Mandela-standbeeld onthul vir kieskongres

‘n Nuwe reuse-standbeeld van oudpres. Nelson Mandela moet ‘n simbool van versoening en verdraagsaamheid wees, het pres. Jacob Zuma by die onthulling gesê.

“Dit moet… verewig ‘n simbool van die land se versoening en verdraagsaamheid as ‘n nasie wees,” het die president in Bloemfontein gesê.

“Ons weet Tata Mandela is ‘n nederige mens… ‘n leier wie se lewe van onselfsugtige toewyding aan gelykheid, vryheid en menslikheid steeds ‘n inspirasie vir alle Suid-Afrikaners is…”

Zuma het die voormalige staatshoof, wat verlede naweek weens ‘n longinfeksie in ‘n hospitaal opgeneem is, voorspoed toegewens.

Kleurvolle ballonne is die lug ingelaat toe die president die doek wat die 6,5 m hoë brons standbeeld op Naval Hill bedek het, verwyder het.

Die beeldhouwerk kyk in die rigting van Waaihoek, waar die ANC 100 jaar gelede gestig is.

Zuma het ook die nuwe naam van die stad se lughawe – die Bram Fischer- internasionale lughawe – amptelik inhuldig.

Die ANC se verkiesingskongres word ook die naweek in die stad gehou.

Die konferensie sal by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus afskop. Tussen 50 000 en 200 000 besoekers word verwag.

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae