Die polisie het by die Durbanse hawe beslag gelê op 17 luukse motors met ‘n geskatte waarde van tot R40 miljoen. Die motors is uit Brittanje ingesmokkel en was bestem vir ander Afrika-lande. Die deurbraak is gemaak tydens ‘n gesamentlike operasie tussen die Suid-Afrikaanse polisiediens en speurders van Brittanje. Tot dusver word geen Suid-Afrikaners by
Rangsinflasie en vakante poste
Pres. Jacob Zuma se kabinet is tot verhouding van die land se bevolking een van die grootste ter wêreld. Die land het ook besonder baie generaals tot verhouding van sy gewapende magte. Aan die ander kant is daar dikwels ‘n krisis met dienslewering omdat die mense wat fisies die werk moet doen, se poste gevries
Gooi ons wal of begin ons voor?
Die berig oor die ANC-jeugliga wat Paul Kruger se standbeeld vanaf Kerkplein verwyderd wil sien, het my weer aan die dink gesit. Wat doen ‘n Afrikanerkleinood in die middel van ‘n pikswart middestad? Dit is net ‘n ironiese bevestiging van – en herinnering aan – die Afrikaner se magsverlies in 1994. Dis so goed soos
Ons haat steeds verraaiers
‘n Uitstekende boek wat hierdie jaar die lig gesien het, is Boereverraaier, geskryf deur Albert Blake. Blake is ‘n regsgeleerde van Johannesburg, wat ‘n passie vir die geskiedenis het. Hy het twee Meestersgrade van die Universiteit van Johannesburg, en het die onderwerp van verraad onder die Afrikaners tydens die Anglo-Boereoorlog vir etlike jare bestudeer. In
Volmaakte kennis en korrupsie
Studente in ekonomie word geleer dat ‘n volmaakte vryemarkstelsel net kan werk as daar volmaakte inligting is. Omdat dit nie haalbaar is nie, is daar altyd ‘n mindere of meerdere mate van inmenging in die werking van die vrye mark nodig. Oor die afgelope paar dekades was daar egter ‘n inligtingsontploffing danksy veral kommunikasietegnologie. Bykans
Die jongste F1-wêreldkampioen ooit!
Die 23-jarige Sebastian Vettel het Sondag in Abu Dhabi die jongste jaer nog ooit geword om die bestuurderswêreldtitel te verower. Daar was net eenvoudig niemand op die baan wat die jong Duitser se dag kon versuur nie. Vettel het van die begin af in klassieke styl die baan aan die brand gejaag. Hy het as
Vrywilligers gevra vir hofaksie op 29 November
Op 29 November beplan ons ‘n aksie tydens die hofsitting in Johannesburg waar die ANC verlof tot appèl gaan vra om die verbod op die sing van die liedjie “Skiet die Boer” tersyde gestel te kry. Ons gaan T-hemde met slagspreuke rondom die tema van volksmoord laat druk en soek 50 mense om die T-hemde
Die regbank
Dit lyk nie goed nie as ervare joernaliste op ‘n nasionale radioprogram hardop die vraag vra oor wat die Noord-Kaapse LUR, John Block, verkeerd gedoen het om vir bedrog aangekla te word. Wat hy na bewering verkeerd gedoen het, is uit die klagstaat bekend, maar hier handel dit nie oor die meriete van die aanklagte
Afrikanerrevolusie – die alternatief vir die NDR
Verandering vind op twee maniere plaas, stadig en inkrementeel of skielik en revolusionêr, selfs rampspoedig. President Ronald Reagan het op ‘n stadium verwys na die uitvinding van die motor wat die perdekar laat verdwyn het. Jare lank het perdekarvervaardigers hul voertuie bietjie vir bietjie verbeter en gemoderniseer – totdat die binnebrandenjin en die motor op
Lees verder: Afrikanerrevolusie – die alternatief vir die NDR
Polarisasie
Suid-Afrikaners sal onthou hoe minister Lulu Xinwana, destyds minister van Landbou, op Kerkplein in ‘n toespraak losgetrek het teen wit boere wat hul werkers so mishandel. Uiteindelik het dit geblyk dat sy ‘n enkele voorval in die Wes-Kaap gaan veralgemeen het. Boonop het dit nog later geblyk dat die voorval deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat ondersoek
