Om oor misdaad te dink in terme van metafore dien geen doel en misdaad moet gesien word as die gevolg van menslike aksie. Die enigste oplossing is dus om of daardie mens wat jy glo ʼn misdadiger is tydelik of permanent uit jou gemeenskap te verwyder.
Misdaad is een van die woorde wat gebruik word om menslike aksie te beskryf. Dus is misdaad nie ʼn natuurverskynsel nie.
Om oor misdaad te dink in terme van metafore dien geen doel en misdaad moet gesien word as die gevolg van menslike aksie. Die enigste oplossing is dus om of daardie mens wat jy glo ʼn misdadiger is tydelik of permanent uit jou gemeenskap te verwyder.
Besef u dat, vir minstens 70% van Suid-Afrika se bevolking, misdaad glad nie so ‘n groot probleem is as vir u nie? Dit is ú wat bykans alleen ‘n probleem het met misdaad, wat teen die hoofstroom van die openbare mening in Suid-Afrika probeer spartel. Hierdie mense het dit volledig binne hul bereik om die misdaadvlakke van die land binne die volgende drie jaar na normale vlakke te laat stabiliseer. Geen magiese kragte is nodig nie, geen ingryping deur die weermag nie, geen herinstelling van die doodstraf nie.
In ‘n sekere sin is diegene wat die opslae oor misdaad as ‘n vorm van blanke histerie beskou, heeltemal reg. Al wat nodig is om dit te verifieer, is om na inbelprogramme oor misdaad op radiostasies met ‘n beduidende swart luisteraarskap te luister. Die klaers is oorwegend blank. Die ontkenners wat, naas hul president, inbel en die kommer oor misdaad as ‘n oordrywing van die media afmaak, is oorwegend swart.
Dit is blankes wat in peiling na peiling sê dat misdaad die land se nommer een probleem is. Dit is blankes wat emigreer en sê dat hul hoofrede vir emigrasie misdaad was. Dit is die grootliks blanke ATKV wat hul tyd mors met nóg ‘n futiele SMS-petisie wat op dowe ore gaan val en inherent geen resultaat kan oplewer nie. Dit is blanke sangers wat buite die hof demonstreer teen verkragting. Die stilte uit meeste swart musici se monde is bykans oorverdowend. Dan en wan word ‘n verkragter deur ‘n boendoehof vermoor, maar die meerderheid lewe grootliks in ‘n toestand van apatie teenoor misdaad.
Die 70% van die bevolking waarna ek hierbo verwys het, is natuurlik die massa stemvee wat die ANC-regime telkens gehoorsaam terugstuur parlement toe met ‘n verhoogde meerderheid. Aangesien verkiesings in Suid-Afrika bloot reduseer tot ‘n neerdrukkende en sinnelose rassesensus, is hierdie 70% oorweldigend swart, met kleiner aantalle kleurlinge en Indiërs. As misdaad vir hulle wel ‘n probleem van dieselfde omvang as vir blankes was, kon hulle eenvoudig hul regter- of linkerhande gebruik by die volgende verkiesing, en die ANC-regime van die tafel vee.
Hulle alleen as ‘n groep, en nie kleurlinge, Indiërs of blankes nie, het die vermoë om op ‘n effektiewe wyse hul misnoeë met misdaad te kenne te gee. As hulle wou, kon hulle ‘n heilige vrees by die regering van die dag oor misdaad inboesem, deur eenvoudig te dreig om hom te vervang met een wat wel oor misdaad omgee. Hoe ‘n volgende regering sou maak om misdaad hok te slaan, sou blote taktiese oorwegings en detail wees, maar as diegene met die nodige demografiese mag werklik erns gehad het oor misdaad, sou enige regering wat aan bewind wou bly, verseker het dat misdadigers ‘n bedreigde spesie word.
Dit gebeur egter nie. Vir die meer as 70% ANC-kiesers is rresident Mbeki se sienings oor misdaad klaarblyklik reg: vir hulle bestaan daar nie ‘n misdaadkrisis nie, is die probleem oordrewe of is dit van mindere belang. Ek gee nie voor ek verstaan die swart psige nie, maar daar kan verskeie redes hiervoor wees. Een skokkende rede kan wees dat misdaad nie deur baie van die ANC se kiesers as verkeerd gesien word nie. Tony Yengeni se helde-ontvangs by sy vrylating spreek boekdele oor die dissonansie tussen wat u as blanke dink verkeerd is, en wat die ANC-regime en vermoedelik hul ondersteuners as verkeerd beskou.
Uit hoofde van bostaande het ek daarom min erg aan die geykte cliché dat misdaad swart én wit raak. Dit mag so wees, maar hoeveel simpatie ek vir diegene het wat die mag het om iets aan hul eie lot te doen, maar dit nie uitoefen nie, is debatteerbaar. Anders as blankes kan swart kiesers hulself bevry van misdadigers. Myns insiens spreek die ANC-kieser se hoogstens ambivalente houding teenoor misdaad net weereens van die diametries teenoorgestelde prioriteite en waarskynlik onoorkombare botsings van belange van die radikaal verskillende volke wat hierdie grondgebied moet deel.
{mos_mb_discuss:13}
In der waarheid sou dit onakkuraat wees om bloot te verwys na ‘n aanslag op Pretoria. Immers is die geweldsmisdaad deur die hele Suid-Afrika nou so wydlopend dat geen dorp of stad meer ontsien word nie. Die situasie is egter besonder erg in Gauteng en die afgelope maande sien mens veral ‘n intensifisering van geweldsmisdaad in die blanke voorstede en woonbuurte van Pretoria.
Hoewel misdaad reeds sedert 1994 ‘n probleem in SA geword het, blyk dit dat anti-blanke propaganda deur die regime se uitsaaikorporasie (SABC) veral oor die afgelope jaar tot ‘n dramatiese toename in haatmisdaad teen blankes lei. Wat veral kommerwekkend is, is die "Mau-Mau"-tipe aanvalle wat voorheen tot die plase beperk was, maar wat nou na voorstedelike buurte versprei het. Henri Boshoff van die ISS verwys na lg. as "huisaanvalle". Veelseggend genoeg, weier die regime egter om erkenning aan so ‘n misdaadkategorie te gee. Terwyl die steel van ‘n skootrekenaar of selfoon tydens sulke aanvalle as blote verdoeseling van die werklike motief , nl. terrorisme, aangewend word, moet die sinistere aard hiervan dringend en in diepte ondersoek word. Verslae uit blanke gemeenskappe wat aan Zimbabwe grens, dat daardie mislukte staat tans terroristekampe huisves, is baie waarskynlik gegrond op die waarheid. Eenhede van Apla en Umkhonto wat nie in die SANW opgeneem is nie of wat ontnugter is daaroor, het hulself gewend tot hul eie oplossing vir die "wit probleem" in Suid-Afrika. Deur transitorooftogte en ander tipes roof sou hulle hul opleidingskampe kon finansier, terwyl hul bankrot Zanu-PF-gasheer sekerlik ook ‘n meevallertjie hieruit verdien. Meer inligting oor hierdie onderwerp is noodsaaklik en daardie blanke of Afrikanerorganisasies wat tans oor die bestaande inligting beskik, sal openbare uitspake hieroor moet lewer.
Waar die terroristebendes wat plase en voorstedelike huise aanval ook al hul presiese oorsprong het, bly dit ‘n gewewe dat hulle militêr opgelei blyk te wees en dat hulle hul afgryslike operasies met ‘n politieke doelwit uitvoer. Terwyl die ANC-regime klaarblyklik beheer oor bykans alle wetstoepassing (behalwe belasting insameling) verloor het, dra dit beslis kennis van die terrorisme teen blankes. Daarvoor hoef die regime bloot koerant te lees. Tog maak hulle geen uispraak daaroor nie en wend geen poging aan om dit te bestry nie. Duidelik dra dit hul stille (of deelnemende?) goedkeuring. Deur voortdurende anti-wit propaganda en
beleidsimplementerings soos die afskaffing van die kommandostelsel op die plase, skep die regime aktief ‘n klimaat vir sulke haatmisdaad. Dat hierdie soort aanvalle die afgelope tyd besonders erg op die groter Pretoria gefokus is, is ook geen toevallligheid nie. Behalwe die
naamsverandering van die stad is daar ook die beoogde demografiese sabotasie van Pretoria-oos. Die regime se beplanning van ‘n swart woonbuurt in ‘n stedelike area wat sekerlik die hartland van die Afrikaner is, is beslis kwaadwillig.
Deur die blanke bevolking van Pretoria te terroriseer met ‘Mau-Mau’-tipe huisaanvalle sowel as die plasing van ‘n swart demografiese swaard oor die kop van die welgestelde oostelike dele, voltrek die regime sy politieke aanslag teen die Afrikaner. Deur Afrikaners veral hier (hoewel ook elders) te probeer traumatiseer en verdryf, is dit skaakmat in die Afrikaner se opperste vesting.
Of is dit…?
Baie Afrikaners probeer nog goedgelowig wees teenoor die vyandige regime. Veral diegene in die Naspers-stal (wat toenemend deur bruin Marxistiese intellektuele beheer word), sowel as die beginsellose Afrikanergrootkapitaliste, is geneë met die regime en ignoreer of verdoesel die waarheid. Konstant probeer hulle die blanke bevolking tot onderdanigheid dwing deur onder andere na die veelrassige aard van misdaadslagoffers te verwys. Dít, terwyl alle aanduidinge bestaan dat die aanvalle op blanke individue en huishoudings ‘n besonderse ras-politieke motief het.
In wisselende grade besef die gemiddelde Afrikaner dat die gort nou gaar is. Die blote feit dat Suid Afrika oor die afgelope 10 jaar 20% van sy blanke bevolking (Engelse en Afrikaners) aan emigrasie verloor het, bevestig die benardheid van die situasie.
Die waarheid omtrent emigrasie is dat baie min van ons mens daarvoor kwalifiseer. Behalwe die finansiëlekoste-aspek, berus die immigrasiesisteme van die mees algemene bestemmings (Australië, Nieu-Seeland en Kanada) op strawwe puntestelsels. Die puntetoekennings is so gestruktureer dat alleen ons top vaardigheids- en sakelui daardeur toegelaat word. Die res van ons is hier vasgekeer… Terwyl die regime enige toekomstige bedreiging in ons probeer uitskakel deur ons sistematies te laat vermoor, te verdryf en te traumatiseer verkeer die meeste van ons nou met die rug teen die muur. Die enigste keuse wat vir die meeste van ons oorbly, behalwe vir daardies wat reeds vermoor is, is om in onderdanige vrees te lewe of te veg (vreedsaam of andersins).
