praag.co.za

Gooi ons wal of begin ons voor?

Written by

in

Die berig oor die ANC-jeugliga wat Paul Kruger se standbeeld vanaf Kerkplein verwyderd wil sien, het my weer aan die dink gesit. Wat doen ‘n Afrikanerkleinood in die middel van ‘n pikswart middestad? Dit  is net ‘n ironiese bevestiging van – en herinnering aan – die Afrikaner se  magsverlies in 1994. Dis so goed soos ‘n oorblyfsel van Hadrianus se muur in Skotland as ‘n herinnering aan die Romeinse gloriedae.

Dit bring my by die volgende vraag: Veg ons as behoudende Afrikaners vir  brokstukke hier en daar of begin ons eenvoudig voor soos die Oraniërs wat die ou en nuwe SA volkome afgeskryf het? Met ander woorde, is daar waarde in bekgevegte rondom plek- en straatname, standbeelde, museums, akademiese inrigtings, rugby, Absabankdiskriminasie, ens., ens.? Is daar waarde in die benadering om soveel as moontlik te behou in die hoop dat die pendule sal swaai en tog ook elders weer voor te begin soos in Orania? Myns insiens is die energie wat bestee word aan hierdie bekgevegte net nuttig in terme van propagandawaarde vir die Afrikanerdom se meedoënlose regressie, want die punt is: ons is oorspoel.

Dis interressant om daaraan te dink dat die Afrikaners met getalle by ‘n stembus hulle onafhanklikheid vanaf die magtige Brittanje gekry het net soos die swartes dit weer by die Afrikaners oorgeneem het met hulle eie getalle in 1994. Demografie is en was deur die eeue die bepalende faktor. Daar was die gedagte by onder meer die Oranjewerkers in die tagtigerjare om gebiede vir Afrikaners toe te eien deur selfwerksaamheid en in teorie sou dit kon werk. Die faktore wat dit laat misluk het, is dieselfde faktore wat dit vandag nog ‘n onwerkbare opsie maak. Ek noem ‘n paar: Weereens demografie – Afrikaners is nêrens in die meerderheid nie en om bloot teen inwoners te diskrimmineer en nie vir hulle werk te wil gee nie of om werkers af te dank op groot skaal omdat hulle nie Afrikaners is nie, is eenvoudig onmenslik, diskriminerend en die gemiddelde persoon sal dit nie doen nie. Die ander faktor wat hiermee saamgaan, is markkragte. Brood en botter weeg die swaarste by die deursneemens en daarop kan jy maar reken.

Kom ons neem Thabazimbi. Ek was so ‘n ruk terug daar en ‘n meer Afrikanerhartlandervaring kry jy nie maklik nie. Dis kakieklere, Landcruisers, braaivleis en heerlike Afrikaans in al die winkels. Tog buig hulle voor ‘n swart stadsraad en ek verstaan die swart polisiehoof gee hulle hel. Waarom kan of wil hierdie gebied nie eenvoudig ‘n tweede Orania skep nie? Hulle besit die hele Waterberg in kaart en transport!

My gevolgtrekking is dít: Bestaande stelsels kan nie omskep word nie, en bekgevegte daar rondom lewer geen blywende bydrae nie behalwe kortstondige propagandawaarde. Afrikaners wat wil Afrikaners bly in  hulle nageslagte, sal moet wegtrek en oor begin. Dan Roodt het geskryf dat Afrikaners stede nodig het en ek verskil nie, behalwe in die sin dat ons nie meer stede het nie, ons is oorspoel. Ons sal nuwe stede moet begin en hoop ons het geleer uit die verlede.

095улобановский депутат

Comments

Leave a Reply