Polisie skiet man by padblokkade dood

Johannesburgse metropolisiebeamptes het ‘n gewapende man Sondag by ‘n padblokkade doodgeskiet, het ‘n woordvoerder gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man het met ‘n vuurwapen verby die padblokkade in Jeppestraat gehardloop.

“Beamptes het hom beveel om stil te staan, waarna hy ‘n skoot op hulle afgevuur het. Hulle het hom weer beveel om stil te staan en die man het nóg ‘n skoot afgevuur, waarna beamptes teruggevuur het.”

Minnaar het gesê die man het vermoedelik weggehardloop nadat hy in ‘n gewapende rooftog betrokke was.

topcargo развод

Marikana, rondte 2

Opspraakwekkende beeldmateriaal is deur ‘n Britse televisiekanaal uitgesaai wat meer perspektief op die slagting by Marikana gee en waarskynlik die Farlam-kommissie van ondersoek na die gebeure sal beïnvloed.

Die beelde ondermyn verklarings deur polisiebeamptes dat hulle in selfverdediging opgetree het tydens die skietery.

Die skietery verlede jaar het tot die dood van 34 mynwerkers gelei en was wêreldnuus.

Die nuwe beeldmateriaal wys hoe talle mynwerkers ‘n “paar honderd meter weg” van die media af dood is, het Channel 4 berig.

Channel 4 News het dié beelde wat na bewering op 16 Augustus 2012 deur twee polisiebeamptes met hul selfone opgeneem is, bekom.

Dit verskil van die opnames wat deur EWN, eNCA en CNN geneem en versprei is.

“Die [mynwerkers] het daarheen [in die rigting van die media] gevlug na die aanvanklike skietery, om skuiling te soek,” verduidelik die verslaggewer in die insetsel.

In die polisievideo kan gehoor word hoe ‘n stem uitroep, “Wag, moenie skiet nie! Moenie skiet nie!”. Dis vermoedelik die stem van ‘n mynwerker wat pas by die polisie verbygehardloop het. Skote klap enkele sekondes later.

Die beampte wat die video neem loop dan na waar ‘n man bewegingloos op die grond lê. “Daai motherf****r. Ek het hom ten minste 10 keer geskiet,” sê een van die beamptes in die video. Die beampte praat met ‘n bruin aksent.

Die slagoffer word later as ‘n 26-jarige mynwerker geïdentifiseer wat 12 keer geskiet is.

‘n Verklaring deur die departement van justisie sal volgens Phuti Setati, sekretaris van die Marikana-kommissie van ondersoek, op die regering se kommunikasiewebwerf gepubliseer word.

 

Данильченко Юрий Брониславович

Malema verloor sy lyfwagte

Met dié dat die ANC in Limpopo en die party se jeugliga teen hom gedraai het, moes Julius Malema van sy lyfwagte afskeid neem hierdie week.

Die voormalige ANC-jeugligapresident – nog altyd omring deur sy lyfwagte, moes glo aan sy beskermers sê dat hy dit nie meer kan bekostig om hulle te betaal nie.

Die Sunday Independent berig dat hy hulle in harde kontant betaal het nadat een van sy vennote die oordrag van hul salarisse gestaak het.

Dit is bevestig deur ‘n Limpopo-regeringsamptenaar naby aan Malema en ander onafhanklike bronne wat nie hul name genoem wil hê nie.

Nog ‘n bron wat vertroud is met Malema se huislike omstandighede, het egter aan The Sunday Independent gesê dat Malema nie meer wagte nodig het nie.

“Hy is nie meer in die kollig nie, hy woon nie hoë-profiel-vergaderings meer by nie. Die wagte kom na sy huis in die oggend sonder ‘n werklike werk.”

Die Limpopo-amptenaar het gesê Malema was gaaf met hulle. Hy was eintlik simpatiek. “Hy was blykbaar bekommerd oor hul verblyf,” het die amptenaar gesê.

Malema wou nie kommentaar lewer nie.

Sy veiligheid is in 2009 opgeskerp toe hy doodsdreigemente ontvang het, met tot vyf beskermers, maar hulle is die afgelope tyd verminder tot twee lojale wagte.

Aanvanklik het hy twee polisielyfwagte gehad wat die belastingbetaler meer as R800 000 ‘n jaar gekos het. Maar die polisie het die wagte onttrek ná sy aanvalle op President Jacob Zuma in 2011.

Malema  het daarna twee persoonlike beskermers gehuur, betaal deur sy sakevennote.

лобановский александр игоревич класс

Nkandla nie met belastinggeld betaal nie

Die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, sê die departement kon geen bewyse vind dat belastinggeld gebruik is om pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning op te knap nie.

Nxesi het die media Sondag in Pretoria toegespreek oor die verslag van die Nkandla-taakspan.

