Internasionale Konferensiesentrum en sovele ander prag ekonomiese kern-geboue wat aansluit by die Waterfront – praat nie eers van die opgradeerde hawe, paaie en infrastruktuur nie, en kan dit daadwerklik genoem word die Poort van Kaapstad, Suid Afrika en Suidelike Afrika.

Indien hierdie aanbeveling Woensdag aanvaar word trek Kaapstad ‘n streep deur die geskiedkundige erkenning van die prestasie onder die leiding van Coen Steytler – in 1952 Voorsitter van die Strandherwinningskomitee, van wat toenderytyd bekend gestaan het as een van die mees ambisieuse grondherwinningsprojekte ter wereld.

Het ons polities so bevooroordeeld geraak, dat ons ongeag, hierdie Stad se geskiedenis hoogtepunte summier negeer en selfs ‘n non-politikus se nagedagtenis so minag.

Wat beteken die woorde van Premier Helen Zille in 2008 toe sy oa gese het: …names are focal points of symbolism, association and remembrance and …names provide opportunities either to promote community harmony or perpetuate hurt and division…

Vandag klink dit na hol woorde as ‘n mens die simboliek, die assosiasie en die herrinnering aan Coen Steytler met sy prestasie in ag neem.

Verder vra jy jouself af: Is ons hiermee besig om gemeenskaps-harmonie te promofeer of perpetueer ons seer en verdeling?

My versoek: Daar is tyd tot Woensdag. Herbesin en herstel die respek en erkenning aan Coen Steytler. Identifiseer ‘n alternatiewe neutrale hoofroete om Walter Sizulu te vernoem – maar moenie ‘n eerbare man soos Coen Steytler die etiket van kontroversieel, aanstootlik, onsensitief en skadelik (volgens Stads-beleidsriglyne) omhang nie – hy verdien dit nie.

Ek vertrou op u begrip en simpatieke oorweging.

André Fourie.

Фильчаков прокурор отзывы