Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Die hooggeregshof-beslissing wat die sing van die woorde “awudubule ibhunu” (skiet die Boer) tot haatspraak verklaar, is ‘n “absurde en drastiese” skending van die reg op vryheid van spraak, meen prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad. In ‘n rubriek wat Donderdag in The Star gepubliseer is, kritiseer de Vos regter Colin

Lees verder: Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

“Die aankondiging dat pres. Jacob Zuma ‘n kommissie van ondersoek gaan aanstel om die Wapenaankope-program te ondersoek, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Verlede maand het die Vryheidsfront Plus skriftelik die president versoek om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek (skrywe hieronder). Ons standpunt was

Lees verder: Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

Polarisasie en staatkunde

Die voortslepende regeringskrisis in België herinner tegelyk aan die polariserende werklikheid wat met die haatspraakverhoor in Suid-Afrika aksént gekry het, en hoe dit binne ‘n demokrasie aangespreek kan, en behoort te word. Benewens die regsbeginsels wat in regter Collin Lamont se uitspraak in die Julius Malema-haatspraakverhoor na vore gekom het, staan ‘n realiteit duidelik uit:

Lees verder: Polarisasie en staatkunde

Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie. Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat

Lees verder: Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

Die ANC-Jeugligapresident Julius Malema sê Suid-Afrika se howe is “rassisties” en “apartheid is teruggebring deur die agterdeur”. Hy het beloof dat hy die Grondwethof sal nader om die uitspraak dat die lied Dubul ‘ibhunu’ haatspraak verteenwoordig, ongedaan te maak. Malema het die opmerkings gemaak Woensdag tydens sy eerste mediakonferensie sedert ANC se dissiplinêre verhore begin

Lees verder: Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, België by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika.  “Die wêreld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As

Lees verder: UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Indiaanstam skop swartes uit

Die VSA se tweede grootste Indiaanse stam het Dinsdag gesê dat die Amerikaanse regering moet ophou inmeng oor sy skuif om 2 800 swartes van sy stamrol te skrap. “Die Cherokeenasie sal nie beheer word deur die BIA nie,” het Joe Crittenden, die stam se waarnemende hoof, gesê in ‘n verklaring in reaksie op die

Lees verder: Indiaanstam skop swartes uit

Derby-Lewis ‘nie behandeling geweier’

Daar steek geen waarheid in mediaberigte dat die veroordeelde Clive Derby-Lewis dringende mediese behandeling geweier word nie, het die departement van korrektiewe dienste Woensdag gesê. “Clive Derby-Lewis het verlede jaar na ‘n privaat-instelling gegaan en hy verkies steeds om ‘n privaat-chirurg te gebruik,” het Sibongile Khumalo, woordvoerder, gesê. “Ons kan nie ‘n versoek van ‘n

Lees verder: Derby-Lewis ‘nie behandeling geweier’

Martin Luther King was ‘skynheilig’, ‘aaklig’

Video-opnames van onderhoude met Jackie Kennedy kort ná oudpres. John F. Kennedy se sluipmoord toon ‘n ander sy van die ikoniese Amerikaanse presidentsvrou. Die versameling onderhoude is deur die historikus Arthur Schlesinger in 1964, vier maande ná Kennedy in Dallas doodgeskiet is, gemaak. Die video-opnames is Dinsdag in ‘n twee uur lange program op die

Lees verder: Martin Luther King was ‘skynheilig’, ‘aaklig’

Gordhan sê munisipaliteite moet ophou geld mors

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag die tesourie se jongste munisipale oorsigverslag in die parlement bekendgestel. Hy het munisipaliteite berispe oor hul geldmorsery en gekla oor “militante” belastingbetalersunies wat dienstegeld weerhou. Die verslag toon dat R27 miljard tussen die 2009 tot 2010 gespaar kon gewees het deur onnodige uitgawes te besnoei. Jaarlikse meningsopnames het

Lees verder: Gordhan sê munisipaliteite moet ophou geld mors