Die regime se strategie met Pretoria wentel ooglopend rondom die verafrikanisering van die stad. Die verandering van die stad se naam het sielkundig ‘n dissosiërende uitwerking op baie van die inwoners. Die nuwe naam maak van die stad iets vreemds, iets waarvan afstand gedoen kan word. Deur ‘n swart buurt in die hartland van ‘n hoëklaswoonbuurt aan te kondig word eiendomspryse afwaarts gedwing wat die uiteindelike degradering van die voorstede na ‘n swart werkersklasomgewing bespoedig.
Die vooruitsig van die verswarting van die voorstede tesame met ‘n (stil goedgekeurde) terreurveldtog teen die inwoners veroorsaak sielkundige en sosiale trauma. Die traumatisering van die blanke bevolking is waarskynlik daarop gemik om die inwoners tot ‘n gevoel van magteloosheid aan te spoor. Indien die inwoners voel dat daar geen salf meer aan te smeer is nie sal hulle verjaag word. Diegene wat geheel en al oorweldig voel deur die situasie kan doodeenvoudig boedel oorgee en hulself laat "assimileer". Sodoende word die sterkste Afrikanergeografiesevestiging vernietig. Dit kan ons nie toelaat nie. Sowel die regime as sy ondersteuners gaan nou te ver. Pretoria is die punt waar ons die spreekwoordelike streep in die sand moet trek.
Sonder om noodwendig (in elk geval aanvanklik) millitêr op te tree, sal ons moet begin om beheer oor die situasie te herwin. Langer kan ons nie toelaat dat die regime se Einzatsgrupen die nagtelike ure regeer of dat ons gedreig word met ‘n demografiese verswelging in ons hartland nie. Meer as enige plek het Pretoria (veral die ooste) die potensiaal om ‘n Afrikanerstadstaat te raak. Met geen opsies oor nie sal ons vinnig en dinamies moet organiseer. Ons kan nie langer die respondente tot die regime se diktaat wees nie, maar eerder sal ons self ‘n nuwe verhaal moet begin skryf. Hoe meer Afrikaners besef hoe baie ander soos hulle oor hierdie saak voel, sal ons trauma en woede vinnig omskakel in vasbeslote selfvertroue en handeling. Elkeen van ons sal dit egter in onsself moet vind om uitgesproke te raak, deel te neem aan aksies wat georganiseer word en om nie meer tot stilswye geïntimideer te word nie. Stilbly is vir seker ‘n resep vir ons spoedige einde.
Ons moet eerstens besef dat misdaad nie tussen kleur onderskei nie. Almal kan modder oor en weer gooi, maar dit sal nie die probleem oplos nie.
Dit is 'n gewapende stryd, al het ons dit nie gekies nie; dit help nie ons beveg vuur met swart strikkies nie.
Terloops, het julle gesien dat die DA oopgelvlek het dat 'n klomp vuurwapens wat die wetsgehoorsame inwoners van die land goedsmoeds by polisiestasies gaan inhandig het (a.g.v. 'n vyandige wapenwet), op geheimsinnige wyse in die hande van kriminele beland het?
Seef le Roux
Die verlies van ’n volk toe ons ’n nasie wou bou!
Ek skryf die brief as 'n nuweling by die Afrikanerselfbeskikingsveldtog. Rapport verlede Sondag (28012007) was 'n baie goeie weerspieëling van die Afrikaanssprekende blanke Suid-Afrikaner se frustrasie met ons huidige situasie. Ek is geen politikus, leier, regse militant of doemprofeet nie, maar net 'n doodgewone Afrikaner.
Lees asseblief die brief tot op die einde en as jy saamstem met wat ek te sê het, stuur dit aan sodat ons as ’n volk kan aanbeweeg!
In Rapport lees ek vir die eerste keer Lets Pretorius se naam raak. Onmiddellik is ek op die net om te sien of die man nie dalk die leier is waarna ons op soek is nie. Jammerlik vind ek, wat ek glo sy webtuiste is met ‘n argument tussen hom en ene Frikkie. In een gesprek word uit die Bybel aangehaal en later sommer gevloek. Nee regtig, die mense gee ons ’n swak naam – word wakker manne! Haal daai snert asseblief van die net af, ons het baie mense in die land leer lees!!!!!
Ek kry ook ander webtuistes wat handel oor die Boerebevryding en vra myself die vraag af – wie het ons volk in aanhouding? (Dit is nou hier wat dit belangrik raak om tot die einde van die brief te lees.) Sover ek weet is ek vry om my huis te verlaat, oorsee te gaan, kos te koop en die internet te besoek. Nou vir wat skryf ons ’n hele koerant vol stories en
doen 'n beroep op mense om saam te staan?
