Zuma die Swyger

Historici is verdeeld oor die vraag of Willem I, prins van Oranje, die bynaam “Willem de Zwijger” verdien het.

Die bynaam het hy gekry omdat hy geswyg het toe hy van planne van Koning Filips, die Spaanse heerser van die Lae Lande, om ook die Nederlanders onder meer onder die Inkwisisie te laat deurloop.

Willem het egter as held van die Nederlanders se vryheidstryd na vore getree, en is uiteindelik ook hieroor vermoor.

Sou die bynaam: “Zuma die Swyger,” ook onvanpas wees?

Dié vraag duik op nadat Zuma die naweek die soveelste keer geswyg het toe hy, as staats- en regeringshoof, die sweep moes laat klap het. Die keer was dit (weer) die stout kind van Suid-Afrikaanse politiek wat in Zuma se teenwoordigheid sy mond met onsuiwerhede uitgespoel het. In breë trekke het hy gesê die blankes het swart mense se grond gesteel, is daarom misdadigers en moet as sodanig behandel word.

Eers later die naweek het die adjunk-president die jongeling se bekkigheid in wese gerepudieer.

Onlangs, by die land se formele Vryheidsdagvoeringe, het Zuma ook soos die graf geswyg toe die skare opposisiesprekers uitgejou het.

‘n Google-soektog na gevalle waar pres. Zuma plaasaanvalle veroordeel het lewer ook bedroewend min op – sy veroordeling van die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, die AWB-leier. Daar is egter ‘n horde trefslae waar mense en instansies sonder sukses ‘n beroep op die president doen om plaasaanvalle te veroordeel.

Trouens, dit lyk nie of Zuma gaan reageer op ‘n mediaverklaring van Agri SA waarin gemeld word dat Zuma op die oomblik amnestie aan ‘n groep misdadigers oorweeg, waaronder plaasmoordenaars nie.

Nog ‘n bron van kommerwekkende swye, skynbaar by sy voorganger oorgeneem, is die “moord” waarmee pres. Robert Mugabe wegkom. Selfs wanneer Mugabe in geen onduidelike terme sy mond oor Zuma uitspoel nie, is die reaksie maar so-so. Ander buurlande, soos Zambië, is geneig om Mugabe se tjank heelwat duideliker af te trap.

Dis egter Zuma se swygsaamheid oor Malema wat die meeste ontsteltenis veroorsaak, en kom kort-kort na vore, soos toe Malema sy “Ons sal doodmaak vir Zuma” in die toekomstige president se teenwoordigheid geopper het.

Malema en sy kornuite se skadelike bekpraatjies oor nasionalisering en onteiening word ook glad nie regstreeks en genoegsaam aangespreek nie. Ellelange verduidelikings oor debat en die reg om iets op die tafel te plaas, klink meer na eenparty-retoriek as ‘n werklike oop demokrasie – en knou beleggersvertroue.

Nederlandse geskiedskrywers wys daarop dat Willem de Zwijger heel ten onregte dié bynaam gekry het. Behalwe dat sy swye wat hom die bynaam besorg het in wese ‘n taktiese swye was, was hy glo heel vaardig met die mond. Pres Zuma kan ook nie van op sy mond geval beskuldig word nie (behalwe wanneer dit saak mak) of nukkerige onttrekking soos sy voorganger wanneer sy vingers verbrand is nie.

Trouens, onoordeelkundige uitsprake het hom dalk meer keer in die sop of onder skoot as die periodieke swye. Dit is hom behoorlik teen die kop geslinger dat hy by Malema se tuisdorp na dié kameraad as toekomstige president verwys het. Hieroor sou hy stellig later verskeie kere sy hare uit sy kop wou trek.

O ja, hy het nie daar hare nie.

Ander moes ook al baie wal gooi toe een van sy kornuite, Jimmy Manyi, dinge kwytgeraak het wat die ANC bitter baie skade sou berokken.

Sy godsdiensuitsprake, en die soortgelyke uitsprake van sy kornuite, het nou al ‘n rits veroordelings op die lyf geloop. Die Kerke het byna soos een man gewaarsku dit moet end kry. Die NG Kerk het dit opgevolg dat dié kerk dalk sy lidmate kan versoek om hieroor nie vir die ANC te stem nie. Die VGK het reeds sy lidmate versoek om nie ANC te stem nie.

