Kan ‘n slak geleer word om klavier te speel?

Deel op

slak_klavierdeur Leon Lemmer

Allan Bloom (1930-1992) het ‘n blitsverkoper en klassieke boek oor die Amerikaanse universiteitswese geskryf: The Closing of the American Mind (London: Penguin, 1988, 392p). Met verwysing na swartes lys hy kenmerke soos: “permanent quotas in admission, preference in financial assistance, racially motivated hiring of faculty, difficulty in giving blacks failing marks, and an organized system of grievance and feeling aggrieved” (p 95). In die nuwe Suid-Afrika het hierdie euwels hulle in oortreffende mate aan ons plaaslike universiteite ingeburger. Dit kom neer op blatante ras- of kleurgebaseerde bevoordeling van swartes en doelbewuste benadeling van wittes; iets wat vloek teen die valse bewering dat die nuwe Suid-Afrika ‘n nie-rassige samelewing is.

Bloom gaan soos volg voort: “The fact is that the average black student’s achievements do not equal those of the average white student … and everybody knows it. It is also a fact that the university degree of a black student is also tainted, and employers look on it with suspicion, or become guilty accomplices in the toleration of incompetence” (p 96). Die tans nog oorwegend wit Amerikaanse “democratic society cannot accept any principle of achievement other than merit” (p 96). In Suid-Afrika verskil die situasie van dié in Amerika deurdat swartes, weens uitgesproke swart bevoordeling van owerheidsweë, feitlik deurgaans by voorkeur aangestel en bevorder word, bv in die staatsdiens. Dan word daar nodeloos kopgekrap oor die ondoeltreffendheid waarin bv ons openbare dienste verval het.

In die VSA word dit deesdae algemeen erken dat Asiate, eerder as wit studente, akademies die beste aan universiteite vaar en swartes die swakste. Daar is ‘n oormaat studiebeurse aan swartes beskikbaar. Hulle word ook in groter mate as ander etniese groepe bygestaan, bv deur mentors. Tog bly die resultate teleurstellend. Die verskille in akademiese vermoë is bewese feite gegrond op betroubare inligting en deeglike navorsing. Dit is nie die uiting van vooroordeel nie. Die navorsers sou seker veel eerder verkies om polities korrekte resultate te behaal, maar objektiwiteit vereis dat die waarheid onder oë gesien moet word.

In Amerika het politieke “bevryding” vir swartes bykans vier dekades vroeër as vir Suid-Afrikaanse swartes aangebreek. In die VSA het daar dus reeds genoeg tyd verloop om vas te stel dat die beperkte sukses wat swartes aan universiteite behaal nie goedsmoeds aan beweerde benadeling, dus aan blankes, toegeskryf kan word nie. In Suid-Afrika is ons egter, ná twee dekades van “vryheid en gelykheid”, nog steeds amptelik in die waan dat alle etniese groepe in dieselfde mate in alle opsigte kan presteer, mits benadeling uitgeskakel en daar genoeg in kompensatoriese bevoordeling belê word.

In die Suid-Afrika van weleer was dit duidelik dat daar verskille in aanleg of voorkeur onder die blankes voorgekom het. Afrikaanssprekendes het bv as landbouers en in die onderwys uitgemunt, terwyl Engelssprekendes beter in die handel en nywerheid gevaar het. Hierdie verskille is erken en aanvaar. Daar is nie geredeneer dat dit met sosiale ingenieurswese reggestel en die blanke sektor in hierdie opsig teen wil en dank getransformeer moet word nie. Daar is van owerheidsweë toegelaat dat verandering of ontwikkeling evolusionêr en natuurlik geskied.

Daar word geredelik in bv sommige sportsoorte erken dat etniese groepe se vermoëns verskil, bv dat swartes beter hardlopers en boksers as wittes is, maar dat wittes op hulle beurt beter as swartes in swem, tennis en gholf vaar. Hierdie verskille word egter net in sommige sportsoorte geduld. Dat swartes plaaslik ‘n oorheersende teenwoordigheid in sokker het, ontlok geen amptelike beswaar nie. In bv rugby, krieket en netbal word daar egter verseg om amptelik te erken dat ander etniese groepe beter as swartes kan vaar en word rasgebaseerde kwotas opgedring. Dieselfde halsstarrige eenderswensing kom in die akademie voor.