Ek glo ons volk het sy probleme by die vorige regering geërf. Ander groepe in die land het destyds nie die regering van die dag as hulle leiers beskou nie. Die Indiërs, Zoeloes en Jode byvoorbeeld, het hulle kulturele leierskap behou. Gewoonlik was die leiers van die kerk sommer ook die leiers van die volk. Met ons was dit anders. Dit was ons wat die land regeer het, en al was ons ’n paar partye wat van mekaar verskil het, was hulle tog ons leiers. Hulle het vir ons op alle vlakke gesorg: kultuur, geloof, opvoeding ens. Nie noodwendig so goed vir die ander groepe nie. Ons sou seker dan nie die probleme gehad het wat ons vandag het nie. Ek moet byvoeg dat nie almal in die Afrikanervolk het die regering 100% ondersteun nie. Ek glo ook nie dit kan so wees nie. Moet asseblief nie dink dat dit beter gaan by die ander volke nie. Ons Afrikaners is baie gou om ons eie volk af te takel oor die feit dat ons nie kan saam staan nie. Ek glo dit bring balans as ons ’n leierstruktuur in plek het (chaos as ons dit nie het nie). Dit is ook afgesaag as almal altyd ja en amen.
Met die vervanging van ons vorige regering is ons volksleiers toe ook daarmee heen. Hier kry ons toe ’n groep volksvreemdes om oor ons volksake te besluit. Mense wat vandag nog sukkel om oor die wel en wee van hulle eie volke te besluit! Nie te min het ons nie ons probleem besef nie en het aangehou kla oor die verandering van alles wat eie aan ons volk was. Die grond wat ons besit, die taal wat ons praat, ons geloof, ons skole, ons kerke, ons kultuur en ons besighede. Die bitter pil het al hoe erger geword om te sluk, tot vandag toe.
Vandag wil ek vra, watter volk, man, ouer, besigheidsman sal toelaat dat iemand anders oor die welslae van sy besgiheid, kinders en alles eie aan hom te besluit. Hoe het ons onself in so ’n gemors laat beland? My voorstel is: neem beheer terug oor ons eie sake, nie stop transformasie nie. Ek glo nog steeds dat daar vir elkeen ’n plekkie in die son is. As daar 25% van ons grond weggegee moet word, waarom besluit ons nie self oor watter, hoe en vir hoeveel nie. Ek glo ons is volwasse genoeg om regverdig te wees, slim genoeg om toe te sien dat die persone wat dit ontvang weet hoe om dit te bewerk en dan het ons ook nog genoeg dryfkrag om toe te sien dat dit alles voor die sperdatum sal gebeur. Die arme dame wat nou in beheer is daarvan sal nooit die pyp kan rook nie en dit klink vir my of sy daarby ook verskuilde agendas het.
Hoe het dit gebeur dat ek vandag in ’n stad met meer as 1 miljoen Afrikaanse gesinne met die naam van Tshwane bly, terwyl daar miljoene swartes in ’n plek met die naam Vosloorus bly? Plus ons bure van Diepsloot is nog vreeslik gelukkig met hulle dorpie. Wie gee hulle die reg? Die antwoord is ONS. Ons het hulle die reg gegee om oor ons te besluit, daar was niemand anders om dit tedoen nie.
Vandag moet dinge maar verander. Ons moet beheer terugneem oor ons leierskap. Ons moet self besluit oor ons skole. Hoe kan hulle ’n skool waarin daar net Afrikaanssprekende kinders is, in ’n woonbuurt waar daar slegs Afrikaanssprekende mense bly na ’n Engelsmedium verander? Net omdat daar dalk ’n swarte in die gemeenskap bly wat dalk Engels verkies. Basta met dit. As die Duitsers in die land hul kinders in ’n Duitse skool wil sit, dan sorg hulle dat hulle in Pretoria bly naby die Duitse skool. As jy vandag ’n huis soek, is die feit dat daar ’n goeie skool vir jou kinders is die eerste oorweging!. Ons probleem is wel weer dat ons verwag van die regering om die skole aan ons te verskaf wat ons kultuur ondersteun en dit gaan nie gebeur nie. As ons wil he ons kinder moet in Afrikaans skoolgaan, in Afrikaans aan ’n universiteit studeer is dit mos ons plig om dit te verskaf. Die regering kan sorg vir die res. Koop die verdomde skole en universiteite. As Afrikaner sal ek nie skroom om soos die Jode 10% van my salaris aan ons leiersbeweging te gee om toe te sien dat dit wel gebeur nie. Moet net nie van daardie Indiër verwag om dit vir ons te doen nie, hulle moes al die jare dit vir hulle eie nasie doen. Sou daar nou een Zoeloetjie in Afrikaans wil leer, is hy welkom. Betaal die skoolfonds en daar gaan ons.
Besluit wat ons vir ons kinders wil leer. Ek stel geensins belang in wat die Zoeloe- of Vendamoeder vir haar kinders wil leer van hulle leiers, geskiedenis of toekoms nie. So behoort hulle ook geen insae te hê in wat ons ons kinders leer nie. Dit behoort in ons hande te wees.
Almal gaan nou sê, maar ons betaal belasting, wel hulle ook. Stig ’n Afrikanerbelastingbetalersvereniging. Kontroleer die besteding van belasting, nie noodwendig op ons nie, maar op die Reënboognasie. Maak die struktuur ons tradisionele leiers en dan kan hulle ook uit belastinggeld betaal word! As die staat die belasting mors of wanbestee betaal ons nie meer todat hulle die kriminele toegsluit het nie. Ek glo ons betaal nog die meerderheid van belasting so ons behoort tog nog ’n sê te hê!
Ons radio en TV. Jy weet, maak die hele SAUK 1 tot 20 swart dis reg met my. Ek is seker daar is ’n Boer daar buite wat ’n satelliet in die ruimte kan sit. Die arme radio. Van Springbok Radio, Radio Jakaranda tot RADIO JACARANDA. Meeste omroepers is Afrikaans, meeste luiteraars is
Afrikaans, maar arme Maartin en Reeva moet spook met die Engels, dag in en dag uit. Daar is nou wel RSG maar daar kan jy net na Afrikaans luister as ’n swarte of ’n kleurling dit aan jou oordra. O ja en daardie ongeskikte man van "Sê wie". Regtig, ek sweer hulle hou hom aan as marteling om ons te laat betaal vir die apartheidsondes. Dis definitief ’n komplot! Wel, bring
Springbok Radio terug en bied daardie oulikke mense van Jacaranda poste aan. (Gaan maak ook ‘n peiling van hoeveelkeer Bok Van Blerk se treffer oor die stasies gespeel is, gemeet aan die verkope daarvan).
Swart ekonomiese bemagting en PDI-aanstellings is rassisties, geen tese meer daaroor nie. Die regering moet die geld gebruik wat hulle sou spaar op ons skole om die mense op te lei. Dis nie ons taak nie. Ons het nie soveel tyd nie. Selfs ’n wel opgevoede man soos Mbeki steier onstabiel sonder rede met een uitspraak!
Beskerm onsself. Ontwerp 'n stelsel waaraan ons almal behoort wat blitsvinnig hulp by ons kan uitbring. Ons weet waar die probleme lê, ons grense en binnelandse sake. Irriteer hulle todat hulle gehoor gee of maak ’n sperdatum. Sou hulle nie luister nie, dan neem ons beheer oor dit ook totdat die situasie stabiel is, soos ’n EU mag!
Wel om op te som, Afrikaners, leer om vir julleself te sorg en julleself te lei en hou op teem omdat die regering dit nie doen nie. Dis nie hulle plig nie, hulle is nie Afrikaners nie. Hulle motief is anders. Dit het Mbeki nou die dag met sy stellings bewys. Staan op julle eie regte en neem beheer terug en besluit self oor julle toekoms. Hou op inmeng in die toekoms van die ander volke. As ons onself eers op die been het, kan ons hulle help. Dis in elk geval ’n taak wat ons in 400 jaar nie kon baasraak nie.
Al wat oorbly, is die 22 manne in die tronk. Ek glo nie aan geweld nie en sal dit nooit goed praat nie. Ek sê, laat die ouens in die tronk sit vir dieselfde tyd persentasiegewys vir hul oortredings, gemeet aan die oortredings wat ons huidige parlement aangerig het. Lewe vir lewe, bom vir bom en ontwrigting vir ontwrigting. Ek is seker almal het dan al baie jare te lank in die tronk gesit. Regtig, kan ’n mense tronk toe gaan oor 'n uitspraak wat jy maak? Wat is die waarde van ’n grondwet?!!
Die Afrikaner het geen bedingingsmag in hierdie land nie!
Ek is van mening dat ons Afrikaners geen inspraak by die huidige regering het nie. Ons gaan ook vorentoe geen inspraak hê nie. Om as Afrikaners of wat ook al met hulle te gesels, is 'n mors van tyd.
Die ANC-hiërargie se ideologiese denke is destyds deur hul Marxistiese leermeesters in veral Rusland en Oos-Duitsland gevorm. Hulle het nog nooit afgesien van die uitgediende denke en metodes wat hulle in Moskou en Leipzig aangeleer het nie.
Daardie rewolusie is egter tans besig om te ontwikkel met die moorde op boere en al die ander besittersklasse ("have's"). Die verwoesting wat tans aan die gang is, sal voortgesit word en sal vererger – met die stilswyende goedkeuring van die regering. Die uitsprake en optredes van siele soos Mbeki, Selebi, sy minister en die ander klomp bevestig die feit dat daar niks van hul kant sal kom om die verwoesting te stop nie, inteendeel.
Wat kan ons doen? Ek dink ons kan baie doen om die proses te vertraag en hopelik om dit uiteindelik tot stilstand te dwing. Ons kan egter dit nie doen deur ons na die regering te wend nie. Ons redding is slegs by diegene te vinde wat die politieke, maar veral die ekonomiese spiere het wat hierdie regime dermate kan bedreig dat hulle geen ander keuse het as om gehoor te gee nie.
As voorbeeld. Indien die Duitse regering en/of BMW, VW en Siemens sou sê dat hulle verdere beleggings en betrokkenheid hier gaan beëindig, tensy die volksmoord en verwante misdrywe gestaak word, is ek oortuig dat die klokke hier sal begin lui.
