Die tenderstelsel is teer saak in die regering, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die opening van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, Bloemfontein, gesê. “Selfs ‘n ouma in ‘n landelike gebied weet van ‘n tender,” het hy in Zoeloe tydens sy politieke verslag gesê. Zuma het gesê die stryd teen korrupsie duur voort
Regses vas oor Mangaung bomplan
Die Vrystaatse polisie het sewe vermeende regses in hegtenis geneem wat na bewering ’n tent op die ANC se nasionale konferensie, wat tans in Mangaung plaasvind, met plofstof wou opblaas, het RSG Maandag berig. Die verdagtes is Sondag in Bloemfontein, Douglas en Naboomspruit (Mookgophong) vasgetrek. Die polisie se provinsiale woordvoerder, Brigadier Billy Jones, het gesê
Baie praatjies, al hoe meer gaatjies
Na 18 jaar van ANC regering moet elke burger van Suid Afrika nou al besef dat die ANC onbevoeg is om ‘n land soos dié te regeer. Tyd om te erken dat daar verskillende rassegroepe is wat oor sterk patriotisme beskik. Tyd om konsekwent te besin wat die pad vorentoe vir al hierdie verskillende groepe
Die kragtige sjarme van apartheid
Verwoerd leef voort in sepies op die SAUK. En in die res van Afrika, waar etnisiteit die lotgevalle van lande bepaal. In die SAUK se swart sepies soos Muvhango word die problematiek van stamkonflikte, asook die wisselwerking tussen die moderne en tradisionele wêrelde, konstant te berde gebring. Tussen stedelike tenderpreneurs in blink swart motors, enersyds,
Vrystaat nie deel van Mangaung nie, beslis Grondwethof
Die Vrystaat sal nie by die ANC se nasionale verkiesingskongres in Mangaung deelneem as provinsie nie. Die grondwethof het voor die aanvang van die ANC-kieskonferensie beslis dat die party se Vrystaatse provinsiale verkiesingskonferensie ongeldig is, het Sapa berig. “Die provinsiale verkiesingskonferensie van die Vrystaatse provinsie van die African National Congress wat tussen 21 en 23
Lees verder: Vrystaat nie deel van Mangaung nie, beslis Grondwethof
Jeugliga sal nasionalisering dryf
Die ANC-jeugliga sê hy sal resolusies oor die nasionalisering van sekere minerale- en mynmaatskappye by die regerende party se nasionale verkiesingskongres voorstel. “… Ons sal die nasionalisering van die volgende minerale voorstel: ystererts, magnesium, die platinum-groep-minerale, vanadium, mangaan, steenkool en sink,” het ‘n verklaring gelui. “Ons sal verder ‘n oproep doen vir die hernasionalisering van
Europese Menseregtehof veroordeel CIA se uitleweringsprogram
Die Europese Menseregtehof het hierdie week die regte van ‘n individu wat vir byna nege jaar lank in die geheim aangehou is, nadat hy ontvoer en gemartel is onder die CIA se uitleweringsprogram, erken. Khaled El-Masri, ‘n Duitse burger, is deur Macedoniese sekuriteitsbeamptes op 31 Desember 2003 by ‘n grenspos in hegtenis geneem en per
Lees verder: Europese Menseregtehof veroordeel CIA se uitleweringsprogram
Mandela-standbeeld onthul vir kieskongres
‘n Nuwe reuse-standbeeld van oudpres. Nelson Mandela moet ‘n simbool van versoening en verdraagsaamheid wees, het pres. Jacob Zuma by die onthulling gesê. “Dit moet… verewig ‘n simbool van die land se versoening en verdraagsaamheid as ‘n nasie wees,” het die president in Bloemfontein gesê. “Ons weet Tata Mandela is ‘n nederige mens… ‘n leier
Bloem se lughawe kry nuwe naam
Die ANC sal na Bloemfontein vir hulle elektiewe konferensie reis na ‘n lughawe met ‘n splinternuwe naam. Pres. Jacob Zuma het gesê die naamsverandering van die lughawe is nog ‘n stap in die rigting van nasiebou wat ‘n gedeelde erfenis en toekoms uitstraal, berig RSG. Zuma het Donderdag amptelik dié lughawe tot die Bram Fischer
Vier toetsstasies sluit weens bedrog
Vier voertuig-toetsstasies in Gauteng is toegemaak omdat hulle na bewering vals padwaardigheidsertifikate uitgereik het. Die toetsstasies in Germiston, Alberton, Meyersdal en Lenasia word daarvan beskuldig dat hulle sertifikate uitgereik het aan voertuie wat in KwaZulu-Natal geregistreer is. Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het die toetsstasies 14 dae gegee om appèl teen hulle sluiting aan te
