11:28:53 Groeiende tekens van ‘n globale ekonomiese insinking het oliepryse laat daal tot die laagste vlak in 17 maande, terwyl beleggers OPUL se produksieverlaging geïgnoreer het.
Handelaars het hulle leidrade van die wêreldmarkte geneem wat Maandag gedaal het, met die Nikkei-indeks wat op sy laagste vlak in 26 jaar gesluit het op 6,4 persent laer.
Lees verder: Verlaagde OPUL-produksie keer nie oliepryse se daling om nie

17:00:28 Die petrolprys behoort met omtrent 35 sent per liter te daal wanneer die Sentrale Energiefonds die jongste brandstofpryse Vrydag bekendmaak.
15:59:37 Dit lyk asof linkse groepe begin terugdeins van grondhervorming. Volgens die VN (lank 'n vyand van Suider-Afrikaanse blankes), "forseer ‘n kombinasie van politieke onrus, hoër voedselpryse en die regerende party se mislukking oor die laaste 14 jaar om apartheid se nalatenskap te herstel, die saak van grondhervorming weer heel bo-aan die agenda net 'n paar maande voor Suid-Afrika se volgende demokratiese verkiesing".
Die gevegte wat onlangs by die vergadering in Pretoria-Noord uitgebreek het tydens die vergadering oor die naamsverandering van Pretoria en die straatname, is net nog 'n bewys van waarmee ons te doen het. Die onbeholpe, opsetlike, Swartafrikakultuur van vernietiging wat so dikwels op ons vasteland te siene is.