praag.co.za

Vrywilligers gevra vir hofaksie op 29 November

Written by

in

Op 29 November beplan ons ‘n aksie tydens die hofsitting in Johannesburg waar die ANC verlof tot appèl gaan vra om die verbod op die sing van die liedjie “Skiet die Boer” tersyde gestel te kry. Ons gaan T-hemde met slagspreuke rondom die tema van volksmoord laat druk en soek 50 mense om die T-hemde na die hofsitting aan te trek.

Hierdie is vir ons ‘n uiters belangrike geleentheid. Nie net wil ons sowel die nasionale as die internasionale media daarheen uitnooi nie, maar ons gaan ook ‘n belangrike aankondiging rondom ‘n regsgeding teen regstellende aksie maak. Terwyl ander organisasies bloot regstellende aksie “korrek toegepas wil sien sodat dit nie nuwe ongelykhede skep nie” is Praag reeds tien jaar lank in beginsel teen regstellende aksie gekant. Ons navorsing oor Amerikaanse hofuitsprake teen regstellende aksie sê vir ons dat dit moontlik is om dié beleid in ons land geheel en al verbied te kry, hetsy deur ‘n plaaslike, hetsy deur ‘n internasionale hof.

Daarom is dit belangrik dat ons op 29 November genoeg mense by die hof in Johannesburg versamel om die punt oor aanhitsing tot volksmoord in ons land te maak, asook die boodskap oor ons veldtog teen regstellende aksie te versprei.

Elkeen wat die hofsitting op 29 November kan bywoon, word versoek om dringend met my per epos aan dan@praag.org in verbinding te tree.

Dan Roodt

Leier, Praag

МордвиновДанильченко Юрий отзывы

Comments

Leave a Reply