Swart boere in Zim se wittebrood verby

Image

Gideon Gono

Robert Mugabe se regering gaan binnekort finansiële hulp onttrek aan swart boere wat ingevolge die land se grondhervormingsbeleid blanke plase oorgeneem het.

Hierdie stap volg op beskuldigings verlede week deur Gideon Gono, goewerneur van die Zimbabwiese reserwebank, dat die grondhervormingsprogram ’n chroniese voedseltekort laat ontstaan het. 

Plase is sedert 2000 lukraak gekonfiskeer en swart boere het nóg die toerusting, nóg die ervaring gehad wat nodig was om die grond suksesvol te bestuur. Die reserwebank het tot dusver baie van hierdie nuwe boere finansieel gehelp. Gono het egter die afgelope naweek bekendgemaak dat hulle binnekort “gespeen” gaan word. “Dit is nou sewe jaar sedert ons ons grond teruggeneem het, maar ons kyk steeds na die regering vir hulp,” het die goewerneur gesê. “Volgende seisoen gaan ons alle A2 (swart) boere speen, want hulle is nou volwasse.” Hy het boere wat groot plase besit verder beskuldig dat hulle hul regeringsubsidies misbruik en in gebreke bly om lenings terug te betaal.

Tydens sy toespraak voor ’n parlementêre komitee verlede week het Gono gesê dat dit “’n skande” is dat Zimbabwe ten spyte van grondhervorming steeds voedsel moet invoer.

Die inflasiekoers staan tans op 1 600% (die hoogste ter wêreld). Verlede jaar moes 565 000 ton mielies uit Suid-Afrika en Zambië ingevoer word. Volgens die Verenigde Nasies gaan sowat 15% van die bevolking van voedselhulp afhanklik wees tot die volgende oes in April plaasvind. Intussen het die regering besluit om die uitvoer van beesvleis na die Europese Unie (EU) te stop, aangesien hulle nie aan die nuwe, streng kriteria kan voldoen nie. Vroeër is sowat 9 ton vleis per jaar na EU-lande uitgevoer. Zimbabwe se 1.5 miljoen beeste het die afgelope paar jaar dramaties afgeneem tot slegs 250 000.

Verlede week het lede van die Zimbabwiese intelligensiediens beslag gelê op kassette met die onderhoud wat die staatsradio- en TV-stasie met Mugabe gevoer het tydens sy onlangse verjaarsdagvieringe. Hy het skerp te velde getrek teen sy ambisieuse visepresident Joyce Mujuru en daar word vermoed dat Mugabe die kassette laat konfiskeer het om verdere onenigheid in die regerende party te vermy.

Intussen is Edgar Tekere, veteraanpolitikus en een van die stigterslede van ZANU-PF, uit die party geskop omdat hy Mugabe durf kritiseer het in sy onlangse boek, A Lifetime of Struggle. In die boek beskryf Tekere Mugabe in die beginjare van die stryd as “ besluiteloos, swak en sonder enige militêre ervaring.” Hy verwys ook na sy hooghartige houding en die feit dat hy geen vriende gehad het nie. Volgens Mugabe is A Lifetime of Struggle, wat tans ’n blitsverkoper in Zimbabwe is, die produk “van ’n ongebalanseerde persoon.”

mobile casinoЛобановский Харьков

Ghana se Messias

Image

Kwame Nkrumah en Martin Luther King

Op 6 Maart sal Ghana sy 50-jarige onafhanklikheid van Brittanje vier. President Thabo Mbeki het verlede Vrydag in ANC Today die land lof toegeswaai.

Volgens Mbeki het Ghana in 1961 ’n sleutelrol gespeel in Suid-Afrika se besluit om aan die Britse Gemenebes te onttrek. Volgens hom het die destydse Nasionale Party Ghana as “’n primitiewe staat” beskou en wou hulle nie in dieselfde juk as dié land trek nie. Ghana was in 1957 die eerste Afrikaland suid van die Sahara wat onafhanklikheid van ’n koloniale heerser verkry het. Die destydse president, Kwame Nkrumah, het die volgende gevleuelde woorde op onafhanklikheidsdag geuiter: "Today, from now on, there is a new African in the world. At long last the battle has ended. Ghana, our beloved country, is free forever."

Mbeki het in sy bydrae tot ANC Today Kwame Nkrumah as “messiaans” bestempel. Volgens hom was Ghana ’n belangrike simbool vir die ANC en hul bevrydingstryd in Suid-Afrika. “Ons (die bevrydingsbewegings) het die leuse “Forward ever, backward never” van Nkrumah se Convention People’s Party oorgeneem.”

“Ons beweging en die mense van Suid-Afrika stuur opregte wense aan die sustersvolk van Ghana met die historiese herdenking van hulle 50-jarige onafhanklikheid,” het Mbeki verder gesê.