En nee, ‘n mens kry nie diskresionêre foute afgestort nie.

10 gamestopcargo

Tunisië prut steeds

Polisie moes Sondag traangas gebruik om betogers uitmekaar te jaag tydens ‘n anti-regeringopstand in Tunis.

Te midde groeiende geweld in die land het jeugdiges polisiestasies in vyf stede aan die brand gesteek.

Sowat 200 betogers het buite die munisipale teaters en Habib Bourguiba-laan byeengedrom. Hulle het die nasionale volkslied gesing om nog ondersteuners te werf.

Hulle het die polisie met beledigings uitgejou terwyl die polisie die betogers gewaarsku het om uit die strate te kom en na hulle huise terug te keer.

Die betogers het volstrek geweier en die polisie as “lafaarde” uitgejou. Daarna het die veiligheidsmagte die betogers met traangas verwilder en hulle gedwing om in kleiner strate in te beweeg.

Owerhede het Saterdag na dae se volgehoue geweld in Tunis en omliggende omgewings ‘n aandklokreël ingestel.

океанские яхтыЛобановский

Marokkane vaar die strate in

Duisende Marokkane het politiese hervorming geëis tydens ‘n optog teen geweld in Marrakesj nadat 16 mense onlangs in ‘n bomontploffing by ‘n kafee in dié stad gedood is.

Die optog wat Sondag plaasgevind het, is die jongste deur die 20 Februarie-groep, wat op ‘n gereelde basis betogings vir demokrasie reël. Hierdie keer het hulle ook teen terrorisme betoog ná die 28 April-bomaanval op die Argana-kafee.

Die betoging het digby die beskadigde kafee plaasgevind.

Owerhede het reeds drie verdagtes in hegtenis geneem en gesê dat die leier deel van Al-Kaïda is. Niemand het nog egter verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Koning Mohamed VI het hervorming belowe om te verhoed dat Marokko dieselfde paadjie volg as talle ander Arabiese lande wat sedert die begin van die jaar deur opstande en betogings geteister is.

Blood SuckersАлександр Фильчаков

‘Polisie help net wit boere’

Die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het ‘n vrou wat uit frustrasie tydens ‘n openbare vergadering Maandag na die polisie as “honde” verwys het omdat hulle hul pligte ignoreer en in selfbelang optree, berispe.

Die vrou, wat die departement se openbare deelname-vergadering in Breyton, 30 kilometer van Ermelo, bygewoon het, het aan die skare gesê die polisie hanteer lede van die gemeenskap nie gelyk nie, het Shongwe se woordvoerder, Joseph Mabuza, gesê.

Sy het gesê toe sy ‘n misdaad gepleeg het, was die polisiebeamptes vinnig op die toneel. Toe dit egter haar beurt was om bygestaan te word, was die polisie nie hulpvaardig nie.

“Nie almal in die polisie is sleg nie, maar van hulle is honde omdat hulle net daarin belangstel om salarisse te ontvang, pleks daarvan om ons as mense te help,” het sy gesê.

Ander mense het die polisie ook van rasse-vooroordeel beskuldig. Hulle het gesê die polisie reageer vinnig wanneer wit boere deur misdaad geraak word, het Mabuza gesê.

Hulle het verduidelik dat die polisie met verskeie voertuie en helikopters na ‘n toneel sal stroom, maar as dit ‘n swart persoon is, sal die polisie ure laat opdaag.

Shongwe het in reaksie op die kwessies wat opgehaal is gesê hoewel mense woedend is oor die polisie se gedrag in die gebied, moet hulle nie slegte maniere ten toon stel as hulle in die openbaar praat nie, het Mabuza gesê.

“Die polisie is mense net soos die res van ons. Hulle moet dus in hul loopbane gerespekteer word. Ons kan hulle nie honde noem nie. Laat ons afsien van sulke neerhalende woorde, want dit sal daartoe lei dat mense dié woorde glo.

“Hulle het bloed nes die res van ons, hulle voel ook die pyn in hul liggame. Dié wat nie lojaal en passievol oor diens aan die mense is nie, moet aangemeld word.”

