Die konsessie lê suid-oos van Kaïro in die Golf van die Suezkom.
Circle het 'n 40% aandeel in die Noordwes Gemsa konsessie, terwyl Premier 10% aandeel hou.
Britse oliemaatskappye Circle Oil en Premier Oil sê hulle het olie net af van die kus van Egipte ontdek in hulle Noordwes Gemsa konsessie.
Die konsessie lê suid-oos van Kaïro in die Golf van die Suezkom.
Circle het 'n 40% aandeel in die Noordwes Gemsa konsessie, terwyl Premier 10% aandeel hou.
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die ANC en DA hul aan dubbele standaarde skuldig maak deurdat twee VF Plus-raadslede vir 60 dae geskors is rakende opmerkings wat hulle gemaak het tydens 'n debat oor plek- en straatname tydens gister (Donderdag 2 Oktober) se raadsvergadering. Die twee raadslede, mnre. Cornelius Jansen van Rensburg en Conrad Beyers, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.
Volgens Jansen van Rensburg is dit die ergste moontlike belediging om na landsburgers te verwys as kolonialiste en setlaars omdat jy vir daardie mense sê: "Jy hoort nie in jou geboorteland nie.” Hierdie uitlatings word egter telkens deur die ANC en DA gekondoneer. "Dit is tyd dat hierdie tipe dubbele standaarde stopgesit word.”
Volgens die VF Plus is dit te verstane dat 'n naamkwessie wat verkeerd hanteer word tot ernstige polarisasie en negatiewe emosie in die samelewing sal lei. Die VF Plus-raadslede het die frustrasies verwoord wat by baie Afrikaners bestaan rakende die miskenning en minagting van hulle erfenis en geskiedenis. Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde politieke meganisme noodsaaklik is om 'n sensitiewe saak soos die naamkwessie te hanteer. Dit is belangrik dat alle gemeenskappe met respek en waardigheid behandel word, andersins lei dit tot verdere polarisasie in die land.
VN helikopters het Donderdag met vuurpyle en masjiengewere op burgermaglede wat hulle aangeval het geskiet, toe hulle die lugruim oor die oostelike Ituri-provinsie van die Kongo patrolleer het.
'n VN-woordvoerder Madnoge Mounoubay sê twee helikopters was besig met 'n verkenningsgsvlug naby die dorpie Kagaba, toe grond-gebaseerde burgermaglede op hulle geskiet het. Kagaba is sowat 50 kilometer suidoos van die streek se hoofstad, Bunia.
Mounoubay sê geen vredemakers is gewond nie en die helikopters het veilig geland ofskoon een van hulle deur koeëls getref is. Dit is nie duidelik wie die burgermag-groep was nie maar vredemakers vermoed dat hulle aan die Ituri Patriotiese Weerstandsfront behoort. Die geweld in Ituri kom drie dae na 'n soortgelyke aanval op VN -helikopters Maandag op 'n nabygeleë dorpie.
Die VN se verteenwoordiger in Kinshasha lt-kol Jean-Paul Dietrich het die Ituri Patriotiese Weerstandsfront vir die aanval geblameer. Hy sê die VN-helikopters wat ontplooi is om berigte van gevegte tussen die Kongo-leër en rebelle te ondersoek, het met twee vuupyle geantwoord. Meeste van die geweld in die oostelike Kongo gedurende die laaste jaar het verder suid in die noordelike Kivu-provinsie plaasgevind waar soldate wat lojaal aan die krygsheer Laurent Nkunda is, gereeld met burgermag-groepe en die leër skermutsel.
Die Kongo-regering het vir jare onsuksesvol probeer om 'n einde aan die geweld in die ooste te maak. Dit is 'n uitgestrekte gebied van landelike heuwels en berge. Die VN-taakmag van 18 000 man kon ook nie daarin slaag om die gevegte stop te sit nie.
‘n Protesaksie deur nooddienstepersoneel by die Roodepoort-inbelsentrum plaas mense se lewens op die spel, het die DA Vrydag gesê. Jack Bloom van die DA het gesê dat oproepe nie beantwoord word nie en dat dit verdere lewensverlies en beserings tot gevolg kan hê.
Bloom het verder bygevoeg dat drastiese aksie dringend nodig is omdat dit onaanvaarbaar is dat noodoproepe nie beantwoord word nie. Dit kan verder lewens kos. Ambulanswerkers en brandweerpersoneel het Donderdag ‘n staking begin om protes aan te teken teen die swak werksomstandighede en swak salarisse.
“Ek het met drie betroubare bronne in die nooddienste-organisasie gepraat wat sê dat die situasie buite beheer geraak het,” het Bloom gesê.
Een van die probleme is die aanstelling van personeel van buite af en die salarisse wat aangebied word vir sulke aanstellings, het hy verder bygevoeg.
