On Digital Media (ODM), eienaar van TopTV, se aansoek om pornografie-kanale voltyds te beeldsend sal Donderdag aangehoor word. ODM sal tydens ‘n openbare verhoor voor die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) verskyn. TopTV beplan glo om 24 uur per dag pornografie uit te saai en nie net buite spitskyktye nie, het Channel24 berig. In ‘n
Geen klag nog ingedien na aanval op Basson se advokaat nie
‘n Saak is nog nie aanhangig gemaak nadat adv. Jaap Cilliers SC buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval is nie, het die polisie Donderdag gesê. Ao. Ann Poortman van die Pretoria-polisiekantoor het gesê sy het nie veel inligting oor die aanval nie, omdat ‘n aanklag nog nie formeel aanhangig gemaak is nie. “Die saak is nie
Lees verder: Geen klag nog ingedien na aanval op Basson se advokaat nie
Katnes by PetroSA oopgevlek
‘n Onreëlmatige manipulasie van interne beheerstelsels by PetroSA het aan die lig gekom, het RSG Donderdag berig. Die departement van energie het gesê die ondersoekspan het ‘n voorlopige verslag bekendgemaak. Die departement het die verslag aangevra om te verseker dat daar gehou word by goeie korporatiewe regering en deursigtigheid by PetroSA, wat ‘n volfiliaal van
Derde van SA-skoolmeisies is MIV-positief
Minstens 28% van skoolmeisies in Suid-Afrika het MIV terwyl slegs 4% van skoolseuns met dié virus besmet is, het die Sowetan Donderdag berig. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die syfers by Woensdag by ‘n vergadering van die Nasionale Raad van Provinsies in Carolina, Mpumalanga, vrygestel. “Dit is duidelik dat dit nie jong seuns
Wouter Basson se regsman aangeval
Adv. Jaap Cilliers, wat onder andere dr. Wouter Basson, Jackie Selebi en die Waterkloof-vier verdedig het, is met ‘n onbekende middel buite die Pretoriase hooggeregshof ingespuit, is Donderdag berig. Cilliers het Woensdagmiddag ná ‘n siviele saak uit die hof gestap, het Beeld berig. Iemand het hom van agter bestorm en hy het skielik iets soos
Habemus Papam!
Van “die einde van die aarde,” het die Katolieke Kerk ‘n verrassende nuwe leier Woensdag aangewys, ‘n pous van Argentinië, wat die naam Franciskus dra. Hy is ‘n herder, eerder as ‘n bestuurder om ‘n kerk en geloof in krisis te lei. Hy is die eerste Pous van die Nuwe Wêreld en die eerste nie-Europeër
PAC wil Gautrein brand
Betogers het gister in Pretoria gedreig om Gautrein-waens aan die brand te steek as die Metrorail-diens in die hoofstad nie dadelik opgekap word nie. Albert Mokoena, ‘n woordvoerder van die oproermakers, het gesê hulle eise moet voor 28 Maart aangespreek word. “Ons het almal besluit dat dit nie vir ons goed is om ons eie
Zimbabwiërs in buiteland sal nie kan stem
Zimbabwe sê hy sal nie gehoor gee aan ‘n opdrag van die Afrikakommissie oor Menseregte wat hom gevra het om burgers in die buiteland toe te laat om in die komende referendum en verkiesing te stem nie. Die AU-liggaam het verlede maand beslis dat die uitsluiting van die stemmery van gewone burgers in die buiteland,
Treine uitgebrand, pendelaars aangehits
Vier treinwaens van Metrorail is by die Mlamula Nkunsi-stasie in Orlando, suidwes van Johannesburg, uitgebrand. Dit is die derde voorval binne ‘n maand. Gister is nog drie rytuie by die Merafe-stasie aan die brand gesteek. Die uitvoerende hoof van Metrorail, Mosengwa Mofi, het verlede maand aangekondig dat die maatskappy verliese van meer as 70 miljoen
Obama waarsku teen Chinese kuberaanvalle
Barack Obama, president van Amerika, het in ‘n onderhoud, wat Woensdag uitgesaai is gesê dat verskeie kuberaanvalle teen Amerikaanse maatskappye, deur die Chinese staat geborg word. In ‘n onderhoud met ABC het Obama ook gewaarsku dat enige “oorlog-retoriek” vermy moet word wanneer kuberaanvalle bespreek word. Die president het ook gevra dat die Kongres kuber-sekuriteit moet
