Dan Roodt antwoord Loammi Wolf wat op Litnet onder andere beweer het dat die Britse koloniale magte hulself nie aan volksmoord teen die Boere skuldig gemaak het nie. Soos Max du Preez glo sy dat hulle slegs "nalatig en ongevoelig" was, terwyl die Afrikaner soortgelyk aan Duitsers aan "kollektiewe skuld" ly.
Terwyl die Berlynse Muur in 1989 in Duitsland afgebreek is, is die geestelike Berlynse Muur kort daarna in Suid-Afrika herbou in ‘n poging om kommunisme, Stalinisme en alles wat daarmee saamhang te rehabiliteer. Nie waar nie, kameraad Loammi Wolf?
