Wat ‘n voorreg was dit nie as belastingbetaler om drie en ‘n half miljoen rand op te dok vir die Sentrum vir die Studie van Geweld en Geregtigheid (SSGG) se sogenaamde studie na die oorsake van geweldsmisdaad nie. In dié sogenaamde studie maak die sogenaamde navorsers ‘n aardskuddende, verbysterende, ongehoorde gevolgtrekking: Geweldsmisdaad is toe te skryf aan, ja, reg geraai: Kolonialisme en apartheid. Slaat vir my plat met ‘n veertjie!
Dis witmense se skuld, dus, dat skoolmeisies verkrag word deur ‘n bende skoolseuns.
Hoe dan anders? Het enige iemand, in die era van polities-korrekte waansin, verwag dat diegene wat skoolmeisies verkrag en dit afneem op selfone, sestienjarige burgers van Lesotho wat dokters verkrag of sub-menslike barbare wat vrouens vir ure lank martel tydens plaasaanvalle en huisbesettings, dan sélf die blaam moet dra? Kom, wees nou redelik! Dit sou mos absurd wees om toerekeningsvatbaarheid vir hul eie optrede van swart geweldenaars te verwag. Watter deel van: Alles wat verkeerd gaan, is immer, altyd die witman en sy rassisme se skuld, verstaan julle nie?
As iemand wat nie ‘n aanhanger van die religie van nie-rassigheid was nie, egter totaal onredelik wou wees, kon hy die ganse sogenaamde studie met groot gemak aan flarde ruk met eenvoudige feite.
- Die blamering van apartheid en kolonialisme kom uiteraard neer op ‘n ongeskrewe bekentenis dat dit juis nie blankes is wat buitensporige vlakke van geweldsmisdaad pleeg nie, en is een van die min geldige gevolgtrekkings in die sogenaamde studie. Dit is nie bendes blankes wat huise in Soweto binneval en die inwoners vir ure lank martel, en hulle dan met ‘n tuinvurk doodsteek nie.
- Daar was geen trekarbeid, myne, apartheid of kolonialisme tydens die grootskeepse volksmoord in die 1830’s bekend as die Dikafane nie. Daar was in der waarheid vóór 1835 bitter min blankes wat ooit in die binneland gekom het, buiten ‘n paar verdwaalde sendelinge. Tydens die Dikafane is ‘n onbekende aantal swartes, maar waarskynlik in die honderde duisende, voor die voet uitgewis deur Sjaka se impi’s. Dit was inteendeel die aankoms van die Voortrekkers wat waarskynlik bygedra het tot die beëindiging van die Dikafane. Binnelandse stamme soos die Sotho’s behoort na regte vir Piet Retief en Andries Pretorius as hul volkshelde te sien.
- Die bende wat na bewering die skoolmeisie by die Jules-hoërskool in Johannesburg verkrag het en die aanval op selfone verfilm het, het nooit apartheid beleef nie, omdat hulle ná 1994 gebore is. So ook was daar nooit apartheid in Lesotho nie, en was een van die verkragters van die dokter in die Pelonomi-hospitaal op 16 te jonk om self apartheid te beleef het. Apartheid het vir alle praktiese doeleindes teen 1990 glad nie meer bestaan nie. Nietemin bieg die sogenaamde studie dat een-derde van alle moorde gepleeg word deur diegene wat ná 1990 gebore is.
- Die sogenaamde studie blameer trekarbeid en spesifiek die myne vir die kultuur van geweld. Baie van die trekarbeiders wat wel op myne gewerk het, het ook uit lande soos Malawi gekom. Malawi het egter ‘n veel laer gewelddadige misdaadkoers as Suid-Afrika. Hoe verklaar die sogenaamde navorsers Malawi se onvergelykbare misdaadkoers?
- Daar is gebiede met veel erger armoede en werkloosheid as Suid-Afrika, byvoorbeeld die krotbuurte van Moembaai, waar die geweldskoers ‘n fraksie van Suid-Afrika s’n is. Die Nobelpryswenner Amartya Sen wys byvoorbeeld daarop dat daar geen duidelike verband tussen armoede en geweldsmisdaad is nie.
Iemand wat egter dapper genoeg is om bostaande feite hardop te uiter, sal ongetwyfeld deur die kranksinnige linkses, en veral die blanke linkses, as ‘n rassis uitgekryt word, indien hy nie van haatspraak aangekla sal word nie. Die waarheid is duidelik ‘n gevaarlike ding vir die fanatici in die kerk van anti-rassisme.
Dus sal ek, as ‘n goeie, toegewyde burger van die Nuwe!, Verbeterde! Suid-Afrika, my hande saamslaan, my kop knik en saam met die res van die blankes bieg dat geweldsmisdaad eintlik my en my mede-blankes se eie skuld is. Ja, ons, ons kinders, hulle kinders en hulle kinders se kinders is en bly vir ewig skuldig aan die misdade van apartheid en kolonialisme.