Hy het toegegee dat sommige polisiebeamptes die goeie beeld van die polisiediens in die wiele ry. Die gemeenskap moet hulle egter aanmeld sodat hulle, indien skuldig, uit die stelsel gehaal kan word.

купить пазлы украинаданильченко юрій броніславович компромат

NAVO laat 61 swart vlugtelinge sterf

Swart vlugtelinge is blykbaar aan hul lot oorgelaat om te sterf in die Middellandse See nadat Europese en NAVO-militêre eenhede hulle krete om hulp geïgnoreer het.

‘n Boot met 72 passasiers aanboord, waaronder verskeie vroue, jong kinders en politieke vlugtelinge, het in Maart naby Tripoli in die moeilikheid geraak. Hulle was oppad na Europa om daar om politieke asiel aansoek te doen.

Die vaartuig het blykbaar rondgedryf in die oop water vir 16 dae lank. “Elke oggend het ons wakker geword en nog liggame ontdek,” het Abu Kurke, een van slegs nege oorlewendes, gesê. Hulle het oorleef, sê hy, deur hul eie urine te drink en tandepasta te eet.

Internasionale maritieme reg verplig alle skepe, insluitende militêre vaartuie, om gehoor te gee aan noodoproepe en hulp aan te bied waar moontlik. Vlugtelingorganisasies het ‘n ondersoek na die sterftes aangevra, terwyl die UNHCR, die VN se vlugteling-agentskap, gevra het vir strenger samewerking tussen kommersiële en militêre skepe in die Middellandse See in ‘n poging om menselewens te spaar.

Hierdie jaar se politieke onrus en militêre konflik in Noord-Afrika het ‘n skerp styging in die aantal mense wat probeer om Europa te bereik, veroorsaak. Soveel as 30 000 migrante het die reis oor die Middellandse See in die afgelope vier maande aangepak.

Groot getalle sterf en route; die afgelope maand is meer as 800 immigrante van verskillende nasionaliteite vermoedelik dood. Van die lyke spoel op die strande in Europa en Noord-Afrika uit.

Die pous het intussen, in ‘n toespraak aan meer as 300 000 aanbidders, ‘n beroep op Italianers gedoen om immigrante te verwelkom.

Op ‘n stadium op 29 Maart of 30, was die boot naby aan ‘n NAVO-vliegdekskip. Volgens oorlewendes, het twee stralers opgestyg van die skip en laag oor die vlugtelingvaartuig gevlieg terwyl die immigrante op die dek twee honger babas omhoog gehou het.

Die Guardian het na uitgebreide navrae vasgestel dit was waarskynlik die Franse skip Charles de Gaulle.

‘n Woordvoerder van NAVO, wat militêre optrede in Libië koördineer, het gesê hulle het geen rekords van die insident nie. “NAVO-eenhede is ten volle bewus van hul verantwoordelikhede met betrekking tot die internasionale maritieme reg, en sal antwoord op alle noodoproepe op see en altyd help wanneer dit nodig is om lewens te red.”

детски машиныЛобановский

Moslems en Christene pak mekaar in Egipte

Die Egiptiese eerste minister, Essam Sharaf het ‘n noodveragdering van sy kabinet saamgeroep om bloedige gevegte wat tussen Moslems en Christene in Kaïro uitgebreek het, te bespreek.

Minstens sewe mense is dood en meer as ‘n honderd beseer in die gevegte.

Die Egiptiese weermag is ingeroep om die twee groepe uitmekaar te hou. Volgens berigte beskuldig die Moslem-groepe ‘n Christengroep daarvan dat hulle ‘n vrou wat die Islamitiese geloof wil aanneem, gevange hou.

Die twee groepe het mekaar onder klippe en petrolbomme gesteek.

безмасляные компрессорыданильченко юрій броніславович

‘Bid vir ANC’

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Sondag aanbidders buite die Oos-Kaapse dorp Cala aangeraai om vir sy party in die plaaslike verkiesings te stem as hulle water, krag, gratis huise, teerpaaie en straatligte wil hê.