Dit is nog onbekend watter unies betrokke is by die staking. Nooddienstesewoordvoerder Nana Radebe het alle navrae na die Stad Johannesburgsegsman, Nthatisi Modingoane verwys. Hy het sover net laat weet dat beamptes na die inskakelsentrums gestuur is om die situasie te monitor. Hy het gesê dat ‘n verklaring later uitgereik sou word.
Gauteng-polisie sê dat twee mans Donderdag in Berea, sentraal Johannesburg vir dwelmhandel gevang is.
Die mans, twee Nigeriërs, is by die Tygerberg-woonstelle op die hoek van Primrose Terrace en Tudhopestraat gevang na ‘n wenk van die publiek, het kaptein Bhekizizwe Mavundala gesê.
Polisie het die woonstel binnegegaan en 34 pakkies kokaïne gekry, asook 24 ecstacy-tablette en 20 kokaïnekristalle.
Die twee mans sou vandag in die Johannesburgse Landdroshof verskyn.
11:50:11 Islamitiese militantes in Somalië het seerowers wat 'n skip van die Oekraïne met tenks en militêre toerusting aan boord aanhou, aangemoedig om die vrag en die vaartuig te vernietig as 'n losprys nie aan hulle betaal word nie.
Terwyl Amerikaanse oorlogskepe en ander vlote die MV Faina seewaarts van Somalië se kus blokkeer, dring die seerowers aan op betaling van $20 miljoen om die vrag en die 21 bemanningslede vry te laat.
'n Woordvoerder van die Shahab-beweging, Sheikh Mukthar Robow, sê as hulle nie die geld kry wat hulle eis nie, word hulle gevra om die skip óf te sink óf aan die brand te steek. Robow sê sy beweging, wat stadigaan besig is om die oorhand oor regeringsoldate in die suide van Somalië te kry, het nie bande met die seerowers wat verlede week op die vragskip onderweg na Mombasa in Kenia beslag gelê het nie.
Robow sê dit is 'n misdaad om handelskepe oor te neem maar die kaping van vaartuie wat wapens vir die vyande van Allah dra, is 'n ander saak. Die Shabab-beweging het seerowery in die suide van Somalië verlede jaar amper uitgewis. Robow beweer dat die militêre skeepvrag aan Ethiopië behoort en na die hawe van Mogadisjoe onderweg was waar dit afgelaai sou word met die doel om Somalië te vernietig.
Die seerowers het vroeër gesê die wapens is na Soedan op pad. Die Oekraïense eienaars van die vragskip en die regering van Kenia sê die tenks is vir Kenia bestem. Amerika se vloot het belowe om te voorkom dat die seerowers die wapens aflaai.
Robow sê sy beweging sal nie omgee om hulle hande daarop te lê nie omdat dit hulle veldtog teen soldate van Somalië, Ethiopië en die Afrika-unie 'n hupstoot sal gee.
11:17:17 Dié Saterdagmiddag het ek en vriend Gustav op Messenger gesit en klets, hy daar op die plaas en ek in die dorp. Tydens die gesprek het ons so ongeveer die wêreld se probleme opgelos in die vinnige uurtjie wat ons in kuberland gekuier het. Die onderwerpe het alles gedek van misdaad tot musiek, soos gewoonlik, en natuurlik ons nuutste ontdekkings op die internet vir die week.
09:31:47 Toenemende vrese oor 'n globale ekonomiese resessie het aandeelpryse Donderdag laat daal, met die Europese Sentrale Bank wat aangedui het dat dit binnekort koerse vir die eerste keer in vyf jaar mag verlaag.
Jean-Claude Trichet, die president van die ESB, het die deur vir 'n moontlike verlaging in amptelike leenkoerse vir die 15 lidlande van die eurosone oopgemaak deur te sê dat eurosone-inflasierisiko's nie verdwyn het nie, maar wel afgeneem het. Na verwagting sal koerse in November verlaag word of selfs vroeër indien die krisis in finansiële markte vererger.
Die toeskietlike toon van die ESB het bygedra tot 'n skerp daling in die waarde van die euro wat tot $1,38 getuimel het – 'n eenjaarlaagtepunt teen die dollar, asook 145 jen, die laagste koers vir twee jaar teen die Japannese geldeenheid.
Die dollar het ook teen die rand verstewig en die plaaslike geldeenheid het gister verswak tot R8,41 vanaf R8,23 die vorige dag. Teen 'n handelsgebalanseerde mandjie van geldeenhede het die dollar Donderdag met 1,2 persent gestyg en met 12,9 persent sedert April. Ruolie het met 4,6% getuimel tot $93,97 per vat. Swak Amerikaanse verbruikersdata, asook getuienis dat die kapitaalmark selfs vir die beste maatskappye geslote bly, het skerp dalings in hulpbronpryse en ontluikende markte veroorsaak.