In werklikheid is dit geen skande as mense indiwidueel én groepgewys in sommige opsigte verskil nie. Sodanige verskille is gewoon feite gebaseer op empiriese waarneming. In Amerika word geredeneer dat selfs liggaamlik en geestelik gestremdes nie beoordeel moet word asof hulle ‘n agterstand het nie. Gestremdes word bloot as anders begaafd (“differently enabled”) beskou. As ‘n groep dus meer aanleg vir sokker as rugby openbaar, kan dit aan natuurlike oorsake toegeskryf word. Dit is heeltemal onnodig dat die ANC-regering hom met so ‘n saak bemoei en die situasie teen wil en dank wil “regstel”.

Hierdie argumente is ook in die akademie geldig. As swartes swakker as wittes aan universiteite vaar, dui dit nie noodwendig op verskille in bv intelligensie nie; dalk eerder op verskille in belangstelling, motivering, ens. Sodanige verskille kan gewoon op anderste natuurlike begaafdheid dui, wat geensins afbreuk aan die aansien of selfrespek van enige etniese groep hoef te doen nie.

Teen hierdie agtergrond kan die onlangs vrygestelde Makgoba-verslag oor Suid-Afrikaanse universiteite beoordeel word. Ek baseer my kommentaar op ‘n berig deur Alet Rademeyer wat in Die Burger (28 Oktober, p 2) gepubliseer is. Malegapuru Makgoba is die rektor van die Universiteit KwaZulu-Natal (UKZN). Hy het bekendheid verwerf as iemand wat sterker pro-swart (en in die besonder pro-Zoeloe en anti-blank) as enige van die ander rektore is. In die oë van die minister van hoër onderwys en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Blade Nzimande, was Makgoba die geskikste persoon vir aanstelling as voorsitter van die Transformasie-oorsigkomitee wat pas verslag oor ons universiteite gedoen het.

Sover ek weet, het daar nog nêrens beswaar opgeklink teen die geskiktheid van sowel Nzimande as Makgoba om so ‘n ondersoek te doen nie. Nzimande wil die getal naskoolse studente teen 2030 vervyfvoudig. Tans is die situasie volgens RW Johnson reeds dat universiteite “are admitting legions of ineducable youths … the whole bottom half of university entrants should simply not be in tertiary education at all … if they pass even half … they will have ceased to be universities in any meaningful sense.”

Deel van die probleem is disfunksionele skole. Die gesaghebbende Britse tydskrif, The Economist, het onlangs berig: “Although South Africa is a middle-income country, its education system is anything but middling. The Swiss-based World Economic Forum ranks it 146th out of 148 countries – and last in mathematics and science. This is not for want of money. Education chews up a fifth of the state’s budget. Teachers are relatively well paid. But standards are low and results dismal” (Die Burger, 30 Oktober, p 16).

Die UKZN is tans in die nuus omdat Afrikaans nie meer daar as hoofvak en as nagraadse studierigting geduld word nie. Blykbaar gaan Afrikaans voortaan net as eerstejaarsvak toegelaat word. Terselfdertyd word alles moontlik gedoen om Zoeloe te bevorder. Volgens RW Johnson is aan die UKZN besluit dat Zoeloe en Engels teen 2016 in gelyke mate (dus 50-50) in die administrasie en onderrig gebruik moet word. Die onderliggende motief is blykbaar om sover moontlik van blanke en Asiatiese studente en personeel ontslae te raak: “The real political point of all this is not actually to achieve anything worthwhile for the Zulu language but to browbeat and bully the non-African faculty.” Sonder ‘n krediet in ‘n ander Afrika-taal as Afrikaans sal studente nie kan gradueer nie. Johnson het oor hierdie onderwerp ‘n teks gepubliseer wat net elektronies beskikbaar is: The African University? The critical case of South Africa and the tragedy at the UKZN (Cape Town: Tafelberg, 2012). Daarin word Nzimande en Makgoba “two Frakenstein monsters” en “the twin architects of its [die UKZN se] destruction” genoem.

Johnson verwys soos volg na die Wêreldbank: “The one thing the Bank doesn’t want to compromise on is university quality. ‘For an effective contribution to the development of the continent, higher education in Africa must meet international standards of quality’ … The corollary is that universities have to be elitist and quite unashamed of it: their job is to produce the best-educated graduates they possibly can.” Dus, laat die akademies beste studente toe en stel die akademies beste dosente aan, sonder inagname van ras/kleur, geslag, ens. Dit is die teenoorgestelde van wat rektore soos Russel Botman op Stellenbosch en Jonathan Jansen in Bloemfontein bepleit.

Volgens Makgoba is wit, manlike akademici “badly in need of ‘treatment and a proper African rehabilitation’. Indeed, he declared, only when they ate, talked, sang and danced like Africans did they have any hope of being readmitted to the human race. This was nothing less than a declaration of a sort of racial war against non-Africans.” Makgoba het al openlik verklaar dat die UKZN eerder swartes uit Afrika as plaaslike blankes as dosente aanstel. In sy boek, South Africa’s Brave New World (London: Penguin, 2010, 710p) skryf Johnson: “Makgoba compared the white males who made up the largest proportion of his academics to superannuated apes” (p 587).

Die uitgangspunt van die Makgoba-verslag is dat alle mense (indiwidueel en groepgewys) nie net (in alle opsigte) gelyk is (of behoort te wees) nie, maar dat hulle ook in dieselfde (potensiële) mate akademies begaafd is. Hiermee word uitdrukking aan ‘n fundamentele ANC-dogma gegee, wat neerslag vind in die beleid dat die demografie van die Suid-Afrikaanse bevolking oral, bv in die bekleding van poste en daarby op alle vlakke, weerspieël moet word. Die Suid-Afrikaanse bevolking is, gebaseer op onbetroubare sensusstatistiek, glo 79.2% swart. Daardie persentasie styg voordurend vanweë “natuurlike” aanwas en die ongebreidelde instroming van onwettige immigrante. As daar ‘n sektor is waar swart verteenwoordiging meer as 79.2% is, bv die 100% swart Suid-Afrikaanse sokkerspan tydens die wêreldbekertoernooi wat plaaslik aangebied is, hoef niks daaraan gedoen te word nie. As swart verteenwoordiging egter minder as 79.2% is, word verandering oftewel transformasie en dus regeringsinmenging noodsaaklik geag.

Rademeyer berig soos volg: “Luidens die verslag is die pad van transformasie vir universiteite nog baie lank en kan dit nog 12 jaar duur om die studentedemografie reg te stel en onderskeidelik 43 en 40 jaar om personeel- en dosente-verteenwoordiging reg te kry.” In hierdie konteks het “regstelling” ‘n suiwer politieke betekenis. Wat akademies nodig of wenslik is, word glad nie in ag geneem nie. Universiteite word die prooi van ANC-ideologie. Die benadering is eenogig statisties-demografies: “Instellings se demografiese verteenwoordiging van studente, totale personeel, doserende en professionele personeel, ondersteuningspersoneel, rade en senate is bekyk.” Hierdie suiwer ras- of kleurgebaseerde ondersoek is in die nuwe Suid-Afrika onderneem; ‘n samelewing wat deur veral die ANC voorgestel word asof dit in nie-rassigheid uitmunt. Die waarheid is dat ras of kleur seker die vernaamste bepalende faktor van ANC-beleid is. Wat deurgaans nagestreef word, is die bevoordeling van swartes en die benadeling van wittes.

Daar word aanbeveel dat die ANC-regering staatsubsidies as hefboom misbruik deur daardie universiteite te vergoed wat transformasie ten koste van gesonde akademie bedryf en dat daardie universiteite wat dit nie in die verlangde mate doen nie, finansieel benadeel moet word deur hulle staatsubsidies te verminder: “Om transformasiesyfers te verbeter, stel die oorsigkomitee voor dat daar na ‘n sesjaar-toelatingsplan by universiteite gekyk word om studentegetalle reg te kry en dat ‘n nuwe finansieringsraamwerk oorweeg word wat daarop neerkom dat instellings wat nie na wense transformeer nie, se staatsubsidie ingekort word.”

Daar is reeds op aandrang van Nzimande gereël dat studente via die departement van hoër onderwys eerder as direk by universiteite aansoek om toelating moet doen (praag 22.10.2012). Die opset waarnatoe beweeg word, is algehele onderwerping aan ANC-ideologie. Uiteindelik sal daar geen of bitter min sprake van universitêre outonomie oorbly. Die aanduidings is dat die doelbewuste wegkalwing van universitêre outonomie, wat reeds eeue lank die noodsaaklike grondslag van gesonde akademiese lewe is, sonder daadwerklike verset, dus gedwee, aanvaar word.

‘n Duidelike aanduiding hiervan is deur Jonathan Jansen, die rektor van die Universiteit Vrystaat, in sy jongste rubriek gegee (Die Burger, 29 Oktober, p 14). Hou in gedagte dat ‘n rektor veronderstel is om akademiese leiding aan ‘n universiteit te gee. Hy is nie veronderstel om hom, soos plaaslik die gewoonte geword het, by voorkeur oor politieke sake uit te laat en daarby ‘n anti-akademiese en wesenlik irrasionele onderneming soos die ANC na die mond te praat nie. Jansen het myns insiens die Makgoba-verslag as kapstok aangegryp om uitdrukking aan sy anti-blanke gesindheid te gee. Sy rubriek is onder die opskrif, “Transformasie moet dieper sny”, gepubliseer. Hou ook in gedagte dat Jansen aan twee Amerikaanse universiteite studeer het (Praag 6 Oktober) wat uitermate voor swart mag geswig het.

Jansen: “Die doel van die ondersoek is korrek. Ons het universiteite nodig wat waarlik oop is vir die volle spektrum van talent in Suid-Afrika en die buiteland. Dit beteken ons het meer swart en vroulike akademici en studente nodig.” Klaarblyklik onderskryf Jansen die ANC se rassistiese en seksistiese kwotabeleid; ook dat buitelandse studente en dosente, verkieslik swart Afrikane, hulle plekke ten koste van blankes op ons universiteitskampusse inneem.

Dan volg hierdie bedenklike sin: “Ons het normale universiteite nodig wat nie gedefinieer word deur ‘n tragiese geskiedenis van uitsluiting nie.” Is Jansen se gedwonge integrasie van koshuise op die grondslag van 50% wit en 50% swart ‘n toonbeeld van universitêre normaliteit? Is sy bevordering en oordrewe invoering van Engels op ‘n tradisioneel Afrikaanse kampus normale universitêre praktyk? Is dit nie veel eerder normaal as ‘n universiteit ‘n enkele onderrigtaal het nie? Was dit werklik ‘n tragiese geskiedenis van uitsluiting toe elk van die verskillende kultuurgroepe ‘n eie universiteit gegun is? Jansen was in die jare sewentig ‘n student aan die Universiteit van Wes-Kaapland toe bruin kultuur op daardie kampus soos nooit tevore nie floreer het. Hierdie opset is vernietig toe Jakes Gerwel as rektor politiek bo akademie verhef en toegelaat het dat die bruines deur swart studente verswelg word; swartes wat in baie gevalle nie eens vir universiteitstoelating gekwalifiseer het nie.

Jansen mik ‘n gemene en erg oordrewe stekie na die Potchefstroomse kampus van die Universiteit Noord-Wes: “Boonop hoef ‘n universiteit wat met ‘n swart instelling saamgesmelt het en nou as ‘getransformeer’ bekend staan, niks te gedoen het om dit te bewerkstellig nie.” Waarteen Jansen dit onder meer het, is dat die historiese posisie van Afrikaans op Potchefstroom in groter mate as aan enige ander universiteit gehandhaaf word.

Hy gaan soos volg voort: “Maatskaplike geregtigheid verg gewis dat swart studente en akademici wat deur voormalige wit universiteite uitgesluit is, in groot getalle toegelaat moet word.” Wat Jansen hier sê, is dat daar op groot skaal op ‘n ras-/kleurgrondslag teen wit studente en dosente ten gunste van swartes gediskrimineer mag en moet word. Die etniese groep, naamlik die blankes, wat bv die Universiteit Vrystaat gestig, befonds en tot ‘n respektabele akademiese inrigting uitgebou het, moet ingevolge Jansen se skewe, polities gebaseerde ANC-standpunt vir lief met hulle tweederangse status op die kampus neem. Daarvolgens moet hierdie wittes in toenemende mate deur plaaslike en buitelandse swartes verswelg word, al het hierdie swartes geen noemenswaardige bydrae tot die ontwikkeling van die inrigting gelewer nie. Histories het swartes bv meesal versuim om hulle inkomstebelastingverpligtinge na te kom.