Verdere besonderhede oor die ondersoek is nog nie bekend nie.

Die taakspan is aangestel nadat die besteding aan Zuma se tuiste groot omstredenheid veroorsaak het.

Volgens mediaberigte beloop die kostes meer as R200 miljoen.

Die departement van openbare werke het die werk aan die kompleks as ‘n veiligheidsopgradering beskryf.

александр лобановский супермаркет класс

Renosterstroper doodgeskiet

‘n Vermeende renosterstroper is in die Krugerwildtuin doodgeskiet en twee ander verdagtes is in hegtenis geneem, het die Valke gesê.

Wildbewaarders het Saterdagoggend ‘n beseerde renoster opgemerk wat besig was “om vir sy lewe te vlug” en het gesien dat die dier ‘n skietwond het, het kaptein Paul Ramaloko gesê.

Hulle het die bloedspoor gevolg wat na drie Mosambiekse burgers in die wildtuin se Nwanetsi-gebied gelei het.

“Die vermeende stropers het ‘n skoot afgevuur waarna die wildbewaarders teruggeskiet en een van die verdagtes gedood het,” het Ramaloko gesê.

Die ander twee mans is in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn.

‘n Jaggeweer is ook tydens die voorval gekonfiskeer.

Фильчаков прокурор

Ramphele wil ‘land red’ met nuwe politieke beweging

Die apartheidsaktivis en akademikus dr. Mamphela Ramphele beplan blykbaar  om  tot die politiek toe te tree.

Tydens ‘n onlangse besoek aan Amerika het dr. Ramphele gesê sy samel geld in vir ‘n politieke party en dat sy “die politiek betree om haar land te red. “Ramphele het ook ondersteuning van ambassadeurs gevra.

Volgens Suid-Afrika se ambassadeur in Argentinië en voormalige DA-leier, Tony Leon, het twee mense wat teenwoordig was by Ramphele se vergaderings in Amerika dit bevestig, het Leon aan die City Press gesê.

Die DA se leier, Helen Zille, het Ramphele verlede jaar probeer oorreed om by die opposisieparty aan te sluit, maar sy het die uitnodiging van die hand gewys en die Citizens Movement, ‘n nie-regeringsorganisasie, gestig.

Volgens berigte het Ramphele besluit dat ‘n sterker opposisie benodig word nadat pres. Jacob Zuma in Desember verlede as leier van die ANC herverkies is.

Ramphele was Saterdag nie beskikbaar vir kommentaar nie. Sy sal na verwagting binnekort ‘n aankondiging maak.

Фильчаков Александр Васильевич

Het die Afrikaanse letterkunde misluk?

Onlangs val dit my op dat Karel Schoeman reeds drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang het. Is daar só min bekroonbare skrywers in Afrikaans dat dit nodig was om Schoeman drie keer te beloon, wonder ‘n mens?

Die Sweedse Akademie het dit nog geensins nodig gevind om enige Afrikaanse skrywer met ‘n Nobel te vereer nie. Terwyl twee sulke middelmatige romansiers soos Nadine Gordimer en J.M. Coetzee vanuit die piepklein Engels-Suid-Afrikaanse letterkunde reeds daardie onderskeiding te beurt geval het.

Word daar deesdae enigiets in Afrikaans gepubliseer waaroor ‘n mens opgewonde kan raak of wat iets sinvols oor ons bestaan in die wye en droewe land te sê het? Onlangs ontmoet ek ‘n meisie wat verlede jaar in matriek was en sy sê spontaan vir my dat “sy verkies om ou boeke te lees want die taal is beter”. ‘n Nogal verdoemende uitspraak.

Die polemiek rondom Jackie Nagtegaal se Daar’s vis in die punch het Afrikaanse literatore in twee kampe verdeel: dié wat Standaardafrikaans as die Stradivarius sien waarsonder geen violis behoorlike musiek kan maak nie, en die voorstanders van Kreools. Nie net het Nagtegaal se Engfrikaanse novelle ‘n klomp pryse ingepalm nie, maar sowel André P. Brink as Antjie Krog het haar taalgebruik as die soveelste geoedipaliseerde “opstand teen die vaders” in Afrikaans verwelkom. Brink het Nagtegaal selfs met Françoise Sagan vergelyk.

In ‘n veelseggende epos aan die Kleinmond-leeskring skryf Nagtegaal: “Kom ons begin maar by die drugs en die taal. Dis die twee main goed waaroor almal altyd wil praat. En nee ek is nie so seer gatvol nie. Dink net dit is uit proportion uitgeruk. (My Afrikaans gaan tien teen een nog slegter wees in die e-mail want hier’s nie ‘n speltoetser op my e-mail nie en ek gebruik eerder ‘n engelse woord as ‘n verkeerd gespelde Afrikaanse woord en daar bly nie Tafelberg editors in my outbox nie)”

In die dialoog van Karin Brynard se speurverhale en Kerneels Breytenbach se erg pretensieuse Piekniek by hangklip vind ‘n mens dieselfde hunkering na platvloersheid en Kreools. Brynard het een van die amusantste onlangse uitsprake gelewer: “Ek het geen ambisie gehad om ‘n skrywer te word nie.”