Ghana het tans ’n bevolking van 22 miljoen mense. Sowat 78% van inwoners kom klaar met minder as 2$ per dag. In 1957, met onafhanklikheid, was daar maar vyf miljoen mense. Die Bruto Binnelandse Produk (BBP) het destyds 2.5 miljard dollar beloop en amper 100% van die grond in Ghana kon vir landboudoeleindes bewerk word. Vele ander Afrikalande het dus na Ghana opgesien as ’n model vir hul eie onafhanklikheid. Politieke onstabiliteit, ekonomiese agteruitgang, oorhaastige grondhervorming en swak grondbestuur het egter daartoe gelei dat duisende Ghanese die afgelope 30 jaar hulle land verlaat het. Ná 50 jaar moet amper alle lewensmiddele steeds ingevoer word. Ghana maak verder op die uitvoer van enkele grondstowwe en ontwikkelingshulp staat om te oorleef. Bykans 80% van die land se uitgawes op landbou, gesondheid en onderwys is van die buiteland afkomstig. In die sestigerjare het Ghana en Suid-Korea beide ’n per  capita-inkomste van 250 dollar gehad. Vandag kom Suid-Korea se syfer op 5 000 dollar te staan, teenoor Ghana se skamele 600 dollar.

Die vraag kan waarskynlik gevra word of daar enigiets is om te vier. Tog het die Ghanese regering ’n luisterryke program van feesvieringe aangelê. “Championing African Excellence,” lui die tema van die jaar se verrigtinge op die regering se webwerf. ’n Bal om mej Ghana aan te wys, ’n seminaar oor “Ghana se rol in die redding van Afrika,” strandpartytjies, vuurwerkvertonings, musiekkonserte, uitstallings en funksies waar die land se helde vereer gaan word, word onder andere tussen nou en Desember beplan.

Dit is duidelik dat die simboliek van Ghana se onafhanklikheid mitiese dimensies aangeneem het. “Die onafhanklikheid van Ghana is betekenisloos tensy dit met die totale bevryding van die Afrika-vasteland verbind word,” aldus Nkrumah, op die vooraand van onafhanklikheid in 1957. Mbeki se hartroerende gelukwensinge moet dus in hierdie lig gesien word.

civilization 2topcargo кидалы

Zuma-besoek aan moordslagoffer ontlok wye reaksie

Die besoek van die ANC se vise-president Jacob Zuma aan die familie van ‘n bloemis, mnr. Willie Slabbert wat op ‘n plaas in Meyerton vermoor is, het wye reaksie van Afrikaners ontlok.

Image

Jacob Zuma

Dr. Dan Roodt van Praag het aan die Johannesburgse koerant, The Citizen, gesê dat “mnr. Zuma se kommentaar en besoek ‘n welkome verandering van die kille afsydigheid van Mbeki teenoor plaasmoorde verteenwoordig.” Hy het ook erken dat hy verlede jaar saam met ander Afrikaners ‘n gesprek met mnr. Zuma gevoer het rondom die probleme wat Afrikaners onder die ANC-bewind ervaar. Hy vind mnr. Zuma se toenadering tot die Afrikanergemeenskap, asook sy welwillende houding, “belowend”.

In sy reaksie het dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus gesê dat hy “mnr. Zuma se uitreik na die Afrikaner in dié tyde van groter spanning en polarisering, verwelkom.”

Tydens sy besoek aan die Slabbert-familie, het Zuma gesê dat misdaad in Suid-Afrika ‘n ernstige probleem verteenwoordig. “Dis belangrik dat die hele nasie teen misdaad gemobiliseer word,” het hy verklaar.

Hy het ook gemeen dat daar behoefte aan meer interaksie tussen die Afrikanergemeenskap en die regering bestaan. Dit sal help om die gemeenskap nie uitgesluit te laat voel nie.

Mnr. Willie Slabbert se niggie, Daleen Kruger, is dood aan ‘n hartaanval kort nadat sy verneem het dat hy met ‘n mes op die kombuisvloer doodgesteek is. Kruger se broer Theuns is ‘n kwadrupleeg nadat hy in die nek en rug geskiet is in 1999.

Vroeër vandeesweek het die sanger Steve Hofmeyr ook besoek aan Zuma gebring om oor Afrikaners se frustrasies te praat. “Zuma voel oor Zoeloes soos ek oor Afrikaners voel,” het Hofmeyr na hul gesprek verklaar.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het insgelyks beklemtoon dat Zuma sterk oor sy Zoeloe-identiteit voel. “In die verlede was daar goeie verhoudings tussen Afrikaners en Zoeloes en dit is nodig om daarna terug te keer,” het hy gesê.

bridal tiara headbandданильченко юрий брониславович прокурор

Regstellende aksie hier om te bly

Image

Mdladlana

Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, het Saterdag verklaar dat regstellende aksie in Suid-Afrika “nooit sal verdwyn nie.” Hy het die jaarlikse Koning Silamba-byeenkoms van die Ndebele in Pretoria toegespreek.

“In teenstelling met oproepe in die parlement deur die Demokratiese Alliansie-opposisie gaan regstellende aksie en huidige gelyke indiensnemingwetgewing nooit herroep word nie, maar wel sterker toegepas word,” het die minister gesê.

