Dis ’n Benz, en ja, dit is Kuns

{jathumbnail off} Vertoef ‘n oomblik om saam met my die hoed te lig vir een van die twintigste eeu se uitstaande kunstenaars – Paul Bracq. Dis Bracq, nie Braque nie. Ek het onlangs weereens die uitsonderlike vreugde gehad om een van sy kunswerke vir ‘n paar kosbare oomblikke te sien. Dit was in die Noordelike

Lees verder: Dis ’n Benz, en ja, dit is Kuns

Tutu skerm vir Britse imperialis

Aartsbiskop Desmond Tutu sê politici moet sensitief wees wanneer name van voormalige leiers verander word. Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het reeds in 2010 gevra dat Rhodes Universiteit se naam verander word. Die Cape Times berig dat Tutu gesê het leiers moet almal wat ‘n bydrae tot die demokrasie gemaak het, oorweeg, want niemand

Lees verder: Tutu skerm vir Britse imperialis

Duitse president met vuvu’s uitgeblaas

Die musikale Duitsers herken ‘n wanklank as hulle een hoor. Betogers met vuvuzela’s het met ‘n konstante spervuur ​​van geraas tydens ‘n militêre seremonie Donderdag vir Duitsland se voormalige president, Christian Wulff, wat die amp onder ‘n wolk verlaat het, afskeid geneem. Sowat 250 betogers het met hulle plastiekwalghorings wat tydens die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika

Lees verder: Duitse president met vuvu’s uitgeblaas

SA vra verskoning oor Nigeriese deportasies

Suid-Afrika het Donderdag om verskoning gevra vir ‘n massa-deportasie van Nigeriërs, in ‘n poging om ‘n diplomatieke onderonsie by te lê. Dié kwessie het weer die aandag gevestig op die soms gespanne betrekkinge met die res van die vasteland. “Ons wil nederig om verskoning vra vir hulle, en ons het,” het Suid-Afrika se adjunk-minister van

Lees verder: SA vra verskoning oor Nigeriese deportasies

Geweld by kliniek na wag geskiet is

Drie-en-vyftig mense het Donderdag in die Sekgosese-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met openbare geweld. Hulle is op borgtog van R500 elk vrygelaat en die saak is tot 2 Mei uitgestel, het lt. kol. Ronel Otto gesê. Die 53 is in Sephukubje in hegtenis geneem nadat geweld Sondag by ‘n plaaslike kliniek uitgebreek het. Die

Lees verder: Geweld by kliniek na wag geskiet is

Polisielid dood in Renamo-aanval

‘n Mosambiekse polisiebeampte is Donderdag dood nadat ‘n skietery tussen die polisie en Renamo, die hoofopposisieparty in Mosambiek, uitgebreek het. Sowat 300 voormalige soldate van die opposisie kampeer reeds vir weke buite die Renamo Party se hoofkwartier in Nampula. Hulle sê hulle wag vir opdragte van die Renamo-leier Afonso Dhlakama om met betogings teen die

Lees verder: Polisielid dood in Renamo-aanval

Afrikaners kan binne ‘n geïntegreerde samelewing gedy

Venter skryf ‘n groot lot twak in sy rubriek Dis lekker in die laer. Daar is nie ‘n “laer” van Afrikaners nie, daar is klein groepies regses wat elk verward met 3 ossewaens onder ‘n bloekomboom saamtrek. Sommige in KZN, sommige in Orania, ander weer in Tshwane, ander weer in Ventersdorp. Verskrikte mense wat nie

Lees verder: Afrikaners kan binne ‘n geïntegreerde samelewing gedy

‘Te veel buitelanders’ sê Sarko

Franse president Nicolas Sarkozy het gesê dat daar te veel buitelanders in Frankryk is en die stelsel vir hulle integrasie “werk al hoe slegter”. In ‘n ​​TV-debat, het Sarkozy sy plan verdedig om die getal nuwe aankomelinge so te sê te halveer as hy herkies word volgende maand. Sarkozy loop in die meningspeilings agter die

Lees verder: ‘Te veel buitelanders’ sê Sarko