Let op hierdie onverdunde politieke en anti-akademiese gif: “Dit beteken dat universiteite menslike plekke is wat na minder bevoorregtes uitreik.” Dit is soortgelyk aan die bevrydingsteoloë se drogredenasie dat God voorkeur aan armlastiges en benadeeldes gee. Anders as wat Jansen dink, behoort universiteite myns insiens plekke te wees waar mense nie met allerhande sopstories wegkom nie; waar almal oor dieselfde akademiese kam geskeer word; waar almal moet bewys dat hulle akademies op peil is; plekke waarvan daar nie gesê moet kan word dat daar, in die woorde van Allan Bloom, “difficulty in giving blacks failing marks” is nie.

Volgens sy insig het Jansen in sy rubriek nog nie buitensporig genoeg akademies drooggemaak nie. Daarom vervolg hy: “Dit veronderstel ‘n diep transformasie van die kurrikulum wat kennis buite die eng beperkings van ons blywende koloniale en apartheidsepistemologieë oopstel.” Dit laat my vermoed dat Jansen die soort Amerikaans opgeleide akademikus is wat iets soos Black Studies en Women’s/Gay/Gender Studies aan die Universiteit Vrystaat sal verwelkom; studieterreine wat nie op akademiese of wetenskaplike respektabelheid aanspraak kan maak nie.

In hierdie “studies” word hoofsaaklik van hoogs subjektiewe belydenisse of ontboesemings gebruik gemaak. Die bydrae wat swartes, vroue en homoseksuele gelewer het, word erg oordryf omdat dit om propaganda vir ‘n saak gaan en nie om objektiewe, wetenskaplike kennis nie. Wat Jansen veel eerder moet leer om te waardeer, is die akademiese diepte en hoë standaarde wat kenmerkend van die koloniale en apartheidsera was. Hy kan homself en sy studente geestelik verryk deur groter waarde aan die Westerse beskawingserfenis te heg, pleks van (tevergeefs) na iets vergelykbaar in swart Afrika of swart Amerika te soek.

Jansen het sy mes in vir die wittes: “Dit is onverskoonbaar dat ‘n universiteit se personeel steeds oorweldigend wit is. ‘n Universiteit met ‘n oorwegend wit kampus dien duidelik nie studente of die land goed nie. Dit moet verander” Dit laat my dink aan die drogredenasie waarna Samuel Johnson reeds in 1784 verwys het: “Who drives fat oxen should himself be fat” (James Boswell, The Life of Samuel Johnson, London: Everyman, 1992, vol 2, p 527). Overgeset synde: Diegene wat onderrig aan swartes verskaf, moet self swart wees. Dat wittes akademies die beste dosente en navorsers en die wetenskaplike behoud van ‘n universiteit kan wees, word nie deur Jansen erken nie, want sy oriëntasie is eerder polities as akademies. Daarom wil hy blanke personeel vervang, soos hy reeds duidelik in sy boek, Knowledge in the Blood (2009), laat blyk het. Dit is waarop hy in die volgende sin sinspeel: “As jy bestaande personeel probeer vervang, maak ons arbeidswette dit byna onmoontlik.”

Dit behoort duidelik te wees dat die nuwe Suid-Afrika van owerheidsweë uitermate rassisties en seksisties is. Dit vind ook op universiteite neerslag. Wat nodig is, is om voor die hand liggende waarheid te erken dat mense indiwidueel en groepgewys in bv belangstelling, aanleg en vermoë, insluitende akademies-wetenskaplike vermoë, verskil. In die geval van iedere mens is daar sekere dinge wat hy kan doen en ander wat hy nie kan doen nie. In die res van die diereryk is dit opvallend ook die geval. Geen geld, mentor of ander bystand kan ‘n slak leer om klavier te speel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.