Dieselfde tipe druk kan positiewe gevolge inhou op die internasionale politieke terrein. Dit is 'n baie sensitiewe gebied vir enige swart leier, soos ons duidelik kan sien met Mbeki se beheptheid oor sy buitelandse beeld en om altoos sy neus oral in te druk. Indien die lede van die internasionale politieke gemeenskap begin om vir die vent die deur te wys, omdat hy o.a. die misdadigheid, vigs, ens., in sy eie land nie kan beheer nie, sal daar myns insiens deeglik van kennis geneem word.
Hoe bereik mens die punt waar sulke druk op die regime geplaas word? Die enigste manier is deur toegang te bewerkstellig tot die teikenstate en die groot maatskappye, die internasionale media, politieke groeperinge en partye in die state wat politieke en ekonomiese invloed in die NSA het.
Dit sal ook noodsaaklik wees om die steun, finansieel en ,te verkry van rolspelers in die NSA, soos Johan Rupert en soortgelyke invloedrykes. Sulke mense se insette, veral wat toegang en finansiële spiere betref, is bykans onontbeerlik.Die strategieë, taktieke en metodes is omvangryk en moet haarfyn beplan en geesdriftig ten uitvoer gebring word. Terugslae moet omskep word in welslae en toegewydheid is 'n ononbeerlike vereiste.
Makliker gesê as gedaan?
Nee, vir seker nie! Die huidige regering het met groot vrug van hierdie metodes gebruik gemaak. Ek weier om te aanvaar dat ons nie opgewasse is vir so 'n taak is nie. Ons land en die buiteland is vol wonderlike Afrikaners wat hierdie taak op verskillende wyses en met kundigheid kan verrig. Ons het reeds duisende vrywillige werkers in al die state wat saak maak! Wat ook kundiges is en van groot hulp kan wees om benaderingswyses te bepaal en selfs om toegang tot teikens te bewerkstellig.
Kan Praag nie asb die voortou neem en so 'n inisiatief aan die gang kry nie? Dit is myns insiens ons enigste hoop.
Bismarck
Tans beleef hierdie plek (L.W. nie land nie) 'n lae-intensiteitsoorlog teen homself.
Dit is eintlik nie die moeite werd om meer hier te woon nie aangesien ons in ons eie tronke woon. Weg is die dae van teaters, museums, parke, ens. besoek.
Die regering is ongehoorsaam en ignoreer pleidooie van sy burgers.
Ek stel voor ons bly almal Dinsdae en Donderdae by die huis om ons mense en eiedom op te pas. Sonder opoffering gaan hierdie probleem nie opgelos word nie.
By die werksplek sal die leuse wees: " Fire one fire all."
Die Amerikaanse skrywer en kritikus van regstellende aksie, Jared Taylor, is onlangs in Kanada verhoed om ‘n voorbereide toespraak in ‘n hotel te lewer.
Dosyne betogers wat agter balaklawas of bandanas geskuil het, het hom hardhandig by die saal uitgesmyt en eksemplare van sy tydskrif American Renaissance opgeskeur. Van die geskeurde tydskrifte is opgeskeur en op een stadium na sy kop geslinger. Die f-woord is glo vrylik deur die betogers gebruik.
Die gebeure het in die Lord Nelson-hotel in Halifax, Nova Scotia, plaasgevind. Mnr. Taylor sou aanvanklik in ‘n debat teen ‘n swart Kanadese professor, David Devine oor die onderwerp “Rassediversiteit: voordeel of nadeel vir Noord-Amerika?” op die kampus van die Dalhousie-universiteit deelneem. Toe Devine kop uittrek, het Taylor die vertrek in die hotel op eie koste gehuur om sy toespraak te lewer. Die toespraak verskyn in die jongste uitgawe van American Renaissance wat ook elektronies op www.amren.com bestel kan word.
Kanada ondervind toenemend rasseprobleme aangesien die land nie meer in staat is om soos in die verlede blanke Europeërs as immigrante aan te lok nie. Rassisme en etniese verdeeldheid word as ‘n toenemende probleem in Kanada gesien.
Die insident het ‘n debat in die plaaslike koerant, die Chronicle Herald, veroorsaak. Verskeie rubriekskrywers het gemeen dat, hoewel hulle nie met Taylor se kritiek op multikulturalisme saamstem nie, hy wel toegelaat moes gewees het om te praat. Daar is ook gevoel dat spraakvryheid in Kanada wesentlik deur polities korrekte stormjaers bedreig word.
Suid-Afrika word tans geteister deur die ergste geweld sedert 1900 toe die Britse leër voor die voet plase, dorpe en kerke afgebrand het. Hulle noem dit "misdaad". Maar wat is die oplossing? Lug u mening in ‘n brief aan briewe@praag.org of klik op die "Briewe"-knoppie hier links om bydraes wat tot dusver ontvang is, te lees.
Die “Boeremag” en die vorige staatspresident se “Boere-onmag” is fundamentalistiese voëls van eenderse vere.Vandeesweek het die voormalige staatspresident, FW de Klerk, in ‘n patetiese gebaar aangekondig dat sy stigting die Weskaapse polisiekommissaris wil dagvaar omdat dié die gebruik van Afrikaans onder polisiebeamptes verbied het.