Mark Lowe van die Demokratiese Alliansie het verlede week tydens ’n parlementêre debat oor werkskepping gevra dat regstellende aksie afgeskaf word. Hy het die tekort aan gekwalifiseerde ambagsmanne op regstellende aksie geblameer. Die Verenigde Party, die Vryheidsfront Plus, asook Mangosuthu Buthelezi, het almal die versoek gesteun.

Volgens Mdladlana is regstellende aksie nie diskriminasie teen sekere bevolkingsgroepe nie, maar wel ’n poging om “ongelykhede van die verlede” reg te stel. Hy het verder ontken dat regstellende aksie net van toepassing is op “diegene wat ons ingestem het.”

In sy reaksie het Dirk Hermann van Solidariteit gesê Mdladlana behoort as voorsitter van die Internasionale Arbeidsorganisasie te bedank, aangesien sy siening oor regstellende aksie nie ooreenstem met die organisasie se beleid nie. Volgens die organisasie is regstellende aksie bloot van ’n tydelike aard.

Willie Spies van die Vryheidsfront Plus het ook die minister se uitspraak veroordeel en gesê dat hy sy reputasie as “een van die ANC se mees geharde rassiste” hiermee bevestig het.

виза в хорватию для белорусовФільчаков Олександр Васильович

Afrikaners wil selfbeskikking h

Verteenwoordigers van Afrikanerorganisasies het op Saterdag 3 Maart in Pretoria ontmoet om ‘n organisasie te stig wat hom vir Afrikanerselfbeskikking sal beywer.

Diegene wat teenwoordig was het besluit om dit voorlopig die Afrikanerfront te noem,” het die segsman Henk van de Graaf gesê.

Individue van politieke partye, asook onderwys-, landbou- en kultuurgroepe was teenwoordig.

“Die Afrikanervolk wil vry wees, in hul eie land waar hulle hulself regeer,” lui die verklaring.

летняя одежда для мальчиков интернет магазинФильчаков прокурор харькова

De Klerk bekommerd oor grondwet

Image

Grondwet sal ons red

Die vorige president FW de Klerk meen 2007 gaan ’n bepalende jaar vir Suid-Afrika wees. Hy voorsien stormagtige jare vorentoe en daarom wil hy hê dat die land by sy grondwet moet hou.

Onlangs is die grondwet vertrap deur die Transvaalse Hooggeregshof wat Ermelo-hoërskool gedwing het om sy taalmedium te verander.

Tydens ’n kongres by Sun City, het De Klerk gemeen heelwat hang af van die uitslag van “die huidige stryd om die siel van die ANC” tussen Cosatu, die SA Kommunisteparty en die ANC-jeugliga, enersyds en andersyds die algemene rigting wat deur ANC-presidente Thabo Mbeki en Nelson Mandela neergelê is.

Hierdie stryd sal by die ANC se komende nasionale konferensie in Desember beslis word.

“Ongelukkig het diegene van ons buite die ANC-alliansie min of geen sê in hierdie proses nie, wat nogtans die omgewing waarin ons leef en werk vir die afsienbare toekoms gaan bepaal,” het De Klerk gesê.

“Miskien, soos bekommerde familie, behoort ons rol te wees om vriendelike raad in die geheim te verskaf…”

Onder andere behoort die waardes waarop die nuwe maatskappy gebaseer is, onderhou te word, soos hulle in die grondwet verwoord en beliggaam is, het hy voortgegaan.

Die nuwe Suid-Afrika sal slaag of misluk na gelang van sy vermoë om by die grondwet te hou en die nasionale konsensus wat dit verteenwoordig.

Terselfdertyd behoort meer gedoen te word om die ernstige probleme wat die land in gesig staar op te los – om die lyding wat vigs veroorsaak te vookom en te verlig, asook die voortdurende en onaanvaarbare ongelykheid en armoede in ons samelewing.

“Sowel vigs as misdaad verteenwoordig eksistensiële krisisse en vereis die mobilisering van watter nasionale hulpbronne ook al nodig is om hulle te beveg.”

Hy het gemeen dis van die allergrootste belang om doeltreffend op te tree teen die grondliggende oorsake van armoede en ongelykheid, veral werkloosheid.

Terwyl daar vele oorsake vir werkloosheid is, staan die rigiede arbeidswetgewing sentraal. Dit het die reële arbeidskoste ver bokant ander ontluikende ekonomieë verhoog waarmee Suid-Afrika in globale markte moet meeding. Hoë koste en oorregulering ontmoedig indiensneming.

“’n Arbeidstelsel wat minimum standaarde vir almal daarstel, is nodig, maar in ’n land soos Suid-Afrika is veel meer buigsaamheid nodig, veral vir mediumgrootte en kleiner ondernemings,” het hy gesê.

“Suid-Afrika word binnekort 13 jaar oud. Soos die meeste ouers, is ons baie lief vir ons tiener. Ons kan nie verhelp om vir ons vriende die jongste foto’s te wys en om hier en daar ’n bietjie oor skoolrapporte en sportprestasies te spog nie.”

