’n Angolese mynmagnaat wat se vyfjarige seun Sondagoggend in Johannesburg ontvoer is, is weer met sy familie herenig, het twee radiostasies Dinsdag bevestig.
Declan Condon, ‘n kriminele speurder het aan die radiostasies gesê die losprys is betaal en die seun is aan sy familie terugbesorg.
“Ons het ‘n ooreenkoms met die ontvoerders aangegaan. Ons het ‘n groot hoeveelheid dollars aan die ontvoerders oorhandig en geëis dat hulle die kind op dieselfde tyd moet teruggee.
Ná spanningvolle onderhandelings, het die ontvoerders nader geloop en die kind aan ons oorhandig,” het hy gesê.
Kapt. Cynthia Magoai kon dit nie bevestig nie, maar was op pad na die seun se ouerhuis.
Die polisie is ondersoek tans die ontvoering.