Toevallig het ek die afgelope week weer allerlei besonderhede verneem oor die omstandighede waaronder De Klerk se oorgawe aan die ANC geskied het. Onder andere was daar ‘n vroegoggendse kabinetsvergadering nadat Tertius Delport, die destydse adjunk-minister vir staatkundige ontwikkeling en NP-onderhandelaar, verseg het om aan Cyril Ramaphosa se mees onredelike eise toe te gee. Soos ons almal weet, het Ramaphosa uitgestap en sodoende die onderhandelinge in ‘n krisis gedompel.
Indien die NP destyds by Tertius Delport gestaan het en aangedring het op eie skole en universiteite, asook verskanste taalregte, sou ‘n groot deel van ons probleme vandag nie bestaan het nie. Maar die dweepsieke Hernus Kriel het tydens die kabinetsvergadering verklaar: “Die profesie moet bewaarheid word”. Die “profesie” waarna hy verwys het, was blykbaar die gedagte dat “almal in die land in vrede sou saamleef”, soos sommige buitelandse joernaliste voorspel het.
De Klerk self het ook aan “die profesie” geglo. ‘n Uur voor die kabinetsvergadering waar Delport se bedanking geëis is, Roelf Meyer aangestel en die hele sonderlinge oorgawe aanvaar is, het Delport nog vergeefs by De Klerk in sy kantoor aanhou pleit. “Mnr. De Klerk, u is besig om die Afrikanervolk uit te verkoop! U mag nie toegee op hierdie vyf punte oor taal en kultuur, regstellende aksie, amnestie vir die veiligheidsmagte, mede-beheer oor die weermag en polisie, asook eie skole en universiteite nie.”
Blykbaar het Delport vir De Klerk aan sy bors gegryp en hom met trane in sy oë gesmeek om nie alle mag aan die ANC te oorhandig en die Afrikaner sodoende van alle invloed in die land te stroop nie. Maar tevergeefs, die prokureur van Vereeniging was vasbeslote om alles te waag. “Jy besef nie wat tussen my en Mandela gebeur het nie. Ons gaan saam die land regeer,” het De Klerk vir Tertius Delport toegesnou. Die fanatiese droom, so eie aan elke revolusie, van ‘n “nuwe wêreld” en ‘n “nuwe tyd” wat moet aanbreek, het De Klerk, Hernus Kriel, Pik Botha en die res van die NP-kabinet beetgepak.
“Môre gaan ons voor die wêreld verklaar dat ons die ANC se voorstelle aanvaar,” het De Klerk nog oplaas aan Delport gesê. Vandag stel “die wêreld” allermins in die Afrikaner se bestaanskrisis belang en word De Klerk gesien vir wat hy is: ‘n naïeweling wat bereid was om sy eie volk in die hand van hul historiese vyande, die Xhosas en Engelse elite, te gee sonder enige teenprestasie in die vorm van grondwetlike waarborge of grondgebied. Van sy fameuse “wigte en teenwigte” het dadels gekom.
De Klerk en Hernus Kriel se idee van ‘n “profesie” mag gegrond wees op Openbaring in die Bybel of op die bekende reëls uit Jesaja 6:11: “Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.”
Toe die Boeremagverhoor ‘n aanvang geneem het, het veral die Engelse pers hulself verkneukel in wat voorgestel is as die fundamentalistiese politiek van ‘n Israelvisie-behepte groepie Boere-nasionaliste. Maar hoe verskil De Klerk se oorgawepolitiek met “die wolf wat by die lam wei” in ‘n hemel op aarde van die sogenaamde Boeremag se kwasi-godsdienstige idees?
Teenoor die “Boeremag” staan De Klerk se “Boere-onmag” wat inspirasie uit dieselfde swaksinnige politieke lesings van die Bybel put. Behalwe dat sy profeet nie Siener van Rensburg is nie, maar Nelson Mandela. Terwyl die wolf in die gedaante van ‘n radikale ANC saam met die lam wei in die nuwe Suid-Afrika, het ons almal lammers ter slagting geword. Met tierende geweldsmisdaad, blatante taaldiskriminasie en ‘n soort geïnstitusionaliseerde minagting vir die Afrikaner wat die Afrosentriese staat uitstraal.
Persoonlik kan ek geen ander verklaring vir De Klerk se onbesonne nonchalance oor ons toekoms vind as ‘n fundamentalistiese geloof in ‘n Hoër Hand wat ons noodwendig gaan beskerm al beskik ons oor geen politieke mag of seggenskap nie. Vir seker is De Klerk se fundamentalisme baie ver verwyder van ‘n Gereformeerde of Calvinistiese siening.
Johannes Calvyn het geskryf dat die aardse lewe ‘n “pelgrimstog” is, maar dat die skoonheid daarvan ook geniet moet word. Gewoonlik behoort ons die owerheid te gehoorsaam. Desnieteenstaande is dit elkeen se plig is om in opstand te kom teen ‘n onregverdige bestel. Indien ‘n owerheid onreg deur God pleeg, deur byvoorbeeld ongebreidelde misdaad en bloedvergieting toe te laat, moet die gelowige nie die bevele van so ‘n owerheid gehoorsaam nie.