“Feit is dat ons tienermaatskappy met al sy groeipyne soveel beter as die oue is. Maar as ons tienermaatskappy die stormagtige jare vorentoe gaan oorkom, moet hy by die bewese waardes in ons grondwet hou.”

Uiteindelik het dit slegs nodig om die verbintenisse waaroor reeds ooreengekom is in terme van NEPAD na te kom en om by internasionale norme van goeie regering te hou.

“Indien die samelewing al hierdie dinge doen, het ek geen twyfel dat dit in ’n sterk, gebalanseerde en suksesvolle volwassene sal ontwikkel nie,” het De Klerk afgesluit.

купить воротки, удлинители, переходники, карданылобановский александр игоревич

Die oudste staatshoof ter w?reld

Abdoulaye Wade, president van Senegal, is tydens die eerste rondte van die presidensiële verkiesing op 27 Februarie as staatshoof herkies. Hy is op 80-jarige ouderdom die oudste president ter wêreld.

Image

Wade: Kom, stemvee, kom…

Vyftien kandidate het aan die verkiesing deelgeneem. Reeds voor Sondag se verkiesing het Wade gespog dat die beplande tweede rondte nie nodig sou wees nie, aangesien hy ’n volstrekte meerderheid sou behaal. Sy voorspelling is toe bewaarheid.

Wade het ongeveer 55% van die stemme behaal, teenoor 15% vir die gewese eerste minister, Idrissa Seck, wat die tweede posisie ingeneem het. Volgens internasionale waarnemers wat die verkiesing gemonitor het, was daar nie veel ongerymdhede nie.

Wade is ’n voormalige opponent van oud president Léopold Senghor, of “die vader van die nasie” soos hy ook bekend gestaan het. Hy het ’n lewendige belangstelling in argitektuur. In sy presidensiële paleis in Dakar het hy spesiaal ’n vertrek laat inrig vir die modelle van sy stedelike projekte. Hy het nou al verskeie brûe, paaie, glasgeboue en universiteite laat oprig. Hy is baie gesteld op sy beeld as ’n moderne staatshoof. Sy nepotisme en vele bouprojekte word egter deur sy vyande gekritiseer. Wade doen sy bes om goeie betrekkinge met Frankryk en die VSA te handhaaf en om op goeie voet met die pers te bly. Sy pogings om in Afrika-konflikte te bemiddel, was tot dusver onsuksesvol.

In 2002 is president Wade met groot entoesiasme vir die eerste keer verkies. Vir die eerste maal sedert 1960 is die Sosialiste se houvas op die land verbreek. Wade het verandering aan sy kiesers belowe en veral die jongmense het baie van hom verwag. Hy het egter nie veel bereik nie. Armoede en werkloosheid heers steeds in ’n land waar helfte van die bevolking van elf miljoen mense jonger as twintig is en 100 000 persone jaarliks desperaat tot die arbeidsmark toetree.

Honderde jeugdiges probeer maandeliks om by die Kanariese Eilande uit te kom, in ’n poging om Spanje te bereik en ’n nuwe lewe te begin. “Barcelona of die dood” is hulle leuse, en vele van hulle verdrink dan ook voor hulle hul bestemming bereik.

Wade mag dalk spog met sy land as die “demokratiese uitstalvenster van Afrika”, maar sy onvermoë om die Senegalese ekonomie op koers te kry, gaan deel van sy nalatenskap wees.

Carvinal RoyaleФільчаков Олександр Васильович прокурор

Nuwe boek oor Nostradamus

The Nostradamus Code. Michael Rathford. Dit is moontlik om 'n PDF-weergawe van die 94-bladsyboek oor die Internet te verkry teen ongeveer $15.

Image

Nostradamus

Die skrywer gebruik moderne tegnieke om sin te maak uit die Nostradamus-kwatryne wat  geskryf is in die 16de eeu. Die boek konsentreer op die 3de wêreldoorlog maar kyk ook verder.

Nostradamus beskryf basies dat die oorlog tussen 2015 – 2020 sal begin en vir 30 jaar sal duur. Dit sal begin in die tyd van die 2de pous ná die Pous wat vermoor sal word in die tyd van Prins Rainier van Monaco se opvolger. Een verdere voorspelling gemik op die kerk is dat die Vatikaan van „bo“ vernietig sal word. Inderdaad ’n vingerwysing.

Die oorlog omvat wapens van massavernietiging en vele dooies wat eers Asië, Europa en dan Engeland sal verswelg. Die sogenaamde Antichris is ’n Hitler-tipe massamoordenaar wat alle sielkundige truuks sal aanwend om sy sin te kry. Hy begin egter weerstand te kry vanaf die beroemde Skotte en Iere wat eers met Amerikaanse hulp en later saam met die Noordpoolondergrondse-alliansie van Europa, Amerika en Rusland, hom van sy troontjie afhaal. Snaaks genoeg sien Nostradamus goeie samewerking tussen Frankryk en Amerika.

