Bloem se lughawe kry nuwe naam

Die ANC sal na Bloemfontein vir hulle elektiewe konferensie reis na ‘n lughawe met ‘n splinternuwe naam.

Pres. Jacob Zuma het gesê die naamsverandering van die lughawe is nog ‘n stap in die rigting van nasiebou wat ‘n gedeelde erfenis en toekoms uitstraal, berig RSG.

Zuma het Donderdag amptelik dié lughawe tot die Bram Fischer internasionale lughawe herdoop.

Die lughawe het in vroeëre jare as die JBM Hertzog-lughawe bekendgestaan.

лобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae