ANC-moordkomplot se beskuldigdes weer in hof

Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ‘n komplot om ANC-leiers te vermoor, sal Vrydag weer in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die saak is op 25 Maart uitgestel, ná die nasionale vervolgingsgesag gevra het vir meer tyd om die saak te ondersoek. Hein Boonzaaier, Martin Keevy, Johan Prinsloo en Mark Trollip

Lees verder: ANC-moordkomplot se beskuldigdes weer in hof

Boere in aanhouding weens stroper se beserings

Drie boere is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vermeende renosterstroper gevang het. Beeld berig die drie boere – PP Maré, Chris Naudé en Johannes van Zyl – word by die polisieselle op Gravelotte, Limpopo, aangehou. Hul prokureur, Aldo Rech, het aan die koerant gesê die boere het vroeër

Lees verder: Boere in aanhouding weens stroper se beserings

Londenaanval ‘onbegryplik’

Die wrede moord op ‘n man wat glo ‘n Britse soldaat was op ‘n straat in Londen is Donderdag hier deur die media as “onbegryplik” beskryf. Die aanval het helder oordag, sowat 200 m van weermagbarakke, in die suide van Londen gebeur. Twee mans het volgens ooggetuies in ‘n straat in Woolwich die slagoffer met

Lees verder: Londenaanval ‘onbegryplik’

Vierde nag van onluste in Swede

Swart jeugdiges het ‘n restaurant aan die brand gesteek en heeltemal in puin gelê asook meer as 30 motors in Stockholm, Swede. Drie polisielede is beseer in ‘n vierde nag van onluste in immigrante voorstede van die Sweedse hoofstad. Die onluste het begin ná ‘n noodlottige polisieskietery. Polisiewoordvoerder Kjell Lindgren sê ten minste 30 motors

Lees verder: Vierde nag van onluste in Swede

DA-jeug wil vreedsame Kleinfontein kultuurgemeenskap intimideer

Die DA-jeug is van plan om vandag by Kleinfontein te kom betoog omdat Kleinfontein kwansuis rassisties is. In haar nuusvrystelling op die DA se webwerf sê die Jeugleier Mbali Ntuli onder meer: “We cannot allow racial nationalists on the extreme fringes of South African politics to try and bring apartheid back. The DA fought against

Lees verder: DA-jeug wil vreedsame Kleinfontein kultuurgemeenskap intimideer

Brand rig skade by Engelse skool aan

‘n Brand het groot skade aangerig by die Holy Family-kollege in Saxonwold, Johannesburg. Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê niemand is in die brand beseer nie. Die skoolsaal is volgens Radebe afgebrand. “Die saal is heeltemal afgebrand en ander dele van die skool is ook beskadig,” het sy gesê. Brandbestryders het ‘n

Lees verder: Brand rig skade by Engelse skool aan

Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch

Op 29 April het die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) goedkeuring aan die rektor, Russel Botman, verleen dat hy hierdie inrigting van ‘n wit na ‘n hoofsaaklik nie-wit en van ‘n histories Afrikaanse na ‘n hoofsaaklik Engelse universiteit kan transformeer. Die Burger het oor hierdie gebeurtenis op 30 April heel gunstig onder die opskrif,

Lees verder: Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch

Kleinfontein is trots wit en Afrikaans

Die mense van Kleinfontein, naby Pretoria, het besluit dat slegs Afrikaners toegelaat sal word om in dié plaasgemeenskap te woon, het The Times Woensdag berig. Almal wat tans in dié gemeenskap woon – van die veiligheidswagte by die hekke tot die tuinwerkers – is Afrikaans, het die koerant berig. Beamptes van die Gautengse wetgewer se

Lees verder: Kleinfontein is trots wit en Afrikaans

Zim aanvaar nuwe Grondwet

Die ANC het Zimbabwe en sy president, Robert Mugabe, Woensdag geluk gewens met die aanvaarding van dié land se nuwe grondwet. “Die nuwe grondwet is ‘n belangrike nuwe mylpaal in die suksesvolle implementering van die oorkoepelende vredesooreenkoms en die demokratiese bestel van Zimbabwe,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, in ‘n verklaring gesê. “Dit

Lees verder: Zim aanvaar nuwe Grondwet