Wat egter interessant is, is dat die Antichris gesien word as die samevoeging van al die wrede en verkeerde gedagtes van ons mensdom oor die tye. So 'n soort van negatiewe karmadeel wat opstaan om die positiewe karmadeel te vernietig. Die afleiding word dus gemaak dat die heelal 'n soort karma besit waaruit die mens vanaf die middelsirkel deur die speke van positiewe kragte versprei word en dat wanneer die aarde verlate raak sal die wiel van karma die mensdom na ander sterre-eindes toe neem.

Die Groot Geniaal is dan die finale leier wat met positiewe karma die Antichris finaal tot 'n einde bring en die wêreld vertel en help met nuwe ontwikkellings wat die talente en veral transendente vermoëns van die mens na vore bring in 'n enkele filosofie en geloof. Die positiewe karma wen en kan dus nie onderdruk word nie.

Dit lei tot die afleiding dat mens jou toekoms kan beïnvloed deur positiewe gedagtes of gedagtekrag – (mindpower).

Die effek van die mens, sy tegnologie en wapens op die aardbol word ook bespreek en dui aan dat aardskuddings en oorstromings meer gereeld gaan plaasvind en selfs geïnduseer sal kan word en/of dat gebunkerde wapens per ongeluk deur aardbewings geaktiveer kan word.

Hierdie Antichris begin met sy dinge in ’n tyd waar almal apaties toekyk en maar laat gaan.

Hoe het Nostradamus geweet ons sal so ongevoelig, ligsinnig en onbetrokke word ten spyte van die toenemend katastrofiese omgewing waarin ons elke dag lewe? Miskien is dit omdat hy eintlik ’n dokter was in die tyd van die Inkwisisie en hy staat moes maak op die mens se transendente vermoëns om die skok van behandeling te verlig en daardeur die helingsproses te versnel. Dus moes hy intens bewus gewees het van die mens se onvermoë om homself as 'n trotse wese te handhaaf.

где отдохнуть в хорватии с детьмиФильчаков прокурор

Praag, TLU-veiligheid, Steve hou vergadering teen misdaad

Praag, in samewerking met TLU-Veiligheid, hou op Saterdagoggend 10 Maart 2007 om 10.00 in die kerksaal van die Lynnwood-gemeente van die NG Kerk, Sussexlaan 439, Lynnwood, Pretoria ’n openbare vergadering om die misdaadkrisis te bespreek. Die sanger Steve Hofmeyr en ander bekende persoonlikhede sal ook daaraan deelneem en elkeen ’n kort spreekbeurt waarneem.

Help ons om so veel mense as moontlik by die vergadering te kry deur die volgende pamflet af te laai en hetsy elektronies, hetsy in gedrukte vorm te versprei:

Genoeg! in Word-formaat. Genoeg! in PDF-formaat.

Laai die pamflet hier af!

 

Tydens die vergadering sal ’n omvattende misdaadplan wat buurtwagte, plaaswagte en kommunikasiestelsels insluit aan die publiek voorgelê word. Veral lede van bestaande buurtwagte en gemeenskapsveiligheidstelsels word uitgenooi om aan die vergadering deel te neem.

Praag is reeds geruime tyd uiters bekommerd oor die verval in wet en orde in Suid-Afrika. Tydens sy toespraak op Randfontein by geleentheid van die anti-misdaadbetoging rondom die moord op die vyfjarige Danielle Esterhuizen, het dr. Dan Roodt gesê dat “daar geen verskil is tussen hierdie moord op ’n onskuldige kind en die tipe gruweldade wat elders in Afrika soos in die Ituri-provinsie van die Kongo of Darfoer in die Soedan gepleeg word nie”. Dr. Roodt het in sy rubriek op die herontwerpte Praagwebblad reeds op 16 Januarie vanjaar ’n oproep om ’n “volksaksie teen misdaad” gedoen.

Soos dr. Bertie du Plessis enkele dae gelede in Beeld geskryf het, gaan nóg die polisie, nóg die bestaande weermag enigiets doen om die veiligheid van gewone Afrikaners te verseker. Die vergadering op 10 Maart is bedoel om die begin van so ’n volksaksie teen misdaad in te lui wat moet uitloop op die gekoördineerde beveiliging van alle gebiede waar Afrikaners woon. Alle belanghebbende Afrikaanse organisasies word uitgenooi om ook die vergadering by te woon en met Praag in verbinding te tree by inlig@praag.org ten einde die sakelys vir die oggend te finaliseer.

Mnr. Anton Barnard van Praag is tans besig om ’n sms-kommunikasiestelsel te toets waarmee lede van die publiek in Gauteng ’n sms sal kan stuur om blitssnel tydens ’n aanval hulp te ontbied van ander lede van ’n burgerlike reaksiemag in die omgewing. Meer besonderhede sal binnekort op http://praag.org aangekondig word, asook op die nuwe webwerf http://www.burgerwag.co.za/. Die naam “burgerwag” is gekies weens die historiese gebruik daarvan toe Kaapse burgers aan die einde van die agtiende eeu so ’n wag moes vorm om hulle teen straataanvalle ná donker te beskerm.

Oor die volgende weke sal die vergadering deur middel van die internet, sms, pamflette en plakkate geadverteer word. Onderhoude en artikels sal op http://www.praag.org geplaas word in aanloop tot die vergadering om perspektief te verskaf. Die Praagwebwerf word reeds vanaf begin Januarie deurlopend met intydse nuusartikels, rubrieke en kommentaar bygewerk.

Eerskomende naweek hou die Praag-bestuur tesame met afgevaardigdes van TLU-Veiligheid ’n bosberaad om die vergadering van 10 Maart en verwante aksies te beplan. Die doelwit is om ’n landwye netwerk van buurtwagte en plaaswagte te organiseer wat ’n omvattende burgerlike veiligheidsnetwerk sal uitmaak.

“Hoewel Praag nie afwysend staan teenoor die groot aantal petisies en briefveldtogte wat gevoer word om die ANC-bewind voor sy verantwoordelikhede te plaas nie, beskou ons enige vertoë aan Mbeki of Nqakula as ’n futiele oefening. Laasgenoemde  het immers gesê dat as ons nie tevrede is nie, behoort ons te emigreer. Ons enigste hoop op oorlewing is om beheer oor ons eie veiligheid te verkry,” het dr. Roodt bygevoeg.

сайт игрушекФильчаков прокурор отзывы

Afrikaners staan saam oor Ermelo

Ermelo-hoërskool verkeer op die voorpunt van die taalstryd en ‘n groot aantal Afrikaanse organisasies ondersteun die skool se weerstand teen gedwone verengelsing. Op Dinsdag 27 Februarie het ‘n massavergadering op die skoolterrein plaasgevind. Hier is ons verslag.

Image

Leerlinge van Ho?rskool Ermelo help PRAAG-plakkate versprei

Die New York Times het onlangs berig dat die Afrikaners ontevrede is met die ruwe Suid-Afrika, ‘n plek waar misdaad, omgekeerde diskriminasie en die onderdrukking van Afrikaans gedy.

Oor die afgelope weke het ons kennis geneem van Hoërskool Ermelo se stryd teen die afddwing van Engels en die draaie wat dit in die hof gaan loop het. Waarom die onderwysdepartement van sogenaamde Mpumalanga die skool teiken, was voorheen vir my onduidelik.

Die oomblik toe ons egter deur die skoolhek ry nadat ons uit Joubertstraat afgedraai het, besef ek onmiddellik waarom Ermelo in die onderwysdepartement se visier verkeer. Soos ‘n onderwyseres ná die protesvergadering oor die vingerete trots aan my gesê het: “Ons het nie ‘n skoolterrein nie; ons het ‘n kampus.”

Image

Die wonder, maar hoe lank nog?

Van die statige hoofgebou met sy hoë plafonne, gietysterrelings op die trappe en marmerinskripsie wat verklaar: “Die wonder van Afrikaans”, tot by die ouditorium met sy aanskyn van ‘n jong operahuis – die skool voer wel operettes op waarvan stelle op die verhoog te bespeur is – kom mens onder die indruk van die deeglikheid, die liefde, die dissipline, die toewyding wat in hierdie kampus en in hierdie skool gestort moes gewees het om so ‘n resultaat te bereik. Op die skool se webblad verskyn ‘n foto, humoristies getitel, “Die groen massa”, verwysende na die kleur van Hoërskool Ermelo se uniforms. As ons by die hek inry word ons begroet deur die groen massa: een en almal stralende jong Afrikanerkinders wat gekom het om hul steun aan die skool se regsaksie teen die onderwysdepartement te betoon. Die stemming is een van opgewonde erns. In die verbyry neem ek enkele foto’s.

Ermelo is ‘n voortreflike skool; juis daarom wil die sogenaamde onderwysdepartement van Mpumalanga hom “hê”. Die afguns wat hierdie skool by onderwysamptenare en sommige ouers uit ander groepe moet wakker maak, is voor die hand liggend. Vandeesweek skryf Andrew Kenny juis in die Citizen dat die hoofrede waarom daar soveel vyandigheid teenoor Afrikaners bestaan, afguns is. Geslagte Afrikaners het hard gewerk, geld ingesamel en gebou om hierdie skool wat meer as blote skool is, eerder kultuursentrum, bakermat en alma mater, te skep. ‘n Mens wil nie graag dink dat ‘n onderwysdepartement wil afbreek nie, maar ek vermoed dat die onderwysamptenare juis wíl aftakel, wil stroop, wil gelykmaak in die sug na vernietiging wat alle moderne revolusies kenmerk en waarvan Afrika natuurlik die kuns vervolmaak het. Lees maar Paul Theroux se Dark Star Safari en veral die gedeelte oor sy besoek aan die skool in Malawi waar hy eens les gegee het.

