Vier toetsstasies sluit weens bedrog

Vier voertuig-toetsstasies in Gauteng is toegemaak omdat hulle na bewering vals padwaardigheidsertifikate uitgereik het.

Die toetsstasies in Germiston, Alberton, Meyersdal en Lenasia word daarvan beskuldig dat hulle sertifikate uitgereik het aan voertuie wat in KwaZulu-Natal geregistreer is.

Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het die toetsstasies 14 dae gegee om appèl teen hulle sluiting aan te teken.

Die departement se woordvoerder, Thapelo Moiloa, sê hulle het inligting ontvang dat 34-duisend voertuie wat in KwaZulu-Natal geregistreer is, op so ‘n wyse onwettige padwaardigheidsertifikate bekom het.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae