Volgens die Suid-Afrikaanse reg is iemand onskuldig tot sy skuld bewys is. Heelwat lastersake in Suid-Afrika volg nadat iemand sonder ‘n skuldigbevinding as iets geëtiketteer is. Die ANC se interne verhoor rondom Julius Malema behoort volgens dieselfde beginsels hanteer te word. Drie van die vier klagtes teen hom is egter laat vaar, waaronder die feit
Beginsels en populariteit – hoe kies die kiesers?
Pas het ‘n nuwe kieskompas in Nederland die lig gesien. Dié kieskompas merk op dat baie kiesers in Nederland in hul harte met die beleid van die betreklike klein ChristenUnie saamstem, maar dat 80 % van die kiesers sê hulle sal nooit hul kruisies by dié party trek nie. ‘n Waarnemer meen die ChristenUnie se
Lees verder: Beginsels en populariteit – hoe kies die kiesers?
China bied Zambië ‘n miljard dollar aan vir hidro-skema
Die China Ontwikkelingsbank (COB) het Dinsdag ‘n miljard dollar (787 miljoen euro) vir ‘n beplande hidroëlektriese stasie in Zambië aangebied en ‘n Chinese maatskappy vir die ontwikkeling van die projek voorgestel. Jiang Chaoliang, president van die COB in Chinese staatsbesit, het gesê die Beijing-gebaseerde Sinohydro Corporation, stel belang in die ontwikkeling van die 1,5-miljard-dollar Laer
Lees verder: China bied Zambië ‘n miljard dollar aan vir hidro-skema
Nuwe landbouplan ‘belaglik’
Om te verwag dat boere 40 persent van hul landboubelang aan swart aandeelhouers oordra, is “ongehoord” en “totaal onaanvaarbaar “, het die landbou-unie TLU-SA Dinsdag verklaar. Die TLU-SA het gereageer op minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson se aankondiging Maandag dat die regering op soek na ‘n aandeleskema vir swart boere is om die gewillige koper,
Klagtes teen ministers gelê
TLU SA en die Nasionale Waterforum het strafregtelike klagtes gelê teen drie kabinetsministers. Die Ministers van Waterwese, Minerale Sake en Landbou is by die Brooklyn polisiekantoor in Pretoria daarvan aangekla dat hulle Artikels 151(i) en (j) van die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998, oortree het. Die Waterwet bepaal dat die Staat verantwoordelik is vir
Brittanje het nuwe regering
Wetmakers van die Liberale Demokrate (LibDems) het vroeg Woensdag gesê hulle het ‘n magsdelingsooreenkoms met die Britse Konserwatiewes (Tories) goedgekeur om ‘n regering te vorm. Dít volg ná Brittanje se onbesliste verkiesingsuitslag. Die voormalige Britse premier, Gordon Brown, het Dinsdag bedank. Die Tory-leier David Cameron sal Brittanje lei. Hy het die pos as intrekker van
Mynmagnaat se ontvoerde seun terug
’n Angolese mynmagnaat wat se vyfjarige seun Sondagoggend in Johannesburg ontvoer is, is weer met sy familie herenig, het twee radiostasies Dinsdag bevestig. Declan Condon, ‘n kriminele speurder het aan die radiostasies gesê die losprys is betaal en die seun is aan sy familie terugbesorg. “Ons het ‘n ooreenkoms met die ontvoerders aangegaan. Ons het
Marzaan se derde aanvaller vas
Die derde man wat glo in die aanval op baba-Marzaan Kruger betrokke was is in hegtenis geneem, het polisie Dinsdag gesê. Die 28-jarige Chakhoma Machaba is met die hulp van Interpol en polisie van Mosambiek in hegtenis geneem, het die polisie in ‘n verklaring gesê. Machaba was deur die polisie gesoek in verband met die
Malema mag maar aanhou sing
Julius Malema is ten minste vrygespreek vir die sing van die ‘Skiet die boere’. Sy openbare ondersteuning van Zanu-PF, pres. Robert Mugabe se party, dat hy ‘n joernalis ‘n “baster” en ‘n “agent” genoem het en omdat hy steeds “Skiet die Boere” gesing het nadat die hof dit verbied het, word nie deur die ANC
Kondig noodtoestand af
“Die graad van geweldsmisdaad in Suid-Afrika en meer spesifiek Gauteng, het reeds alle perke oorskry,” sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en leier van die party in Gauteng, na die moord gister op mnr. Robert Botha in die moordgeteisterde Kameeldrift-omgewing buite Pretoria. Mulder wat ook ‘n lid van die portefeuljekomitee vir Veiligheid in Gauteng is,