“Ek vra julle om vir die ANC te bid terwyl ons die verkiesing op 18 Mei nader,” het Mantashe tydens ‘n volgepakte kerkdiens by die St Johns Apostolic Faith Mission-kerk gesê.

“Ons beloof om julle water, krag, paaie en straatligte te gee, maar net as julle vir die ANC bid en dat ons die verkiesings sal wen.”

Mantashe, wat oor die naweek ANC-veldtogte in die gebied gevoer het, is ‘n lid van dié kerk en is uitgenooi om die aanbidders toe te spreek.

Hy het geskerts dat hy eens die keuse tussen die kerk en die politiek gehad het, maar dat hy gedwing is om die politiek te betree.

Hy het gesê die besluit wat mense op 18 Mei sal maak, sal “net so belangrik” wees.

“Jy moet weet vir wie jy stem,” het hy gesê.

“Maar ek raai julle aan om vir die ANC te stem. As julle voel dat julle nie vir die ANC kan stem nie, kan julle na ander partye gaan, maar weet dat die ANC altyd die land sal lei.”

Buite die kerk het inwoners van Cala in die modder en die reën gestaan en wag vir hul name om geroep te word sodat hulle hul rantsoen van vyf liter water vir die dag kon kry.

Een vrou, Tembisa Ngcobela, het gesê sy sal “meer as enigiets” ‘n kraan met lopende water wil hê.

“Ek het vier seuns en hulle is in die skool,” het sy gesê.

“Ek is bly daaroor. Ek is bly dat hulle opvoeding en geleenthede het, maar as ek ‘n kraan kon hê sou dit baie makliker wees,” het sy gesê.

‘n Vrou wat langs Ngocobela gestaan het, het gesê sy is met tuberkulose gediagnoseer en wil beter behandeling by die kliniek in die gebied ontvang.

“Die regering het vir ons baie dinge gebring,” het sy gesê, “maar daar is baie dinge wat ons nie het nie. As hulle wil hê ek moet aanhou om vir hulle te stem, moet hulle vir ons dinge soos teerpaaie en lopende water gee.”

поршневой безмасляный компрессорлобановский класс

Nog ‘n bejaarde egpaar oorval

‘n Bejaarde egpaar in die misdaadgeteisterde Bloemspruit, Bloemfontein, is met ‘n mes en hamer oorval.
Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdagoggend in hul huis aangeval. Dit is reeds die vierde wrede aanval sedert September verlede jaar.
Lees verder.

 

тамбов краныФільчаков Олександр Васильович

Skotse onhafhanklikheid?

Onlangs was die Belge presies ‘n jaar sonder regering, nadat die laaste verkiesingsuitslae dit ‘n haas onbegonne taak gemaak het vir die Vlaminge en die Franssprekende Wale om ‘n nasionale regering te vorm. Daar word druk bespiegel dat België as staat kan verdwyn, en in ‘n onafhanklike Vlaandere en ‘n onafhanklike Wallonië sal uitkristalliseer.

Nou lyk dit of die Skotte hulle dalk kan voorspring.

Na die onlangse oorweldigende oorwinning van die Skotse Nasionale Party in die Skotse parlement, het die Britse regering toestemming vir ‘n referendum oor Skotse onafhanklikheid gegee. Dié referendum sal waarskynlik binne vyf jaar gehou word.

Dit is egter nie net die Skotse Nasionale Party wat veld gewen het nie. Ook die Skotse Groenes wat ook Skotse separatisme voorstaan, het goed veld gewen.

Hierdie middelpuntvliedende kragte kom te midde van ‘n middelpuntsoekende krag in die teenoorgestelde rigting – die nouer staatkundige verweefdheid van die Europese Unie wat al onder meer ‘n Europese Parlement en die Europese Kommissie (regering) opgelewer het. Dié staatsvorming het waarskynlik reeds die definisie van ‘n konfederasie agtergelaat.

Een van die bepalings van lidmaatskap tot die Europese Unie is die selfbeskikkingsreg van minderhede. Spanje, om lid te kon word, moes groter outonomie aan sy Baskiese en Kataloniese gebiede verskaf. Die Skotte en Walliesers het sonder dat daar baie opsigtelike druk daarvoor was, eie parlemente gekry – hoewel die Skotse Nasionale Party al in die 70ger-jare begin steun kry het vir uiteindelike onafhanklikheid. Die Walliese Nasionale Vergadering het in 1998 tot stand gekom, en het sestig lede. Dit het geleidelik meer wetgewende magte verkry, en kan eers van Maart vanjaar af wetgewing onafhanklik van die Britse parlement deurvoer.

Die oorspronklike Skotse parlement het van die 13de eeu af bestaan tot dit in 1707 met die Britse saamgesmelt het. Die eerste sitting van die nuwe Skotse parlement het in 1999 plaasgevind. Hoewel daar min in Suid-Afrika daarvan gehoor is, het dit werk van ‘n verbluffende gehalte begin lewer, en in die Europese konteks dikwels die toon aangegee soos leidinggewende wetgewing om die skerp groeiende voorkoms van outisme die hoof te bied. Trouens, alles, van die parlementêre webwerwe tot die moderne parlementsgebou spreek van gehalte.

Turkye, wat graag lid van die Europese Unie wil word, moet eers behoorlike selfbeskikkingsregte aan sy minderheidsgroepe, soos die Koerde, verskaf.

Die opkoms van minderhede se selfbeskikkingsaandrag, of selfs ‘n drang vir volle onafhanklikheid te midde van ‘n groter oorhoofse sentralisering, het so duidelik uitgekristalliseer dat dit ‘n universeel erkende politiek-wetenskaplike waarheid is. Die Friese, wie se spreektaal bykans nie meer van Nederlands te onderskei was nie, het skielik weer aktief Friesies begin praat en skryf. Friesies het onlangs ‘n amptelike taal in Nederland geword. Brabants het ‘n eie Bybelvertaling gekry. Die Egte Finne het in die onlangse algemene verkiesing ‘n sterk lopie gehad, en die Sweedse minderheid verontrus.

Die Belgiese fenomeen – en in ‘n mindere mate die Baskiese – het egter so die toneel oorheers dat die oë nie op Skotland gehou is nie.

Hierdie opkomende nasionalisme kan breedweg vertolk word as dat terwyl daar in elk geval ‘n soort sambreelregering – in hierdie geval die Europese Unie is – waarom kan ons dan nie regstreeks daar inskakel nie? Hoekom moet dit nog via ‘n vreemde tussengganger wees? Die Egte Finne is egter ‘n uitsondering – hulle wil op die oog af losser van die EU kom – minstens vir soverre hul hardverdiende geldjies buiteverhouding gebruik word om ander lidlande soos Griekeland en Portugal uit die finansiële doofpot te hou.

Ten laaste is daar die verskynsel dat konserwatiewer politiek oor ‘n breë front besig is om liberalisme terug te dwing, ook buite Europa. Die wêreld het byvoorbeeld reeds kennis geneem wat die konserwatiewe Tea Party kan doen om nuwe lewe in die Amerikaanse Republikeinse Party te blaas. Pas het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers ‘n besluit met ‘n groot meerderheid geneem wat permanent sal verhinder dat die pro-aborsiegroepe weer hul jaarlikse poging sal kan aanwend om staatsbefondsing vir aborsies te verkry. ‘n Die pas-afgehandelde Kanadese verkiesing word as verdere slegte nuus vir pres. Barack Obama se kanse beskryf om nog ‘n termyn die pyp te rook. Die Kanadese Konserwatiewe Party het sy aantal setels van 143 tot 167 opgeskuif, en het nou ‘n gemaklike meerderheid in die parlement. Die Liberale Party, wat eens so die toneel oorheers het, het na die verkiesing net 34 setels.

Soos dikwels is daar ook hier ‘n uitsondering op die reël: Die radikale Bloc Quebecois het van 43 setels na net 4 teruggesak.

оборудование для складаФильчаков прокурор харькова

DA ontbloot homself as ‘ANC Lite’

Zuma en ZilleOp die vooraand van plaaslike verkiesings, het die DA homself finaal ontbloot as die “ligte” weergawe van die ANC. Die leier van die party, Helen Zille, het verklaar dat “ons net soos die ANC die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) onderskryf”, waarmee sy die ANC se kripto-sosialistiese dokument van 1955 omhels het, ‘n dokument waarvan daar deur kenners vermoed word dat dit deur kommuniste opgestel is.

