President Jacob Zuma het ‘n beroep om kalmte en eenheid gedoen te midde van berigte dat buitelanders uit Suid-Afrika vlug uit vrees vir hernieude xenofobiese geweld. Daar was reeds voorvalle van plakkers in die Wes-Kaap wat teen buitelanders opgetree het. Zuma het verwys na die xenofobiese haataanvalle in 2008 wat beleggersvertroue geknou het. Hy sê
Senegal se president en seun byt vas
President Abdoulaye Wade van Senegal het gerugte deur die opposisie dat hy sy seun, Karim, as president wil sien, ontken. Hy dring daarop aan dat dit sy seun se reg is om homself verkiesbaar te stel. “Dit is glad nie my plan om my seun in my plek aan te stel voor ek gaan nie,”
Polisie tevrede met misdaadsyfers vir WB
Net minder as 1000 misdade op wedstryd-dae is aangemeld in en om die land se stadions gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê. Die meerderheid van hierdie misdade was diefstal en rooftogte, het Mthethwa aan die media in Pretoria gesê. ‘n Totaal van 704 misdade is buite die stadions gepleeg, terwyl
Afrika se sukses
компрессорыданильченко юрий брониславович прокурор
Beskerming van inligting en mediavryheid
Met Gwede Mantashe en Blade Nzimande, twee kommuniste in die ANC-topkader, se woorde oor ‘n beoogde mediatribunaal skaars koud, maak ‘n wetsontwerp opspraak. In alle state is daar wetgewing wat sensitiewe staatsinligting weerhou van die publiek. Trouens, in Italië het die grootste gros joernaliste die afgelope week ‘n nuusboikot gehou teen wetgewing wat skielik ingestel
ET-verdagte uit op borg
Borgtog is Woensdag in die landdroshof in Ventersdorp aan een van Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaars toegestaan. Landdros Magaola Foso het borgtog van R5000 aan mnr. Chris Mahlangu toegestaan. Die sewe-en-twintigjarige Mahlangu moet voortaan twee keer per dag by die polisiekantoor in Mabopane naby Pretoria aanmeld. Familielede en vriende van die AWB-leier was hoorbaar geskok
Libiese skip draai om
n Libiese skip met noodvoorraad vir die Palestyne het in ‘n Egiptiese hawe aangekom nadat hy na ‘n waarskuwing van die Israelse vloot om van die Gasastrook af weg te bly, van rigting moes verander. Egiptiese amptenare sê die Amalthea het in El Arish, suid van die grens met Gasa aangekom en sal begin om
Nazi-Mickey is kuns sê Pole
‘n Enorme buitemuurse kunsplakkaat wat ‘n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf bevat, maak groot opspraak in Pole, waar die herinneringe van die lyding as gevolg van die Nazi’s nog ‘n teer kwessie is. Die plakkaat, wat in Junie naby ‘n sinagoge in Poznan opgerig is, is die
Landdros vaar teen polisie uit
Die hooflanddros by die Pretoriase landdroshof het Woensdag uitgevaar teen die polisiebeamptes wat lede van die publiek deursoek het voor ‘n hofsaak. Dié voorval het plaasgevind voor die hofsaak van die vier polisiebeamptes wat daarvan verdink word dat hulle Maandag ‘n motoris doodgeskiet het. “Die hof sal besluit neem oor sulke prosedures. Die veiligheid van
Gauteng bestee R4m aan sokkerkaartjies
Die provinsie Gauteng het R4 miljoen aan 4613 kaartjies vir die sokkerwêreldbeker bestee, het die premier Nomvula Mokonyane gister laat blyk. Die besluit om die kaartjies te koop was gegrond op “die behoefte van die regering om stappe te neem om die geleentheid te bied aan inwoners van Gauteng wat nie die kaartjies kan bekostig
