Die departement van Staatsveiligheid bewaar die stilswye oor sy rol in die omstrede voorval waarin ‘n private vliegtuig van die invloedryke Gupta-familie verlede week op die Waterkloof Lugmagbasis geland het. Die departement het bevestig dat sy direkteur-generaal deel is van die taakspan wat die omstandighede rakende die ongemagtigde landing van die vliegtuig op ‘n nasionale
Jeug steun busstakers
Suid-Afrika se jeug steun stakings deur bus-, taxi- en treinbestuurders, het ‘n nuwe meningspeiling getoon. Minstens 75% meen dis reg as busbestuurders staak, 68% voel dieselfde oor treindrywers en 63% ondersteun taxi-bestuurders se reg om te staak. Pondering Panda se selfoonopname van 2 146 mense tussen die ouderdom van 18 en 34 het dié menings
Siriese rebelle gebruik Saringas, sê VN
Die VN se menseregte-ondersoekbeamptes het getuienis van slagoffers van Sirië se burgeroorlog en mediese personeel wat aandui dat rebellemagte die gifgas Sarin gebruik het, is Sondag berig. Die Verenigde Nasies se onafhanklike kommissie van ondersoek oor Sirië het nog nie bewyse van regeringsmagte gesien wat chemiese wapens gebruik nie, wat onder die internasionale reg verbied
Is die volgende Afghanistan in Afrika?
Die bomaanval in Tanzanië wil-wil lyk soos die aanval ‘n jaar of twee gelede in Afghanistan toe agt niksvermoedende Suid-Afrikaners gedood is tydens ʼn selfmoordbomaanval op ‘n Dinsdagoggend in Kaboel, klaarblyklik die slagoffers van ‘n aanval uit weerwraak oor ‘n rolprent wat die spot dryf met die profeet Mohammed. Daar was geen provokasie in Tanzanië
Bomaanval op Tanzaniese kerk waar pouslike gesant is
‘n Vrou is dood en 44 mense is ernstig beseer toe ‘n bom ontplof het in ‘n Rooms-Katolieke kerk in die noorde van Tanzanië, het ‘n Tanzaniese polisiebeampte Sondag gesê. Die vrou is in die hospitaal oorlede as gevolg van die aanval op die Arusha-kerk net voor die diens, wat deur die pous se gesant
Lees verder: Bomaanval op Tanzaniese kerk waar pouslike gesant is
Sirië se president wy standbeeld in openbaar in
Pres. Bashar al-Assad van Sirië het Saterdag in die openbaar verskyn by die Damaskus Universiteit vir die inwyding van ‘n standbeeld ter ere van studente wat gesterf het in die opstande in dié land. “Pres. Bashar al-Assad het hom by duisende studente en die families van ontslape studente geskaar met die inwyding van ‘n standbeeld
Lees verder: Sirië se president wy standbeeld in openbaar in
Taxi-baas se dogter word DA-jeugleier
Mbali Ntuli, nuutverkose jeugleier van die DA, sê dié opposisieparty moet meer “skop” hê. “Ons moet harde kwessies soos dagga, dwelms en alternatiewe behuising bespreek…” City Press berig sy is die naweek by ‘n konferensie in Newtown, Johannesburg, verkies. Ntuli (25) was eers die afdeling se voorsitter. Sy was ook ‘n raadslid in die eThekwini-metro.
Zim-boere het te laat wakkergeskrik sê CFU
Charles Taffs, president van die Commercial Farmers’ Union (CFU) van Zimbabwe het Vrydag by ‘n TLU-konferensie se noord-tak gesê Suid-Afrikaanse boere moet leer uit die foute van die boere in Zimbabwe, het Beeld berig. In die laat 1990’s het Zimbabwiese wit boere nie die tekens raakgesien dat die regering van pres. Mugabe besig was met
Shoprite in PE se dak gee mee
‘n Groot gedeelte van ‘n Shoprite Checkers se dak het in Port Elizabeth inmekaargesak, het die SABC berig. Stanley Jarvis, ‘n polisiewoordvoerder, sê die brandblusstelsel het vroegoggend onklaar geraak, wat veroorsaak het dat ‘n gedeelte (70 m by 20 m) van die dak ingegee het as gevolg van die water se gewig. Niemand is beseer
Wie sal die Boere kom lei? ‘n Bruin man, Engelse vrou of ‘vrolike’ man?
Skoppensboer vind dit al hoe moeiliker om grappies te maak oor die nuwe Suid-Afrika. Daar is sommer baie om oor te lag, van die Gupta-gedoente tot dik ousies met dikker brille in swart luuksemotors wat jou op die paaie wil doodry, maar dikwels is dit “lag met ‘n traan”. Uiteindelik laat Skoppensboer hom maar, soos
Lees verder: Wie sal die Boere kom lei? ‘n Bruin man, Engelse vrou of ‘vrolike’ man?
