Basta met skaliegas, sê VF+

“Die VF Plus het met afkeur verneem van die besluit van die regering om die moratorium op die ontginning van skaliegas in die Karoo, op te hef. Die party is van mening dat daar vele bewyse is dat hierdie tipe ontginning gevaarlik is vir die omgewing. “Die ANC-regering het geensins aangedui hoe die ontginning verantwoordelik

Lees verder: Basta met skaliegas, sê VF+

Swede betaal glo vir uitlewering

In ‘n skuif wat die bloggers aan die brand het, het Swede belowe om aan Kambodja $60 miljoen te skenk vir “demokratiese ontwikkeling”. Sommiges dink die tydsberekening van die transaksie – reg nadat Pirate Bay se mede-stigter in dié land gearresteer is – is geen toeval nie. Baie mense het reeds die moontlike verband tussen

Lees verder: Swede betaal glo vir uitlewering

Franse drama in die Alpe dalk sluipmoord

Die pa van ‘n gesin wat in die Franse Alpe vermoor is, is Donderdag geïdentifiseer as Saad al-Hilli, ‘n 50-jarige wat in Bagdad gebore is, het ‘n Franse polisiebron gesê. Die polisiebron het bevestig dat die Hilli-gesin in Claygate, Surrey, in die suidweste van Londen gewoon het. Die Franse president Francois Hollande het gesê Frankryk

Lees verder: Franse drama in die Alpe dalk sluipmoord

Onrus breek weer by Medupi uit

Die polisie monitor woedende kontrakwerkers by Eskom se Medupi-kragaanleg op Lephalale in Limpopo. Die werkers het voertuie en toerusting beskadig, vermoedelik omdat hulle hul werk gaan verloor. RSG berig dié werkers doen kontrakwerk vir die maatskappye Murray en Roberts en Grinaker-LTA. Ed Jardim, ‘n woordvoerder van Murray en Roberts, sê die werkers is ontevrede want

Lees verder: Onrus breek weer by Medupi uit

FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede

Die grootste ongelykheidsgaping in Suid-Afrika is nie meer tussen swart en wit nie, maar tussen vakbondlede en gewone werkers aan die een kant en werkloses aan die ander kant, het oudpres. FW de Klerk Donderdag gesê. “Dit is ‘n skeiding wat die kern is van ons uitdaging van ongelykheid,” het De Klerk tydens ‘n gedenkmaal

Lees verder: FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede

Verklaar ‘n noodtoestand!

“Ek verklaar my land as onveilig en dring daarop aan dat die regering ‘n noodtoestand uitroep,” so sê me. Amanda de Lange, streekvoorsitter van die VF Plus aan die Wesrand ná die skietdood van ‘n hoërskool dogter in Krugersdorp. Die Botha-gesin is Woensdagaand by hul huis in Muldersdrift deur drie rowers ingewag. Die jongste dogter,

Lees verder: Verklaar ‘n noodtoestand!

Stellenbosch, die koninkryk van transformasie

Die opskrif van ‘n koerantartikel lui: “‘n Universiteit vir almal” (Die Burger, 5 deser, p 11). Die outeur is Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US). Dit is moontlik dat hy nie vir die opskrif verantwoordelik is nie, maar dit verwoord die kern van sy benadering. Sodra ‘n mens die leerstelling aanvaar dat

Lees verder: Stellenbosch, die koninkryk van transformasie

Brits getref deur jongste plaasmoord

“Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend verneem het van die moord op mnr. Mauritz Oberholzer op sy plaashoewe in Losperfontein, Brits,” het Elsa Lourens, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Madibeng-munisipaliteit gesê. Die aanvallers het net na middernag toegeslaan. Mnr. Oberholzer is in die been geskiet, ‘n worsteling het ontstaan waarna mnr. Oberholzer vermoedelik

Lees verder: Brits getref deur jongste plaasmoord