Hier is die verloop van sake tot dusver in Ermelo se stryd om ‘n reg wat in byna elke land ter wêreld as vanselfsprekend beskou word, uit te oefen, soos dit in die skool se heel eerste omsendbrief van die jaar, “nr. 1/2007: Taalkwessie”, uiteengesit word:

Op 9 Januarie 2007 gee die Departement vir die Hoof opdrag om Engelstalige leerders tot die skool toe te laat en hulle moet in Engels onderrig word.   Die E H S se taalbeleid soos deur die Beheerliggaam goedgekeur, is dat die E H S se onderrigtaal Afrikaans is.   Die Hoof word met dissiplinêre aksie gedreig.

Op 10 Januarie 2007 daag ‘n klompie leerders en hul ouers op om in Engels onderrig te word. Ons verduidelik die situasie en met 8 ouers en leerders word onderhoude gevoer.   Die Departement beweer daar is 113 leerders wat plek soek. Hul lyste het slegs 69 name op en daar is name wat gedupliseer is. Hulle vertrek en ons hoor niks verder van leerders of die Departement nie.

Op 25 Januarie 2007 bring die Kringbestuurder, mnr Frank Hlatshwayo, ‘n brief gerig aan die Beheerliggaam waarin die magte van die Beheerliggaam om die skool se taalbeleid op te stel, teruggetrek word. Terselfdertyd word ‘n Komitee aangestel om ‘n nuwe taalbeleid vir die E H S op te stel met spesifieke voorskrifte vanaf die Departement. Nadat mnr Paul Colditz van Fedsas gekonsulteer is, word besluit om die saak teen te staan.

Advokaat Johan du Toit en prokureur, Johan van der Wath, hanteer die aansoek.

Op Maandag 29 Januarie 2007 word ‘n dringende aansoek voor die Hooggeregshof gebring.   Regter Legodi stel dit op ‘n tegniese punt uit.

Dit beteken dat die Engelssprekende leerders by die skool kan inskryf want die Komitee het die taalbeleid verander na Afrikaans en Engels op ‘n parallelle basis (aparte klasse).

Tot Vrydag 2 Februarie 2007 kon hulle inskryf en van die beweerde 113, skryf net 13 in.

Vrydag 2 Februarie word die saak aangehoor en regter Prinsloo staan die dringende bevel toe dat die komitee se taalbeleid nie meer geldig is nie.

Die Regter-President, regter Ngoepe doen navraag oor die 113 kinders en die staat bring ‘n dringende aansoek teen die Beheerliggaam.

Op Maandag 13 Februarie dien die saak voor regters Bernard Ngoepe, Wille Sereti en Natvarial Ranchod. Hulle herroep regter Prinsloo se uitspraak en die Komitee se taalbeleid geld nou weer.

In sy boek Negrologie beskryf die Franse joernalis, Stephen Smith, Afrika as ‘n “Ubuland sonder grense”. ‘n Mens hoef net bogaande chronologie te lees om te besef dat Ermelo-hoërskool hier blootgestel word aan ‘n Ubu-eske vertoon van Afrikakragdadigheid wat ‘n Idi Amin, ‘n Robert Mugabe, ‘n Mobutu of ander diktator waardig sou wees.

Dit word duidelik tydens mnr. Paul Colditz van Fedsas se uiteensetting van die regsaspekte van die saak in die skoolsaal van Ermelo. “In my 37 jaar as regspraktisyn het ek dit nog nooit teëgekom dat ‘n regter ‘n uitspraak kan lewer sonder om redes te verstrek nie. Tydens regter Bill Prinsloo se oorspronklike uitspraak ten gunste van die skool se reg om sy taalbeleid te bepaal, het hy na die Mikro-saak verwys. Mikro was ‘n Appèlhofsaak, daarom is die Transvaalse Hooggeregshof gebind om die Appèlhof se mening in ag te neem. Maar hier kom regter Ngoepe en steur hom nie daaraan nie.”

Dit wil dus voorkom asof die ANC-bewind, as ‘n hof nie die soort uitspraak lewer wat hy wil sien nie, hy soos ZANU-PF in Zimbabwe eenvoudig ‘n ander regter of regters aanstel om dieselfde saak te verhoor, waarna die gewenste uitspraak sal volg.

Dr. Christo Landman, kommissaris van die Kommissie vir die beskerming en bevordering van godsdiens-, kultuur- en taalregte, noem in sy betoog dat die taalkwessie by Ermelo polities van aard is en “op politieke vlak opgelos moet word. Dis ‘n maaksel van (oudpres.) F.W. de Klerk en sy onderhandelaars by Kempton Park. Hulle moet uit hul gate kruip en met pres. Thabo Mbeki gaan praat”. Hy het ook verwys na die amptenare van die onderwysdepartement “wat Napoleon probeer speel”.

Mnr. Paul Colditz het voorts aangetoon dat die bydrae wat die onderwysdepartement per jaar aan die skool maak, R18 000 uit ‘n begroting van R3,7 miljoen beloop! Verder verkeer die helfte van die onderwysers steeds  op die departement se betaalstaat. Maar die res van die lopende uitgawes waarvan net water elektrisiteit R60 000 per maand verteenwoordig, word deur die ouergemeenskap betaal.