J.B.M. Hertzog was waarskynlik die politieke leier in die twintigste eeu wat die meeste vir Afrikaans en die Afrikanervolk vermag het. Hy sou hom egter nooit op die soort Baptistiese lekkergeloofdenke van ‘n De Klerk verlaat het nie. Nêrens in enige van sy toesprake vind ons hoegenaamd die gedagte dat die Here ‘n soort “veiligheidsnet” of “valskerm” vir die Afrikaner sou voorsien as sy leiers en politici foute sou begaan nie.
Gedane sake het egter geen keer en vandag sit ons midde-in hierdie verdrukkende en gewelddadige bestel wat ons beste mense al tot emigrasie oorreed het, om van die tragiese uittog van ons jongmense nie te praat nie.
Dit sou waarskynlik wensdenkery wees om te hoop dat De Klerk (en Roelf Meyer) ooit sy groteske flater sou erken om van die ANC skaapwagter by die Afrikanerkraal te maak. Daarom is sy verdere inmenging in die Afrikaanse taalstryd, asook sy aangekondigde deelname aan die sogenaamde “Tweede Afrikaanse Taalberaad” nie net ongevraagd nie, maar selfs belaglik.
Dit ly geen twyfel dat die naam FW de Klerk deur toekomstige historici met honende minagting gebesig sal word nie. Mag ons die verskriklike ding wat De Klerk ons aangedoen het, oorkom soos wat ons die Britse triomf van 1902 oorkom het.
Groot onsteltenis heers oor die moord op historikus David Rattray wat in veldslae tussen Engelse en Zoeloes gespesialiseer het. Hy is in sy veldhotel naby Rorke’s Drift doodgeskiet.
Die ANC-sakeman, Saki Macozoma, het die moord beskryf as “’n voorbeeld van die tipe misdadigheid wat so algemeen in ons samelewing is”.
“Dis ‘n groot verlies. Hy het die waardigheid van die Zoeloevolk en hul geskiedenis herstel, en het mense vasgenael gehad met sy intieme kennis van die Anglo-Zoeloe-oorlog.”
Die Afrikanersakeman en voorsitter van die Switserse luukseartikelsgroep Richemont, mnr. Johan Rupert, het die moord as “sinneloos” bestempel.
Is dit die soort samelewing waarvoor duisende mense geveg en hul lewens opgeoffer het? Mense wat nie glo dat ons land ‘n krisis beleef weens geweldsmisdaad nie, moet in ‘n ontkenningstoestand verkeer.”
Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika nie die soort land is waarin hy gehoop het om sy kinders groot te maak nie.
“Suid-Afrika het vir seker een van sy groot seuns verloor… hy het sy lewe aan die bevordering van Zoeloekultuur gewy,” het Rupert afgesluit.
Moenie omkyk nie, moenie terugkyk nie
Moenie bang wees nie, daars nie soutpilare nie
Dis net die wind, die wind, die wind my kind
Dis net die winde van verandering wat waai
Die winde het natuurlik verwys na Harold McMillan se "winds of change" wat deur Afrika gewaai het.
Ek wonder of Goosen vandag, n.a.v. die aanval, terugdink aan die "Moenie bang wees nie" hierbo en homself afvra of daar tog rede was om bang te wees vir ‘n swart regering. Kan dit wees dat Pandora se doos wel oopgemaak is in 1994, dat die swart (in die sin van onheilspellende) winde van verandering nie gaan ophou waai totdat daar net anargie maar nie een blanke met besittings oorbly nie?
Kyk nou maar gerus vandag na die "kunstige" poefters en paaiers van die briewekolom op Litnet, hoe daar in ‘n gesamentlike uitbarsting van histerie klere geskeur word en as op die hoof gestrooi word. Kyk ook hoe niemand daar die probleem op sy naam noem nie, iets wat so akkuraat en op die man af gestel was in die HNP se plakkate met die vorige verkiesing: Swart regering = mislukking.
Die minister van kuns en kultuur, dr. Pallo Jordan, “sal Pretoria se naam verander sodra hy die oggend opstaan en lus voel om dit te doen”. Tot dan gaan hy egter geen aankondiging in dié verband doen nie.
Volgens berigte verlede jaar sou Jordan voor einde Januarie die besluit of die stad se naam gewysig gaan word, aldan nie, bekend maak. Maar laatmiddag op Vrydag 26 Januarie het Jordan by die Kaapstadse lughawe teenoor my ontken dat hy ooit so ‘n onderneming gegee het. “Ek het nooit enigiets van dié aard gesê nie,” het hy met beslistheid verklaar.
Die onsekerheid oor die Pretoriase naamsverandering duur dus voort. Intussen wil dit voorkom asof sowel die stadsraad as die SAUK wel eensydig die naam van die hoofstad verander het aangesien beide instellings konsekwent die benaming “Tshwane” gebruik. “Tshwane” beteken alternatiewelik “plek van die aap” of “plek van die koei” en die herkoms van die term is steeds in onsekerheid gehul.
Gerugte loop wyd dat die hele Pretoria oranje, wit en blou geverf sal word indien die naams finaal sou verander. Sedert die eerste aankondiging van ‘n naamsverandering is die meerderheid Pretorianers daarteen gekant en het daar ook verskeie groot betogings daarteen plaasgevind.