Aandeelpryse het gister skerp gedaal, met die Johannesburgse aandelebeurs se algehele indeks wat vanaf 'n hoogtepunt van 24114 punte tot 22 560 teen sluitingstyd gedaal het, 'n daling van meer as 6 persent.
Die Amerikaanse S&P 500-indeks wat die 500 grootste maatskappye in die VSA verteenwoordig, het gisteraand 4 persent laer gesluit op 1 114 punt, net bokant die laagtepunt wat dit Maandag ná die skokstemming in die Amerikaanse kongres teen die $700-miljardhulppakket bereik het.
Volgens Todd Steinberg, hoof van aandele en afgeleides vir die Amerikas by BNP Paribas, "Het 'n verskuiwing in sentiment in aandeelmarkte plaasgevind. Die fokus is nou op die ekonomie en selfs al word die hulppakket goedgekeur, is dit die uitwerking van die hulp op die ekonomie wat saak maak en dit gaan tyd neem om voelbaar te raak."
Die MSCI-indeks van ontluikende markte het met 8,8 persent gedaal en is 43,3 persent laer as die hoogtepunt verlede jaar. Kanada se vernaamste aandeelindeks het met 7 persent getuimel om die laagste punt sedert November 2005 te bereik. Brasilië se Bovespa-indeks het met 11,7 persent in VS-dollarterme gedaal. In Londen het die FTSE 100 1,8 persent laer gesluit op 4 870.
Met vooruitsigte vir die wêreldekonomie wat al slegter raak, bly beleggers onwillig om geld selfs vir die sterkste maatskappye te leen. Kredietmarkte bly grootliks bevrore, en die kommersiëlepapiermark het met 'n verdere $95-miljard oor die afgelope week gekrimp. Banke sukkel steeds om hulself te bevonds, met driemaande-LIBOR wat op 4,21 persent, oftewel 6 basispunte hoër, vasgestel is.
Die opbrengs op Amerikaanse staatseffekte het gedaal soos wat handelaars geld verwed dat die Federale Reserwe Amerikaanse koerse mag verlaag, miskien selfs voor die rentevasstellingsvergadering van 29 Oktober. Termyne in federale fondse het gedaal te midde van verwagtings dat "'n dieper en langer ekonomiese afswaai waarskynlik is," volgens ontleders van Brown Brothers Harriman.
President Kgalema Motlanthe gaan nie toegee aan linkse druk binne die ANC om beleid aan te pas nie. Hy het Vrydag in 'n onderhoud aan die Mail & Guardian gesê sy vakunieagtergrond maak hom nie meer toegeneë om te swig voor linkse eise nie. Hy het gesê die vraag is eerder of hulle siening van sake uitvoerbaar, nodig en geldig is.
Hy het ook gesê dit gaan Suid-Afrika in 'n mate beskerm teen die huidige finansiële en kredietkrisis in die VSA. Dit moet onthou word dat beleidsbesprekings soms ook deur 'n tekort aan kapasiteit belemmer word, het hy bygevoeg.
'n Wegbreekparty sal volgens Motlanthe nie die mag van die ANC bedreig nie. Hy twyfel ook of so 'n party werklik die lig sal sien. Hy het beswaarde ANC-leiers versoek om eerder hulle gewig by die hoofstroom in te gooi om die beweging te versterk.
Byna 80 000 onwettige immigrante het hierdie jaar alleen op Griekeland toegesak. Griekse owerhede sê hulle kan nie meer die taak om Europa se suid-oostelike flank te beskerm, behartig nie.
Elf mense is in Augustus beseer en die polisie patrolleer nou die gebied dag en nag. Winkel- en restauranteienaars trek nou uit en die publiek vermy die stadsentrum en verkies om elders inkopies te gaan doen. Huurders trek ook uit. Inwoners het bang en teneergedruk geraak, sê belangegroepe.
Griekse owerhede blameer die immigrante en sê hulle gaan nie weer 'n inkomende mensegolf wettig nie. Dit is reeds drie keer onderneem sedert 1997. Owerhede is bekommerd dat regse partye opgang maak. Laos, 'n verregse party, se gewildheid het van 3,5% na 5,4% geklim in die parlement. Selfs die linkse partye erken dat daar 'n probleem met die immgrante bestaan.
Thomas Hammarberg, 'n Sweedse menseregteverteenwoordiger van die Europese Raad, het Griekeland gekritiseer omdat hulle immigrante se onwettige teenwoordigheid "kriminaliseer". Die Grieke sê egter dat Nigeriërs en Marrokane nuwe onwettige aankomelinge dadelik in bendes opneem.
Griekeland gee slegs aan 1% vlugtelingtoegang, terwyl die gemiddeld in die EU vir geslaagde asielaansoeke 20% is. Intussen word Lesbos en Samos steeds daagliks oorval met bootvragte vol onwettige immigrante en het 'n beroep gedoen op die regering om dadelik in te gryp.