Ons het geen wens om selfmoord te pleeg nie, en dit is die rede waarom ons persvryheid nie sal toelaat nie. – Lenin.
Amptenare beboet weens behuisingsbedrog
Ses-en-twintig staatsamptenare wat weens bedrog met behuisingsaansoek aangekla is, is gister in die Pietermaritzburgse streekhof beboet. Hulle is boetes opgelê van R2000 tot R5000, met alternatiewe tronkstrawwe van ses of twaalf maande.
Swart kinders meer geneig om te verdrink
'n Nuwe inisiatief is van stapel gestuur deur die Amerikaanse nasionale swemliggaam, USA Swimming. Die rede daarvoor is dat swart kinders in die VSA teen 'n tempo van amper drie keer soveel as die gemiddelde koers verdrink.Gerugte dat Mbeki gesteelde wit plaas besit vals
Gerugte dat Robert Mugabe vir president Mbeki 'n gesteelde plaas van 'n wit kommersiële boer gegee het, is nie waar nie, sê die presidensie. Daar word ook beweer dat Mbeki en Mugabe saam 'n diamantmyn in die DRK besit.
Lees verder: Gerugte dat Mbeki gesteelde wit plaas besit vals
Gautengse vervoer steier onder skuld
Die Gautengse busindustrie mag dalk gedwing word om 'n geraamde 2 500 busse van diens te onttrek, wat ongeveer 400 000 passasiers elke dag sonder vervoer sal laat Die diens is onder druk vanweë die jongste dieselprysverhogings.
Regering moet onwettiges beskerm
Minister van Binnelandse Sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gister gesê dat onwettige immigrante wat by die Alexandra polisiestasie skuil, nie gedeporteer behoort te word nie.
Ontploffing dood 100 in Nigeri
Ten minste 'n 100 mense is dood en dosyne gewond in 'n ontploffing in 'n Nigeriese dorpie naby Lagos toe olie van 'n pyplyn uitgelek het nadat 'n meganiese skopgraaf die pyp beskadig het, en die olie ontplof het.
Sharapova weer nommer een
Die Rus, Maria Sharapova, is weer eens nommer een op die WTA se wêreldtennisranglys, en het Justine Henin onttroon. Henin se besluit om uit te tree uit professionele tennis met onmiddelike effek, beteken dat sy van die ranglys verwyder sal word.
Groot noot
Die Zimbabwiese reserwebank het Donderdag ’n Z$500 miljoen banknoot, wat ongeveer vyftien rand werd is, bekendgestel. Dit volg slegs ’n week nadat die Z$250 miljoen noot in gebruik geneem is. Met die nuutste banknoot kan mens ongeveer twee brode koop.Zuma se verhoor dalk uitgestel
Jacob Zuma
Jacob Zuma se korrupsieverhoor gaan, volgens sy regsverteenwoordiger, waarskynlik uitgestel word en sal nie op 4 Augustus kan begin nie.
