Omdat geleenthede in Suid-Afrika ontbreek vir swart mense is die tronke vol, het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Johannesburg gesê. Zuma het op voor ‘n gehoor van swart sakelui gesê “ongelykhede” in Suid-Afrika is die rede tot kommer. “Daar is baie min wit gevangenes, want hulle is besig om sake te doen, maar ons [swartes]
Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou
Rebecca Davies is in haar boek, Afrikaners in the new South Africa: Identity politics in a globalised economy (London: IB Tauris, 2009, 200p), gepreokkupeer met die woord “hegemony”, wat volgens ‘n woordeboek “the power excercised by one social group over another” beteken. Davies gebruik die woord so dikwels en soms onnodig dat dit die leser
LUR gryp in nadat inwoners losbrand op raadslid se huis
Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike behuising en regering, sou Dinsdagmiddag ‘n besoek gebring het aan Thembelihle, suid van Johannesburg, ná gewelddadige betogings oor dienslewering in die gebied, het sy departement gesê. Hy sal na verwagting om 13:00 met gemeenskapleiers vergader om hul griewe en die konfrontasies met die polisie te bespreek, het Victor Moreriane,
Lees verder: LUR gryp in nadat inwoners losbrand op raadslid se huis
Kapers slaan bestuurder dood
Kapers het ‘n man in Rosettenville, suid van Johannesburg, ten aanskoue van sy vrou met ‘n baksteen doodgeslaan, het The Star berig. Die voorval het Saterdag plaasgevind. Die paartjie het vanaf Springs gery toe kapers hulle by ‘n verkeerslig in Rosettenville aangeval het. Die vrou het daarin geslaag om weg te hardloop en in die bosse
Malema-verhoor verskuif
Julius Malema en vier ander ampsdraers van die ANC-jeugliga wat verlede week voor die nasionale tugkomitee (NTK) verskyn het, se verhoor is verskuif na ‘n onbekende lokaal. Die ANC se tugkomitee het ná verlede week se choas in die Johannesburgse middestad besluit om die verhoor te verskuif. Derek Hanekom, voorsitter van die tugkomitee, het Dinsdag
Minister wil kleinboere help
Suid-Afrika het tans ongeveer 40 000 kommersiële boere wat 95 persent van die land se voedsel produseer, sê minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel. Hy het Dinsdag in Johannesburg gepraat. Slegs ongeveer 600 000 mense word egter erken as plaaswerkers in hierdie sektor, maar dié sektor is nogtans geïdentifiseer as sou hulle oor die potensiaal
40% van EU is geestesongesteld
Europeërs word deur geestelike en neurologiese siektes geteister, met byna 165 miljoen mense of 38 persent van die bevolking wat aan ‘n breinsiekte, soos depressie, angs, slapeloosheid of demensie, ly, volgens ‘n omvattende nuwe studie. Met slegs sowat ‘n derde van die gevalle wat terapie of die medikasie wat nodig is, ontvang, veroorsaak geestelike siektes
VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet
Die Vryheidsfront Plus gaan die Inligtingskonsepwet in terme van artikel 80 van die grondwet na die Konstitusionele Hof verwys weens die gebrek aan die insluiting van die ‘openbare belang’-verweer. Dit is van die uiterste belang dat die verweer om inligting in die openbare belang bekend te maak bygewerk word ten einde die reg op inligting
Lees verder: VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet
Manuel verwerp DA toenadering
Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, het Maandag ontsteld op die DA se pogings tot toenadering gereageer wat deur Wikileaks gelek is. ‘n Berig het Maandag in die Volksblad verskyn waarin gemeld word dat Manuel samesprekings met Helen Zille, DA-leier, gevoer het oor die moontlikheid om ‘n DA-lid te word. “Nee, nee, nee. Dit is absolute
Onderwysminister ‘geskok’ oor lae standaard
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het haar skok uitgespreek dat onderwysgehalte in Suid-Afrika besonder laag is. Motshekga het Maandag meer aan 800 hoofde van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) gesê die onlangse nasionale assesseringsuitslae (ANA) wys dat die standaard buitengewoon swak is omdat 70% van die land se leerlinge ver onder die verwagte vlakke presteer. “Ek was
