Ehrenreich blaas geweld aan

“Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, blaas geweld aan met sy stelling van ‘die grondoorlog kom binnekort’. Daardeur sê hy ook dat die ware motief agter die stakings van plaaswerkers in die Wes-Kaap nie oor lone gaan nie, maar oor grond. Uitsprake soos hierdie grens aan haatspraak en moedig geweld aan. Verantwoordelike regering vereis dat pres. Zuma

Lees verder: Ehrenreich blaas geweld aan

Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug

Duitsland se sentrale bank eis van sy groot goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug. Die stap volg na ‘n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit “fisies nagegaan” is nie. Die Bundesbank het planne aangekondig om sy hele 374-ton goud te onttrek van die Bank

Lees verder: Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug

Pakskuur brand, bruin werkers droom van R150

Gerrit de Beer, finansiële hoof van die Le Roux-boerdery groep, sê etlike miljoene rande se skade is aangerig nadat ‘n “groot en baie moderne” pruimpakskuur vroeg Woensdagoggend op die plaas Sandrivier naby Wellington in ‘n brand beskadig is. Die kantoor en koelkamers wat deel van die pakskuur vorm, het behoue gebly. Die voorraad wat in

Lees verder: Pakskuur brand, bruin werkers droom van R150

Mali-konflik eis eerste Brit

Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag bevestig dat ‘n Brit dood is in ‘n aanval op ‘n gasveld in die ooste van Algerië. Hague het verder gesê enige verband met die krisis in Mali is ‘n verskoning vir “koelbloedige moord”. “Hoewel ek die dood van ‘n Britse burgerlike kan bevestig, kan

Lees verder: Mali-konflik eis eerste Brit

Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee

Vrystaatse tronkbeamptes het joernaliste aangehou, hul gereedskap gekonfiskeer en hul foto’s van bewaarders wat ‘n gevangene aanrand uitgevee, het twee dagblaaie berig. The Star en The Times berig dié voorval het Woensdag gebeur toe die parlement se portefeuljekomitee op korrektiewe dienste die Groenpunt-maksimumveiligheidstronk buite Deneysville in die provinsie besoek het. Dis dieselfde gevangenis waar tronkbewoners

Lees verder: Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee

Ruda steek haar weermagverlede weg

Die TV-persoonlikheid Ruda Landman is glo skaam dat sy weermagopleiding in George ontvang het.  Landman is een van Media24 se ideologiese steunpilare. Die afgetrede kol. Monica Muller van The Reeds skryf sarkasties in Beeld dat Landman “aan geheueverlies ly” en wonder of die kykNet-program Reis moontlik “swak nagevors” is. Volgens die program, skryf Muller, is

Lees verder: Ruda steek haar weermagverlede weg

Helikopter stort in Londen neer

‘n Helikopter het neergestort in spitsuuroggendverkeer nadat dit in vlamme uitgebars het in ‘n oënskynlike botsing met ‘n hyskraan in die suide van Londen. Die brandende helikopter het soos ‘n “vuurbal” na benede gestort, sê geskokte omstanders. Deel van die beskadigde hyskraan het glo ‘n naburige gebou en motors beskadig. ‘n Londense radiostasie LBC het

Lees verder: Helikopter stort in Londen neer

Regter gee groenlig vir kinderseks

Dit is nie meer ‘n kriminele oortreding vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 16 om betrokke te raak in instemmende seksuele aktiwiteite met mekaar nie, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag beslis. Regter Pierre Rabie se uitspraak volg op ‘n aansoek in April verlede jaar deur die Teddy Bear Clinic vir mishandelde kinders, wat

Lees verder: Regter gee groenlig vir kinderseks

ANC dreig Anglo met mynregte

Anglo American en Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het mekaar getakel omdat die mynreus beplan om duisende platinum-mynwerkers af te dank. Amplats, Anglo se platinumfiliaal, aangekondig het dat hy van 14 000 van sy 59 000 werkers in Rustenburg ontslae gaan raak. “Anglo het die land teleurgestel deur by te dra tot ons werkloosheidsprobleem.

Lees verder: ANC dreig Anglo met mynregte

NY stem vir strenger wapenbeheer

Die staat New York het die groot tree geneem om die eerste Amerikaanse staat te word wat streng nuwe beperkings kan plaas op aanvalsgewere. Dié besluit volg ‘n maand ná die slagting by ‘n laerskool in Connecticut, waarin 20 skoolkinders en ses onderwysers dood is. Wetgewers in die senaat het Maandag met ‘n voorsprong van

Lees verder: NY stem vir strenger wapenbeheer