Absa weier om boer te help ná besetting

Absabank weier om die boer, Petrus Weyers, wie se plaas tussen Phuthaditjhaba en Harrismith reeds 16 dae lank beset word, met verdere lenings te help. Op 27 Junie het die besetters kamp opgeslaan en hul beeste op Weyers se grond losgelaat “omdat Malema gesê het hulle moet die grond terugvat”. Lees verder. модельки автолобановский александр жена

Lees verder: Absa weier om boer te help ná besetting

Wit boer wat swartvrou skiet, in ANC-visier

‘n Boer van van Groblershoop wat in die hof verskyn het ná die skietdood van ‘n swart vrou op sy plaas, moes ‘n skare ontevrede ANC-ondersteuners trotseer. Jankies Carstens (58) word aangekla van moord nadat hy verlede Woensdag op rondloperhonde geskiet het en die vrou noodlottig gewond het. “Skiet die boer” is deur die ANC-betogers

Lees verder: Wit boer wat swartvrou skiet, in ANC-visier

Vrae ná swartman homself aan ‘n boom ophang

Die simboliek van ‘n swartman wat aan ‘n boom opgehang is, is in die Amerikaanse deelstaat Mississippi so gelade dat die owerheid dié selfmoordgeval weer gaan ondersoek. Nuwe inligting is glo onder die aandag van Mississippi se mediese ondersoeker gebring en die man se familie vra ook vrae rondom sy geval. Volgens Black America Web,

Lees verder: Vrae ná swartman homself aan ‘n boom ophang

Biti bang dat polisie sy selfoongeskiedenis naspeur

Zimbabwiese Minister van Finansies, Tendai Biti het Dinsdag ‘n hofaansoek gebring om te keer dat die polisie besonderhede van sy selfoonoproepe bekend maak. Biti, wat ook die sekretaris-generaal van die Eerste Minister, Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) is, het gevra vir ‘n hoërhofbevel nadat die polisie Econet Wireless vir besonderhede van sy

Lees verder: Biti bang dat polisie sy selfoongeskiedenis naspeur

SA se ekonomiese rol op vasteland word bedreig

Suid-Afrika se rol as Afrika se ekonomiese toegangspoort word bedreig, volgens ‘n ekonoom vir suidelike Afrika by IHS Global Insight, het Business Report Woensdag berig. Ronel Oberholzer het Dinsdag tydens ‘n konferensie in Johannesburg tendense wat die land se posisie in die streek ondermyn, uitgelig. Beleggers raak “minder bang vir Afrika”, en baie buitelandse maatskappye gaan

Lees verder: SA se ekonomiese rol op vasteland word bedreig

Swakste onderwysers boikot werkswinkels

Sowat 25 000 onderwysers wat geaffilieer is by die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die provinsie Mpumalanga, boikot werkswinkels wat tans deur die departement van basiese onderwys gehou word. Dié werkswinkels is daarop gemik om onderwysers te help om die nuwe kurrikulum en assesseringsbeleid onder die knie te kry. Walter Hlaise, vakbondwoordvoerder, het gesê ‘n

Lees verder: Swakste onderwysers boikot werkswinkels

Brics vra goedkoop medisyne

Die Brics-lande het Maandag besluit om toegang tot lae koste, hoë kwaliteitmedisyne te verbeter. Die ministers van gesondheid van Brasilië, Rusland, Indié, China en Suid-Afrika het gesê in die proses sal hulle saamwerk met die VN die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) en UNAids. Die vyf lande het sowat 40% van die wêreld se bevolking. Die ministers het

Lees verder: Brics vra goedkoop medisyne

Jonathan Jansen die boekresensent

Jansen is van mening dat hy baie verbaas sal wees as die boek van Hugh Lewin “Stones against the Mirror” nie die Alan Paton-prys vir nie-fiksie gaan verower nie. “Dit is ’n storie wat die oorheersende verhaaltrant van die apartheidstryd daag: dié van slegte wit teen goeie swart, van die bose apartheidstelsel teen die edele

Lees verder: Jonathan Jansen die boekresensent

Nóg twee Britse koerante uitgewys in skandaal

Rupert Murdoch, grootbaas van News International, wat midde in die mediaskandaal staan wat Brittanje teister, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nadat die voormalige Britse premier Gordon Brown nóg twee Britse publikasies vir ‘n nasionale ondersoek uitgewys het nie. Dié nuutste aantygings van onetiese gedrag kom ná die sluiting van News Of The World die afgelope

Lees verder: Nóg twee Britse koerante uitgewys in skandaal

Israel erken Suid-Soedan

Israel het Suid-Soedan se onafhanklikheid erken deur ekonomiese hulp aan te bied nadat dié land Saterdag van die Moslem-beheerde Noorde afgeskei het. Die noorde van Soedan het voorheen geen bande met Israel, ‘n hoofsaaklik Joodse land, gehad nie. “Ek kondig hiermee aan dat Israel Suid-Soedan as ‘n land erken,” het Benjamin Netanyahu, die premier, aan

Lees verder: Israel erken Suid-Soedan