Daar is een Afrikaanse radiostasie wat landwyd uitsaai: RSG. Oftewel, soos dit in die volksmond bekendstaan, Radio Sonder Mense. Die eens trotse kultuurradio, die Afrikaanse diens van die SAUK, is vervlak tot ‘n stasie wat wonder of dit ‘n musiekstasie vir tieners of ‘n propagandakanaal vir die Britse geheimediens wil wees. So pas op Twitter
Duitsland bekommer oor herhaling van Irak in Sirië
Die Duitse regering is bekommerd oor die ooreenkomste tussen die oorlog in Irak 10 jaar gelede en die Siriese konflik. Die Ministerie van Buitelandse Sake is van mening dat kommer oor die moontlike gebruik van chemiese wapens die Amerikaanse regering tot ‘n militêre ingryping kan oorreed. Die Duitse minister van buitelandse sake Guido Westerwelle is
Lees verder: Duitsland bekommer oor herhaling van Irak in Sirië
SANDF sukkel finansieel
Begrotingsbeperkings verhoed die Suid-Afrikaanse Weermag om nasionale en internasionale verpligtinge na te kom, het lt.genl. Vusimuzi Masondo, weermaghoof, Donderdag gesê. Masondo het gesê met die toename in die vraag na die weermag se dienste plaaslik en op die kontinent, is die nasionale mag onder druk om sy mandaat na te kom. “Met ‘n beperkte mediumtermyn-begroting
ANC-lid geskiet
‘n ANC-lid is buite sy huis in Westonaria aan die Wes-Rand doodgeskiet, het die party Donderdag gesê. “Die ANC is geskok en verslae oor die dood van Jackson Mafika, wat Woensdag deur onbekende gewapende mans by sy huis doodgeskiet is,” het die party in ‘n verklaring gesê. “Die ANC het ‘n wonderlike leier verloor, wat
Honderde groet ‘Rooi Konsertina’
Meer as 200 mense het in Pretoria hul laaste eer betoon aan die Afrikaanse musikant en boeremusieklegende, Nico van Rensburg, berig RSG. Afrikaanse kultuurorganisasies en lede van die Afrikaanse musiekgemeenskap, waaronder Steve Hofmeyr het hul medelye aan Van Rensburg se familie betuig. Dit is hardop tydens sy gedenkdiens gelees. Van Rensburg is Sondag aan ‘n
Kundigheidsverlies ‘n kopseer
Swak bestuur is besig om Suid-Afrika duur te kos in terme van wetenskaplike- en tegnologiese vooruitgang, en veral die verlies aan top-kundiges op die gebied, wat deur ander lande opgeraap word, is ‘uiters kommerwekkend’. Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor wetenskap en tegnologie, het vandag met die begrotingposdebat van die department van
SA bly buite stemming oor Sirië
Die VN se Algemene Vergadering het ‘n Arabiesgesteunde voorstel aanvaar wat die toename van geweld in Sirië veroordeel, maar wat ook die totstandkoming van die Nasionale Koalisie vir Siriese Rewolusionêre en Opposisiemagte verwelkom. Die stap word gesien as ‘n aanvaarding van die opposisie as ‘n party in die oorgang in dié land. Die voorstel is
Entstofveldtog by skole van volgende jaar
Die regering sal in Februarie aanstaande jaar begin om entstowwe teen servikale kanker by skole toe te dien. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die regering hoop om te onderhandel oor laer pryse vir die entstof teen die menslike papilloomvirus, wat servikale kanker veroorsaak. Die entstof sal toegedien word aan nege- en tienjarige meisies,
Kitsbanke spoeg minder note in April
Onttrekkings by kitsbanke het in April 2013 met 0,73% afgeneem, het Spark ATM Systems Maandag gesê. Kontankonttrekkings was effens minder as tydens die Maart-vakansietydperk, maar was 6,01% meer as dieselfde maand verlede jaar, het die maatskappy gesê. Die gemiddelde bedrag wat kitsbankgebruikers onttrek het, is volgens ‘n ontleding van kontantonttrekkings by 2 000 kitsbanke R461,65.
Werk by Lonmin hervat na rand val
Werk by al 13 skagte van Lonminmyn in Marikana in die Noordwes is hervat. Die stakende werkers het laat Woensdag ‘n onwettige staking van twee dae beëindig en bedrywighede is dieselfde aand hervat. Die staking het tot ‘n einde gekom nadat Joseph Mathunjwa, president van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), Woensdag meer
