Ope brief aan die swart man oor apartheid

Alles wat in Suid-Afrika skeef loop is  apartheid se skuld, ook geweldsmisdaad soos ons onlangs in ‘n verslag verneem het. Die punte wat hier onder volg is ook apartheid se skuld: Die feit dat die munisipaliteite bankrot is, nadat alles 100% gewerk het toe dit afgegee is in 1994. Die feit dat ons waterbronne besoedel

Lees verder: Ope brief aan die swart man oor apartheid

Soms is die waarheid op jouself van toepassing!

Ek verwys na Helen Zille  se oorleg  oor swart stemme  vir die ANC in  die Noordelike Provinsie, vandag  in Beeld  11/11/2010. As jy ook na wit Afrikaners  kyk wat ewe gedwee vir die DA stem al is regstellende aksie, grondonteining, aborsie, verwyder Afrikaanse plekname in Kaapstad, Engels in alle gebruike voorstaan, die DA se beleid!

Lees verder: Soms is die waarheid op jouself van toepassing!

Kultuurimperialisme en die jeug

Afriforum Jeug se reaksie op die ANC-jeugliga se aandrang dat pres. Paul Kruger se standbeeld van Kerkplein verwyder word, en deur een van Chris Hani, omring van MK—lede vervang word, fokus op die kwessie van waar die vlakke van polarisasie in die land, en in besonder, die jeug staan. Op dieselfde dag as waarop Afriforum

Lees verder: Kultuurimperialisme en die jeug

Ag dankie vir dié ‘navorsing’!

Wat ‘n voorreg was dit nie as belastingbetaler om drie en ‘n half miljoen rand op te dok vir die Sentrum vir die Studie van Geweld en Geregtigheid (SSGG) se sogenaamde studie na die oorsake van geweldsmisdaad nie. In dié sogenaamde studie maak die sogenaamde navorsers ‘n aardskuddende, verbysterende, ongehoorde gevolgtrekking: Geweldsmisdaad is toe te

Lees verder: Ag dankie vir dié ‘navorsing’!

Fisiologie van misdaad

Dit is dié week internasionaal bedrogweek. ‘n Internasionale instansie van gesertifiseerde bedrogondersoekers meen tot 5 % van ondernemings wêreldwyd se omset word deur bedrog gesteel. Met ‘n bekende politieke kommentator wat dié week hardop gemeen het korrupsie in Suid-Afrika het endemies geword, sou dit glad nie onvanpas wees dat Suid-Afrika bietjie hierop fokus nie. Trouens,

Lees verder: Fisiologie van misdaad

Misdaadverslag ‘n teleurstelling

“Die lang verwagte verslag deur die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening oor die ondersoek na die redes vir die wreedheid van geweldsmisdade, is ‘n teleurstelling, sê niks nuut nie en was ‘n vermorsing van belastinggeld,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus. ”Die verslag spreek geensins die

Lees verder: Misdaadverslag ‘n teleurstelling

Met ‘n Aprilgek-grap gevang?

Op 1 April vanjaar het die regering litigasie vrygespring deur ‘n ooreenkoms met Vrystaat Landbou te onderteken. Aan die hart van hierdie ooreenkoms was ‘n onderneming dat veral die Lesothogrens voldoende beskerm sal word sodat landboubedrywighede in vrede, en veilig voortgesit kan word. Na ‘n volgehoue stroom vee- en weidingdiefstalle en selfs lewensverlies, is verskeie

Lees verder: Met ‘n Aprilgek-grap gevang?

Zim-ekonomie loop klopdisselboom

Zimbabwe se ekonomie sal vir die tweede agtereenvolgende jaar in 2010  groei as gevolg van positiewe beleid en sterk kommoditeitspryse, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gister gesê, terwyl die organisasie ‘n beroep doen vir meer hervormings om die herstel te onderhou. Die land se ekonomie, wat deur hiperinflasie van 500-miljard persent in 2008 geteister

Lees verder: Zim-ekonomie loop klopdisselboom

Wanneer korrupsie endemies word

“Suid-Afrika het die punt bereik waar korrupsie endemies geword het.” Hierdie harde woorde is deur prof. André Duvenhage, bekende politieke kommentator van die Pukke op RSG se program, Kommentaar gebruik. Dit staan in die konteks van die nuus dat die Britse Accountancy and Actuarial Discipline Board (AADB) weer met ‘n fyn kam na aspekte van

Lees verder: Wanneer korrupsie endemies word

Tegnologie, kommunikasie en die natuur

Moderne kommunikasie het so vanselfsprekend geword dat die samelewing daarop staatmaak. Onder die gebruike van die internet is elektroniese bankdienste, ouers wat met hul kinders oorsee gesels en werkgewers wat baie aan kantoorhuur bespaar deur personeel van hul huise af te laat werk. So afhanklik het die samelewing hiervan geword, dat ‘n diensverskaffer wat gereeld

Lees verder: Tegnologie, kommunikasie en die natuur