Dit strek egter verder as bloot Engfrikaans. Dis asof die hele moderne beweging in Afrikaans, wat hom glo van “mooiskrywery” wou weerhou, afkerig teenoor literêre styl staan. So min of meer die teenoorgestelde van Georges-Louis Leclerc se spreuk: “Die styl is die man self.”

Dis asof die fameuse Patriot-motto van weleer, “skryf soos jy praat”, teruggekom het om by ons te kom spook. Jou tuinier praat beter as sommige skrywers en gelukkig skryf hy dit nie neer nie, anders as hulle.

Almal is nie Proust of Joyce nie. Miskien kan ‘n skrywer nog met swak taal en styl verbykom, solank hy oor ‘n idee beskik. Maar dis nou juis hier waar ons Afrikaanse skrywers in hul politieke en filosofiese konformisme hul lesers in die steek gelaat het. Die misrabele debat oor “betrokkenheid” wat destyds in die laat 1960s in die tydskriffie Kol begin het, het nie net die naïwiteit van die Afrikaanse hoofstroom onthul nie, dog ook sy afhanklikheid van Engels-Suid-Afrikaanse (en Britse) modelle. Teenoor die ryk, genuanseerde debatte oor sulke kwessies op die vasteland van Europa.

Marlene van Niekerk se Triomf verteenwoordig die nulpunt van betrokkenheid, ‘n soort “arm man se sosiaal-realisme”. Verder as bladsy 127 kon ek nie lees nie, want toe word ek oorval deur ‘n gevoel van verveling en afsku, nie soseer afsku oor die vergesogte wêreld en taalgebruik van die karakters nie, maar ‘n weersin in die werk self en in die soort mentaliteit waaruit dit spruit. Ongelukkig dink ek dit het die sluise van ressentiment in Afrikaans oopgetrek en sedertdien kan die soort dom dekadensie wat as’t ware botvier, op ‘n manier na Triomf teruggevoer word.

In André P. Brink se onlangse Philida word hierdie blik terug in die geskiedenis in geteleskopeer, met die stereotipering en karikaturisering van ou-Kaapse verhoudings tussen meesters en slawe, blanke Afrikaners en bruines.

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe millennium; nietemin is die gevoel van fin de siècle vandag in Afrikaans sterker as ooit. Dis asof die Afrikaner se politieke mislukking, sy “oorgawe sonder neerlaag” (Giliomee), insgelyks op ander gebiede manifesteer: dié van kultuur, taal, kuns, teater en, les bes, letterkunde.

Kennelik was Afrikaanse skrywers heel tuis in die klassisisme en die romantiek. Die beteres, soos Karel Schoeman en Dan Sleigh, skryf in Standaardafrikaans maar hou hulle ook naby aan die klassieke vorme.

Haarhoff en Van Rensburg se vertalings uit die Latyn en Grieks verteenwoordig steeds van die grootste bydraes tot ons letterkunde. Die oomblik toe die modernisme ons so ongeveer ná die tweede wêreldoorlog bereik, het ons verval in ‘n tipiese derdewêreldsindroom, Naipaul se “mimiekmense” wat sonder veel begrip naboots, terwyl ressentiment jeens die self en die koloniale meester gedy.

Ressentiment, waaroor Nietzsche so helder geskryf het, is nie beperk tot onvergenoegdheid en naywer jeens ‘n heersersklas, ‘n koloniale owerheid of gewaande verdrukker nie. Bowenal vertaal ressentiment in ‘n selfontevredenheid, skuldgevoelens en ‘n versteurde identiteit. André P. Brink se verbysterende uitspraak in die dokumentêre film, André Brink die Afrikaan, naamlik dat “my mense verdien om te verdwyn” is tipies hiervan.

Al waarvoor ons kan hoop, is dat daar uit die goedkoop liefdesverhale en stories oor vampiere en zombies wat mense deesdae op Amazon.com selfpubliseer, ‘n nuwe Afrikaanse letterkunde mag verrys wat ons ten minste van ressentiment kan bevry.

Vir die ernstige skrywer bly daar ‘n vorm van solipsisme oor, dié van vir jouself te skryf. Nie net kan hy daardeur die soort buite-die-handel-ideaal van suiwer moderniteit bereik nie, maar sodoende dalk ook ‘n nuwe begin pleeg.

