Julius Malema is ten minste vrygespreek vir die sing van die ‘Skiet die boere’.
Sy openbare ondersteuning van Zanu-PF, pres. Robert Mugabe se party, dat hy ‘n joernalis ‘n “baster” en ‘n “agent” genoem het en omdat hy steeds “Skiet die Boere” gesing het nadat die hof dit verbied het, word nie deur die ANC teen hom gehou nie.
Die enkele klagte teen hom hou daarmee verband dat hy die ANC en die regering in oneer gebring het.
Die ANC het die president van sy jeugliga, Julius Malema, ‘n boete van R10 000 opgelê, beveel om terapie te ondergaan om sy woede te beheer en pres. Jacob Zuma om verskoning te vra, berig Eyewitness News.
Dié boete moet Malema binne drie maande aan ‘n jeugontwikkelingsprojek betaal.
Hy is ook beveel om vir 20 dae die ANC se politieke skool by te woon.
Malema se tugverhoor is kort ná 20:00 Dinsdagaand afgehandel.
Daar is slegs bevind dat ’n onlangse opmerking wat hy oor pres. Jacob Zuma gemaak het, opruiend was en as ondermyning van eenheid in die party vertolk kan word.
Malema het ‘n apologie aan Zuma aangebied in ’n ANC-verklaring wat gisteraand laat deur die party uitgereik is. Daarin vra hy Zuma en die party om verskoning vir uitlatings wat hy by die jeugliga se oproerige provinsiale kongres in Limpopo gemaak het.
Malema se partylidmaatskap kan ook summier opgeskort word as hy binne twee jaar ’n soortgelyke oortreding begaan.
Mathews Phosa, ANC-tesourier, het Malema verteenwoordig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.