DA-jeug gaan betoog teen Kleinfontein se “rassiste”

Die DA-jeug gaan protesteer teen die “rassistiese beleid” van die Kleinfontein-nedersetting buite Pretoria. Kleinfontein laat slegs wit, Afrikaanse Protestante toe wat hou by die Bloedrivier-gelofte om daar te woon en werk. Volgens die DA het “hierdie soort van rasse-eksklusiwiteit geen plek in ‘n demokratiese Suid-Afrika nie”. “Ons kan nie kan toelaat dat rasse-nasionaliste op die

Lees verder: DA-jeug gaan betoog teen Kleinfontein se “rassiste”

Apartheid – ‘n idee vir die 21ste eeu?

Die apartheidsteorie voorspel dat mense in ‘n multi-etniese samelewing hulself insgelyks etnies gaan organiseer. In hul eie politieke benadering en veldtogte, verwerp sowel die ANC as die DA, die twee grootste politieke partye in Suid-Afrika, beide die marxisme en die liberalisme – en pas die apartheidsteorie toe! Wat ek hier skryf, sal seker deur sommige

Lees verder: Apartheid – ‘n idee vir die 21ste eeu?

SAPD se webwerf gekraak om fluitjieblasers te ontbloot

“Swak sekerheid van die polisie se webwerf is die oorsaak dat kuberkrakers meer as 15 700 fluitjieblasers se identiteit nou aan die wêreld bekend maak. Fluitjieblasers se identiteitsnommers, telefoonnommers en e-pos adresse is nou openbaar op die internet en skep ‘n veiligheidsrisiko vir die fluitjieblasers. Dit beteken dat swak maatreëls toegepas is op die polisie

Lees verder: SAPD se webwerf gekraak om fluitjieblasers te ontbloot

Senaatskomitee stem vir wapens aan Sirië

‘n Amerikaanse senaatskomitee het ‘n wetsontwerp deurgedruk wat sal toelaat dat –  indien dit onderteken word deur die Obama-administrasie – wapens gelewer sal word aan Siriese rebelle waaronder Al Kaida, ‘n skuif wat die hele streek bedreig. Die Senaatskomitee oor Buitelandse Betrekkinge het met 15-3 gestem ter bewapening van die rebelle. Die Amerikaanse publiek is

Lees verder: Senaatskomitee stem vir wapens aan Sirië

Cosatu wil Vrydag hoofweë oor e-tol versper

Die vakbondfederasie, Cosatu, het gedreig om Gauteng se hoofweë Vrydag heeltemal tot stilstand te dwing as deel van sy protesaksie teen die beplande e-tolstelsel in die provinsie. ‘n Woordvoerder, Dumisani Dakile, sê in vorige protesoptrede is sommige lane oopgelos vir verkeer om verby te beweeg, maar dat nie in Vrydag se aksie die geval sal

Lees verder: Cosatu wil Vrydag hoofweë oor e-tol versper

Tien beseer toe rubberkoeëls by myn reën

Tien mynwerkers is Dinsdag beseer toe veiligheidswagte by die Lanxess-chroommyn in Rustenburg rubberkoeëls gebruik het om stakers uitmekaar te jaag, het die polisie in die Noordwes gesê. Brig. Thulane Ngubane het gesê 10 mynwerkers is na ‘n mynhospitaal geneem vir behandeling. Sowat 500 mynwerkers het vroeg Dinsdagoggend by die myn byeengekom. Hulle het glo veiligheidswagte

Lees verder: Tien beseer toe rubberkoeëls by myn reën

SA by kruispad, waarsku Gordhan

Suid-Afrika is by ‘n kruispad weens die hernieude arbeidsonrus in die mynbousektor, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Dinsdag gewaarsku. Gordhan het in die parlement gesê werkers, die regering en ondernemings moet saamwerk om verdere werksverliese te bekamp. Gordhan het ook gewaarsku dat ondernemings kan sluit en dat beleggers vertroue in die ekonomie kan verloor.

Lees verder: SA by kruispad, waarsku Gordhan

Zuma kry steun van De Klerk

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag onverwagte steun gekry toe FW De Klerk uitgevaar het teen “doemprofete” wat die ondergang van die land voorspel. De Klerk het gesê “afro-pessimiste” erken nie die vooruitgang wat wel in Suid-Afrika en Afrika gemaak word nie. De Klerk het erken dat Suid-Afrika “ernstige internasionale beeldprobleme” het, maar hy het gesê

Lees verder: Zuma kry steun van De Klerk