Die beeld van Zille wat soos ‘n hoogs besoldigde bediende in wit tekkies en belaglike kleding dans om ANC-kiesers te beïndruk, dra by tot die gevoel dat ons tans nog ‘n Afrika-tragikomedie beleef. Wat van dié juweeltjie oor Zille uit die Sowetan: “Op Meidag het sy Atteridgeville in Pretoria besoek, om hulde aan die ontslape uMkhonto weSizwe-held Solomon Mahlangu te bring.”

Mahlangu was ‘n goedkoop terroris wat die doodstraf ontvang het omdat hy twee ongewapende blanke burgerlikes op 13 Junie 1977 gedood het. Zille kon net sowel Osama bin Laden se nagedagtenis vereer het. Maar die ongelooflike van die Suid-Afrikaanse politiek is dat die liberale nog altyd die radikale linkses verdedig en vereer het. Sonder liberale malletjies soos Zille, sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie!

As ‘n mens dink aan die reusetriomf van die linkses in dié land met hul liberale skoothondjies wat snuiwend vooruit draf, is dit genoeg om selfmoordgedagtes te ontketen. Dwarsdeur die wêreld, vanaf die Tea Party in die VSA tot die Party vir die Vryheid in Holland, is glansryke, intellektuele konserwatisme besig om op te kom. Dog in Suid-Afrika is selfs die blanke middelklaskiesers besig om hulself soos kalkoene te gedra wat telkens vir Kersfees stem deur ‘n kranksinnig liberale party soos die DA te ondersteun, ‘n DA wat interne regstellende aksie beoefen en oor dooie terroriste soos Solomon Mahlangu trane stort. Ook vandeesweek het die DA die Verwoerdstandbeeld in Meyerton verwyder, in ‘n desperate poging om meer anti-blank en polities korrek as die ANC te wees. Terloops, Verwoerd het in die vyftigerjare die aantal swart skole in die land binne vyf jaar verdubbel, ‘n goeie daad waarvoor hy tans deur die DA gestraf word.

In sulke oomblikke van volslae politieke depressie, dank ek die Here vir ‘n party soos die Vryheidsfront Plus. Toegegee, Pieter Mulder is gans te gaaf en goedgemanierd om ‘n opposisieleier te wees en persoonlik dink ek hy behoort nie as adjunkminister van landbou aan te bly nie. Maar ek het sy boek gelees (Mulder-boek net betyds vir Afrikanervryheidstryd) en is beïndruk met sy begrip van die Afrikapolitiek en -kultuur, sy insigte in ons land se geskiedenis en sy verbintenis tot die Afrikaner- en blanke minderheid. Mulder kon reeds lankal ‘n Marthinus op ons getrek het as hy sou wou; nogtans het hy hom in die leeukuil van ‘n ANC-kabinet begewe en standvastig gebly. Sy byna daaglikse mediaverklarings is almal krities oor die ANC. En hy toitoi ook nie in belaglike uitrustings nie, waardeur hy volpunte vir die behoud van waardigheid – syne en ons s’n – ontvang.

Demografiese projeksies, waarby die konstante emigrasie ingesluit is, plaas die blanke bevolking teen 2060 op 500 000, met dié land wat deur arm swartes vanuit die hele Afrika oorspoel gaan word. Teen daardie tyd sal ons land ‘n wetenskapfiksie-nagmerrie van 200 miljoen mense verteenwoordig. Suid-Afrika soos ons hom ken, is gedoem. Ons kinders en kleinkinders het geen toekoms nie. As u nie teen dié tyd die skrif aan die muur kan lees nie, is u óf op dwelms óf u benodig baie dik brilglase.

Slegs ‘n wonderwerk sal ons red en dié land, of ten minste ‘n gedeelte daarvan, tot sy vorige glorie as ‘n funksionerende nywerheidsmaatskappy met baie min misdaad, asook onderwys en mediese dienste van ‘n hoë standaard, herstel. Wonderwerke gebeur, soos die Berlynse muur wat afgebreek is en ‘n paar honderd Oos-Europeërs van kommunisme bevry het. Suid-Afrika het egter nie hul voorbeeld gevolg nie, maar het toenemend radikale idees omhels wat juis uit klassieke kommunisme spruit, in so ‘n mate dat die byna konstante verskyning van die Kommunistiese Partybaas Blade Nzimande in sy rooi T-hemp op ons TV niemand meer skok nie.

