Ek het so ’n ruk terug met ’n onderwyseres van die plaaslike laerskool gepraat wat genoem het dat hulle verskeie boeke in die biblioteek het waarvan hulle onslae wil raak. By verdere ondersoek, het ek gevind dat die meerderheid van die boeke Engelse taalhandboeke is wat deur verskillende uitgewers gepuliseer is vir die nuwe kurrikulum of Uitkomsgerigte Onderwys (Kurrikulum 2005). Ek het ’n klomp van die boeke gaan haal met die doel om my Engels te verbeter. Die spesifieke laerskool was ’n goeie blanke laerskool wat in die bestek van 4 jaar verander het in ’n swart skool met die gevolg dat die blanke ouers hul kinders elders geneem het omdat die standaard geweldig verswak het.
Wat ek egter nie weet nie of nie van bewus is nie, is of die skrywers bepaalde inligting in boeke plaas wat bedoel is vir blanke en swart kinders – ek was onder die indruk dat ons nou in ’n demokratiese land bly met al die kinders wat dieselfde kurrikulum volg. Wel, dit wil voorkom asof ek verkeerd was.
Lees verder: ‘Onreg van die verlede’, volgens skoolhandboeke

Die polisie in Kinshasa, die hoofstad van die Kongo, het dertien vermeende toordokters gearresteer wat daarvan beskuldig word dat hulle mans se penisse laat krimp of verdwyn het. Die polisie moes skares tot bedaring bring wat die toordokters wou ophang.
Ek was gisteroggend nie seker dat ek reg gelees het toe ek die eerste keer gesien het van die waarskuwing teen volksmoord in die styl van Rwanda en Burundi wat moontlik nog in Zimbabwe kan gebeur nie. En dan is dit nogal geestelike leiers wat die waarskuwing rig ook. Mense, waar is julle geloof ? Ek moes toe teruggaan en die stuk ’n tweede keer lees totdat ek heeltemal vertroud was met alles.