‘n Samehorige gees het by die skool geheers en ongeveer ‘n dosyn Afrikaanse organisasies is op die verhoog verteenwoordig (waaronder PRAAG, FAK, Afriforum, Tussentydse Afrikanerraad, Dames Aktueel, Blanke Ekonomiese Forum, Afrikanerbond, Akademie vir Wetenskap en Kuns, Vryheidsfront, Demokratiese Alliansie, ens.), terwyl afwesiges boodskappe van solidariteit aangestuur het. Onder andere het die voormalige goewerneur van die SA Reserwebank, dr. Chris Stals, ‘n boodskap van ondersteuning gestuur waarin hy meld dat veeltaligheid en moedertaalonderrrig van die strewes van die Afrika-unie verteenwoordig.

Ekself het daarop gewys dat die Afrikaner in ‘n nuwe stryd verkeer en dat ons nie weet waar daardie stryd gaan eindig nie. Op ‘n vraag aan die gehoor of hulle gaan toelaat dat Ermelo Engelsmedium word, het die skare soos een man “Nee!” geskree.

Een of twee sprekers het dit benadruk dat die taalkwessie by Ermelo nie oor ras gaan nie. Maar is dit waar? wonder mens. Die onderwysdepartement wil immers die taalmedium van die skool verander sodat meer swartes toegelaat kan word. Nadat regter Bill Prinsloo ‘n uitspraak op suiwer regsgronde ten gunste van die skool gelewer het, is twee swart en een Indiërregters aangestel om dit ongedaan te maak.

Swart nasionalisme is in Suid-Afrika, soos in Zimbabwe, besig om ‘n verterende mag te word wat blanke regte, soos in Zimbabwe, wesentlik aantas.

Interessant was dan ook die gesprekke wat agterna oor die vingerete in die hotelskool se lokaal plaasgevind het. Een onderwyseres het gekla dat mens glad nie met die amptenare van die onderwysdepartement kan redeneer nie. Sy het die gevoel dat die skool met sy rug teen die muur staan. Gaan die verengelsing van een hoërskool in die provinsie die onderwysdepartement se probleme oplos? is gevra.

Verskeie persone was dit eens dat die onderwysdepartement van Mpumalanga gemotiveer word deur, enersyds rassehaat jeens die hoofsaaklik blanke leerlingkorps en blanke personeel van die skool en andersyds deur afguns oor die skool se uitmuntende prestasies, asook sy pragtige terrein en geboue wat oor jare heen deur die ouergemeenskap van die skool opgebou is.

Die feit dat daar ‘n leë kloosterskool op die dorp bestaan wat deur die onderwysdepartement besit word, is ‘n aanduiding dat dit geensins gaan om “genoeg plek” vir swart leerlinge sonder ‘n heenkome te vind nie. Uiteindelik word Hoërskool Ermelo as ‘n Afrikanerinstelling gesien wat onbeskaamd ‘n bepaalde etos in Afrikaans uitdra. Dít wil die onderwysdepartement vernietig.

Die voorgenome verengelsing van Ermelo is daarom slegs deel van die uiteindelike verafrikanisering daarvan op ‘n rassegrondslag.

Soos mnr. Crawford von Abo, die bekende Vrystaatse boer wat vyftien plase in Zimabwe verloor het, die mentaliteit van Afro-nasionalisme op ‘n keer aan my opgesom het: “Al gee jy vir hom die bestanddele, wil hy nie sy eie koek bak nie. Hy wil jóú koek hê.” In dié verband het aanbiedinge van Ermelo se hoof en personeel om die onderwysdepartement te help om ‘n Engelstalige hoërskool in die bestaande leë gebou op die dorp te vestig op dowe ore geval.

Ermelo-hoërskool is in ‘n taalstryd gewikkel, maar in die groter prentjie verteenwoordig die skool daardie smaaklike koek wat deur Afrikaner-vernuf, dissipline en hardwerkendheid opgebou is. Die rasbewuste onderwysminister en haar amptenare het besluit hulle wil dit hê en dit verteer in die tragiese vernietigingsdrang wat sedert 1960 so deel van die Afrika-kontinent geword het. Die Afrikaan se sin vir “alles kom my toe” verteenwoordig nie net die dilemma van Afrika-armoede en ellende nie, maar ook van Ermelo-hoërskool.

Dat soveel Afrikanerorganisasies die vergadering saam met die ouers bygewoon het, is ‘n aanduiding dat ‘n lyn tussen Naledi Pandor en die Afrikanervolk getrek word. Vir die eerste keer in baie jare is Afrikaners verenig in hul strewe om hul taal en kultuur gehandhaaf te sien.

Ermelo-hoërskool staan dus in die brandpunt van die toenemend openlike konflik tussen die ANC-bewind en die Afrikaner.

барбі русалочкаОлександр Васильович Фільчаков