Die enigste ding wat ons kan red, is etniese en minderheidspolitiek. As Swart Amerika wat slegs 12% van die Amerikaanse bevolking uitmaak daarin kon slaag om een van hulle as president verkies te kry, kan ons tog beter doen as om ons geregverdigde hoop vir ‘n beter toekoms en, die Here weet, regte – ja, ons het óók regte, nie net die ewig “benadeeldes” in hul blink Mercedesse en Jaguars nie – in die DA se multikulturele fantasie te laat verdwyn?

Terwyl Zille die ANC oor gierigheid en korrupsie kasty, is sy blykbaar die grootste dubbelsalarisverdiener van almal. Volgens Tony Ehrenreich van Cosatu in die Wes-Kaap, ontvang sy twee inkomstes: R1 mijoen as premier van daardie provinsie en ‘n allamintige R1,5 miljoen as baas van die DA.

Konserwatiewes in dié land sal hulself moet regmaak vir ‘n lang, harde stryd as ons nie ook op die ashoop van mislukte Afrikastate gaan beland nie. Die erosie van wet en orde geskied net so vinnig soos op plase wat van ons boere afgeneem en aan ANC-boeties oorhandig word – met die seën van die kranksinnig liberale DA.

Ons sal baie harder moet begin baklei, oor beginsels en vir die soort gedesentraliseerde, federale en realistiese stelsel wat dié land nodig het. Ons moet ‘n einde aan die skaduboks – of moet ek dit skadudans noem – tussen Zuma en sy vroulike alter ego, Zille, maak.

Die DA loop oor van selfvertroue dat hy die ANC se kiesers kan afvat. Dus het hy nie langer ons minderheidstemme nodig nie. Om nog ‘n persent of twee by die DA se 16 persent te voeg – heelwat minder as De Klerk se 24 persent opposisiestem in 1994 – gaan niks aan die toekoms van dié land verander nie.

‘n Verdubbeling of verdriedubbeling van die aantal Vryheidsfront Plus-raadslede sal egter ‘n “versetstem” of ‘n gevreesde “swaai na regs” beteken wat ‘n duidelike boodskap aan die ANC, asook wêreldleiers sal stuur dat ons genoeg van dié sirkus gehad het, ‘n sirkus wat deur die internasionale liberalisme met sy misplaaste geloof in “een soort demokrasie wat almal sal pas” op ons afgedwing is.

Ons moet vir werklike verandering stem, nie net om die spreekwoordelike dekstoele op die Titanic rond te skuif nie. Die Vryheidsfront Plus beskik oor die nodige intellektuele en vasbeslote aktiviste wat vir sulke verandering kan agiteer, om te verseker dat ons as minderheid nie langer vertrap en deur geweld en regstellende aksie uit ons land vedryf word nie.

Maar om so iets te laat gebeur, het ons baie meer stemme vir die VF+ nodig. Soms kry ek die indruk dat Zille en die res van die oud-Black-Sash-liberale in die DA met hul simpatie vir ANC-terroriste die blanke middelklaskiesers verafsku wie se stemme hulle as so vanselfsprekend beskou.

Hulle gaan ons stemme nie mis nie. Kom ons gee ons stemme aan Pieter Mulder en sy ywerige manne en vroue wat met ‘n honderdste van die ANC en DA se begrotings ‘n moedige stryd stry.

Ons moet vir ‘n verrassing in dié verkiesing sorg. Dis ons enigste hoop.

Al doen u niks anders ooit weer in u lewe nie, stem asseblief vir die Vryheidsfront Plus in hierdie verkiesing.

Versoek: versprei hierdie artikel so wyd as moontlik onder vriende, familie en kollegas. Plaas ook asb. die skakel op u Facebook of Twitter. Klik op “Bookmark”, onder onmiddellik regs vir bystand om dit met u Facebook- of Twitter-vriende, asook ander sosiale netwerke, te deel.

bananasЛобановский