Die petrolprys gaan na verwagting met meer as 40 sent per liter in Februarie styg. Ekonome sê daar word verwag dat diesel sowat 17 sent meer per liter sal kos en paraffien met 24 sent per liter gaan styg. Die rand het die afgelope tyd teen die Amerikaanse dollar gedaal weens negatiewe opvattings oor Suid-Afrika,
NUM het wapens uitgedeel aan lede
Ian Farlam se kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat die vakbond National Union of Mineworkers (NUM) wapens aan lede in Marikana, Noordwes, vir selfverdediging gegee het. Saziso Gegeleza, lid van die vakbond en werknemer van Lonmin, het getuig oor wat op 11 Augustus gebeur het, toe stakende werkers probeer het om die vakbond se
Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie
Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het. Saoedi-Arabië is die wêreld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah ‘n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl ‘n rewolusie in Saoedi-Arabië nog steeds nie
Waar gaan die plastieksaktaks heen?
Tien jaar nadat die regering begin het met die regulering van die gebruik van plastieksakke, is daar geen sekerheid oor waar die miljoene rande vir sakke heen verdwyn het nie. In ‘n poging om die aantal van plastieksakke wat die land besoedel te verminder, het die regering ‘n 3c heffing op herwinbare sakke in 2003
Muldersdrift: Nóg ‘n moord
Die polisie soek na verdagtes nadat nog ‘n moord in die Muldersdrift-omgewing plaasgevind het. ‘n 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis deur onbekende persone doodgeskiet toe hy na ‘n buurman wou stap om vas te stel waarom dié se honde aanhoudend blaf. Geweldsmisdaad in die Muldersdrift-gebied het die afgeloop tyd skerp toegeneem. Volgens ‘n
Franse herower Timboektoe
Franse magte het Timboektoe Maandag omsingel en beheer oor die lughawe geneem. Dié verwikkeling is die jongste deurbraak in die stryd teen Islamitiese rebelle wat uit sleutelvestings in die noorde verdryf word. Franse valskermsoldate het Islamiete wat probeer vlug het, verhoed, terwyl troepe onder Franse beheer die lughawe ingeneem het. Timboektoe was ‘n belangrike vesting
Kaapse tiener in koma geslaan
‘n Kaapse tiener is in ‘n koma nadat hy en sy vriende aangeval is toe hulle op pad was na ‘n nagklub, is Maandag berig. Jean Lambrechts (19) was Saterdagaand op pad na Stones in Edwardstraat, Bellville, toe hy en sy vriende deur ‘n groep van sowat 10 mans genader is, het die Cape Times
Rykste vrou in Afrika
Isabel dos Santos, die oudste dogter van die Angolese president, Jose Eduardo Dos Santos, is Afrika se eerste vroue-miljardêr, het Forbes-tydskrif berig. Die 40-jarige het haar eerste sakeonderneming in 1997 in die hoofstad Luanda begin – ‘n restaurant genaamd Miami Beach. Sy is nou op die rade van verskeie maatskappye in Angola en Portugal. Sy
Polisie skiet man by padblokkade dood
Johannesburgse metropolisiebeamptes het ‘n gewapende man Sondag by ‘n padblokkade doodgeskiet, het ‘n woordvoerder gesê. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man het met ‘n vuurwapen verby die padblokkade in Jeppestraat gehardloop. “Beamptes het hom beveel om stil te staan, waarna hy ‘n skoot op hulle afgevuur het. Hulle het hom weer beveel om
Marikana, rondte 2
Opspraakwekkende beeldmateriaal is deur ‘n Britse televisiekanaal uitgesaai wat meer perspektief op die slagting by Marikana gee en waarskynlik die Farlam-kommissie van ondersoek na die gebeure sal beïnvloed. Die beelde ondermyn verklarings deur polisiebeamptes dat hulle in selfverdediging opgetree het tydens die skietery. Die skietery verlede jaar het tot die dood van 34 mynwerkers gelei
