Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ‘n komplot om ANC-leiers te vermoor, sal Vrydag weer in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die saak is op 25 Maart uitgestel, ná die nasionale vervolgingsgesag gevra het vir meer tyd om die saak te ondersoek. Hein Boonzaaier, Martin Keevy, Johan Prinsloo en Mark Trollip
Boere in aanhouding weens stroper se beserings
Drie boere is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vermeende renosterstroper gevang het. Beeld berig die drie boere – PP Maré, Chris Naudé en Johannes van Zyl – word by die polisieselle op Gravelotte, Limpopo, aangehou. Hul prokureur, Aldo Rech, het aan die koerant gesê die boere het vroeër
Mesmoordenaar vra vergifnis
‘n Man van Kaapstad het om vergifnis gevra nadat hy erken het dat hy ‘n vrou vermoor het, het die Cape Times Donderdag berig. Mogamat Armien Salie (31) het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn vir die moord op die 33-jarige Anzunette de Plessis in Oktober, het die koerant berig. Sy het hom glo ingelaat
Londenaanval ‘onbegryplik’
Die wrede moord op ‘n man wat glo ‘n Britse soldaat was op ‘n straat in Londen is Donderdag hier deur die media as “onbegryplik” beskryf. Die aanval het helder oordag, sowat 200 m van weermagbarakke, in die suide van Londen gebeur. Twee mans het volgens ooggetuies in ‘n straat in Woolwich die slagoffer met
Vierde nag van onluste in Swede
Swart jeugdiges het ‘n restaurant aan die brand gesteek en heeltemal in puin gelê asook meer as 30 motors in Stockholm, Swede. Drie polisielede is beseer in ‘n vierde nag van onluste in immigrante voorstede van die Sweedse hoofstad. Die onluste het begin ná ‘n noodlottige polisieskietery. Polisiewoordvoerder Kjell Lindgren sê ten minste 30 motors
DA-jeug wil vreedsame Kleinfontein kultuurgemeenskap intimideer
Die DA-jeug is van plan om vandag by Kleinfontein te kom betoog omdat Kleinfontein kwansuis rassisties is. In haar nuusvrystelling op die DA se webwerf sê die Jeugleier Mbali Ntuli onder meer: “We cannot allow racial nationalists on the extreme fringes of South African politics to try and bring apartheid back. The DA fought against
Lees verder: DA-jeug wil vreedsame Kleinfontein kultuurgemeenskap intimideer
Brand rig skade by Engelse skool aan
‘n Brand het groot skade aangerig by die Holy Family-kollege in Saxonwold, Johannesburg. Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê niemand is in die brand beseer nie. Die skoolsaal is volgens Radebe afgebrand. “Die saal is heeltemal afgebrand en ander dele van die skool is ook beskadig,” het sy gesê. Brandbestryders het ‘n
Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch
Op 29 April het die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) goedkeuring aan die rektor, Russel Botman, verleen dat hy hierdie inrigting van ‘n wit na ‘n hoofsaaklik nie-wit en van ‘n histories Afrikaanse na ‘n hoofsaaklik Engelse universiteit kan transformeer. Die Burger het oor hierdie gebeurtenis op 30 April heel gunstig onder die opskrif,
Kleinfontein is trots wit en Afrikaans
Die mense van Kleinfontein, naby Pretoria, het besluit dat slegs Afrikaners toegelaat sal word om in dié plaasgemeenskap te woon, het The Times Woensdag berig. Almal wat tans in dié gemeenskap woon – van die veiligheidswagte by die hekke tot die tuinwerkers – is Afrikaans, het die koerant berig. Beamptes van die Gautengse wetgewer se
Zim aanvaar nuwe Grondwet
Die ANC het Zimbabwe en sy president, Robert Mugabe, Woensdag geluk gewens met die aanvaarding van dié land se nuwe grondwet. “Die nuwe grondwet is ‘n belangrike nuwe mylpaal in die suksesvolle implementering van die oorkoepelende vredesooreenkoms en die demokratiese bestel van Zimbabwe,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, in ‘n verklaring gesê. “Dit
