“Die graad van geweldsmisdaad in Suid-Afrika en meer spesifiek Gauteng, het reeds alle perke oorskry,” sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en leier van die party in Gauteng, na die moord gister op mnr. Robert Botha in die moordgeteisterde Kameeldrift-omgewing buite Pretoria.
Mulder wat ook ‘n lid van die portefeuljekomitee vir Veiligheid in Gauteng is, eis dat die regering nou onmiddellik ‘n noodtoestand in die Kameeldrift-omgewing afkondig en selfs in die hele land tydens die 2010 Sokkertoernooi. “Dit behoort soos in Duitsland ‘n standaard prosedure te wees,” het Mulder gesê.
“Die situasie in Suid-Afrika is tans reeds uiters plofbaar en kan selfs lei tot burgerlike opstand. Hierdie buitengewone situasie verg buitengewone optrede,” het Mulder bygevoeg.
“Die grondwet van Suid-Afrika is nie die papier werd waarop dit geskryf is indien fundamentele regte soos die veiligheid van die land se burgers nie deur die staat gewaarborg kan word nie. Die staat het reeds misluk en sy burgers gefaal,” het Mulder gesê. Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om paraat te wees en hulself te beveilig.
“Die situasie in Kameeldrift het selfs na besoeke van minister Nathi Mthethwa en verskerpte polisie-optrede in die gebied nie verbeter nie. Hierdie is reeds die vierde moord binne etlike weke. Die SAPD se misdaadintelligensievermoë laat veel te wense oor,” het Mulder gesê. Die wrange vrugte van die afskaffing van die kommandostelsel deur die destydse minister van Verdediging, mnr. Mosiau Lekota word nou gepluk.
“Ek rig hierdie versoek op ‘n dringende basis in die media aan minister Nathi Mthethwa, genl. Beke Cele, die LUR vir Veiligheid in Gauteng, mnr. Elias Mosunkuthu asook die Kommissaris van Polisie in Gauteng, luitenant-generaal Naidoo. Die VF Plus gaan die saak op ‘n dringende basis met die regering opneem.”
купить игрушечный автоматДанильченко Юрий Брониславович компромат
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.