Wetmakers van die Liberale Demokrate (LibDems) het vroeg Woensdag gesê hulle het ‘n magsdelingsooreenkoms met die Britse Konserwatiewes (Tories) goedgekeur om ‘n regering te vorm.
Dít volg ná Brittanje se onbesliste verkiesingsuitslag.
Die voormalige Britse premier, Gordon Brown, het Dinsdag bedank.
Die Tory-leier David Cameron sal Brittanje lei. Hy het die pos as intrekker van Downingstraat 10 aanvaar met die veelseggende woorde: “Hierdie gaan taai en moeilike werk wees.”
“Namens die hele land wil ek hulde betoon aan die uittredende eerste minster vir sy lang rekord van volgehoue publieke diens,” het hy aan die media gesê.
