Die jongste misdaadstatistiek het ’n hele paar dinge verklap. En mens moet ’n bietjie huiswerk gaan doen wanneer jy met sulke blatante leuens te doen kry. Dít bring mens nader aan die ware probleem, wat jou weer ’n tree nader aan die antwoord bring, die antwoord wat die grootste taak vir Afrikaners in ons Afrikanergeskiedenis gaan meebring.
Jackie Selebi, nasionale polisiehoof, sê dat misdaad hom nie slapelose nagte besorg nie en Charles Nqakula, minister van onveiligheid, reken dat misdaadvlakke in die land daal, terwyl Thabo Mbeki misdaad as ’n persepsie afmaak. Met sulke sieninge is dit blykbaar net die naasbestaandes van die derduisende slagoffers van misdaad wat hallusineer, asook so ’n paar regdenkendes…