александр лобановский харьков

VF+ eis skorsing van twee polisielede

Die Vryheidsfront Plus eis die onmiddelike skorsing van twee lede van die SAPD se Honde-eenheid nadat hulle na bewering die naweek ‘n lid van die publiek, mnr Bruce Swart van Germiston voor sy gesin aangerand het, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng.

Videomateriaal, afgeneem deur die kringtelevisiekameras van ‘n veiligheidskompleks en wat in die media vertoon is, wys dat die brutale geweld wat deur die twee SAPD lede uitgeoefen is op mnr Swart, ongeag die redes waarvoor hy gestop is, totaal buite verband is. Die verdere ongevoelige vernedering voor mnr Swart se gesin is ‘n teken van totale onbevoegdheid, sê Mulder.

Die beeld van die SAPD as beskermer van die publiek word toenemend geskaad deur voorvalle soos die. Die Gauteng kommissaris van polisie, luitenant-generaal Petros moet die twee lede onmiddellik skors hangende die uitslag van die ondersoek.

Александр Фильчаков прокурор

Gaan vlieg!

Is dit ‘n teken of net Afrika-simboliek? Die zoemende insek het die kalklig gesteel van president Obama se aankondiging van nuwe lede van sy tweede administrasie.

Om en om die leier van die vrye wêreld se kop en toe, kaplaks, vierkantig op sy voorkop, in ware Afrikastyl, moes die toeskouers die insek se trajek met gespanne aandag volg.

Daarna het die besoeker op sy slaap gaan sit en toe sy bolip. Dit is die derde keer in sy termyn dat vlieë op hom toesak tydens ‘n amptelike toespraak. In 2009 en 2010 moes hy ook indringers wegklap.

Die jongste amptelike Wit Huis-transkripsie lees eenvoudig: “Hierdie ou pla my hier – (klap na ‘n vlieg.)”

Die president het vir sowat vyf minute van sy rede afgestaan aan ‘n huisvlieg.

topcargo

Slim vang sy baas…

Twee huisbediendes, een uitgevat in haar werkgewer se klere en die ander wat uitgestrek op die eienaar se bed lê gedurende werksure,  het foto’s van hulself op ‘n sosiale netwerk-webwerf geplaas waartoe hul werkgewers ook toegang het.

Beide bediendes het vergeet dat hulle nie hul onderskeie werkgewers as hul “vriende” van die selfoonnetwerk WhatsApp verwyder het nie.

André Snyman van eBlockwatch, ‘n nasionale gemeenskapsorganisasie, het gesê ‘n huishulp het foto’s van haarself wat ‘n rok dra wat sy van haar baas gesteel het as haar profielfoto op WhatsApp gepos.

“Haar werkgewer was geskok toe sy haar sien in haar uitrusting. Sy beplan nou om haar krimineel aan te kla. “

Hy het gesê die huishulp was ‘n paar weke gelede afgedank toe haar werkgewers ontdek het dat geld, klere en ander waardevolle artikels is uit hul huis vermis word.

“Sy [die bediende] het enige oortreding ontken. Maar nou is sy op heterdaad betrap. Sy het nog die vermetelheid gehad het om haar volle loon te eis. Sy het gedreig het om die CCMA te nader.”

In ‘n ander voorval, het ‘n Durbanse vrou gesê dat sy ‘n WhatsApp-boodskap ontvang van haar huishulp, wat haar vra om nog skoonmaakprodukte vir haar woonstel te koop.

“Ek het nie die telefoonnommer herken nie, en daarom op die profiel foto geklik om te sien wie dit was, vergroot. Dit was van die persoon wat ek in my huis aangestel het op ‘n proefbasis om skoon te maak. Sy het die foto geneem van haarself terwyl sy op my bed lê.

“Toe ek haar vra waarom sy rondlê in plaas van werk, was haar antwoord: “Ek sit op die bed.” Maar die foto toon dat sy gelê het.”

Die Suid-Afrikaanse Domestic Service and Allied Workers Union (Sadsawu) het gesê dit is onaanvaarbaar vir huiswerkers om hulle oortredings bekend te maak en hul werkgewers se huise te misbruik op sosiale netwerk-webwerwe.

Sadsawu sekretaris-generaal, Myrtle Witbooi, het gesê dit is blykbaar ‘n “nuwe tendens” deur “dwase” huiswerkers.

“Baie van hulle besef nie dat hulle hul werkgewers as hul” vriende” op hierdie forums het nie en hulle kan al hulle aktiwiteite sien. Dinge soos hierdie gee werkgewers bewyse dat hulle bediendes krimineel optree.”

Sy het gesê in baie gevalle ignoreer werkgewers oortredings deur hul huiswerkers.

Sy het huiswerkers aangemoedig om hulle werkgewers se huise en eiendom te respekteer.

Александр Фильчаков