China bied Zambië ‘n miljard dollar aan vir hidro-skema

Die China Ontwikkelingsbank (COB) het Dinsdag ‘n miljard dollar (787 miljoen euro) vir ‘n beplande hidroëlektriese stasie in Zambië aangebied en ‘n Chinese maatskappy vir die ontwikkeling van die projek voorgestel. 

Jiang Chaoliang, president van die COB in Chinese staatsbesit, het gesê die Beijing-gebaseerde Sinohydro Corporation, stel belang in die ontwikkeling van die 1,5-miljard-dollar Laer Kafuekloofstasie, en kan waardevolle ondervinding tot die projek voeg. 

“Met die finansiële statuur wat COB het en die ryk ervaring van Sinohydro Power Corporation, glo ons dat ons sal in staat wees om tot die verligting van die knelpunte in Zambië in terme van hidrokrag by te dra,” het Jiang tydens ‘n besoek aan Zambië gesê.

Die bou van die 600-megawatt projek, wat gerig is op die verligting van kragonderbrekings in Suider-Afrika se arm lande, sal na verwagting volgende jaar begin.

Sinohydro is tans die kontrakteur vir Noord-Zambië met Kariba se Noordwalhidro-uitbreidingprojek, wat 360 megawatt tot die 600-megawatt Kariba-aanleg sal voeg. 

COB het gehelp om ‘n aantal projekte in Zambië te finansier, met uitstaande lenings ten bedrae van 112 miljoen dollar. Die Chinese bank het gesê hulle sal finansiering van tot 1,4 miljard dollar gee vir verskeie projekte, waaronder die een miljard dollar vir die Kafuekloofstasie. 

Kenneth Konga, Zambië se minister van energie en waterontwikkeling, het gesê Zambië het nodig om meer hidro-kragkapasiteit te bou en wil “vinnig beweeg” om die beloofde fondse van COB aan te wend.

сайт игрушкидепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae